Wel, ons het aan die einde van ons 40 Dae in die Woord veldtog gekom. My gebed is eerstens dat elkeen wat saam met ons op hierdie reis was die ses tegnieke in hulle stiltetyd sal bly toepas. Ek gaan in elk geval hier op die koffietafel bly skryf en die tegnieke toepas in my meditasies by skrifgedeeltes wat aansluit by die teks wat gemeentes dwarsoor die wêreld lees, The Revised Common Lectionary. Tweedens hoop ek dat julle sal aanhou om te kom kuier. Ek skryf dikwels ook oor ander goed. So gaan ek byvoorbeeld in die nabye toekoms oor die vier geestelike tipes iets skryf.
Maar, kom ons kyk na ons laaste meditasie. Ons is steeds by Psalm 1.
SKRYF JOU NAAM IN DIE PLEK VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE EN VOORNAAMWOORDE EN HERSKRYF DIE PSALM ASOF ASOF GOD DIT DIREK AAN JOU GERIG HET
1Dit gaan goed met my, Attie,
wanneer ek nie die raad van goddeloses volg nie,nie met sondaars omgaanen met ligsinniges saamspan nie,2maar wanneer ek, Attie in die woord van die Here my vreugde vind,dit dag en nag oordink.3Dan is ek, Attie soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is,wat op die regte tyd vrugte draen waarvan die blare nie verdroog nie. Lees voort “U LEI MY OP MY PAD (DAG 40)”