SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)

Die bome in ons tuin is meestal bladwisselend. Reg voor ons kamer is ‘n groot boom (Ek het nou al twee keer sy naam gehoor, maar vergeet dit elke keer). In die somer is die boom se blare so dig dat jy met tye onder hom kan staan as dit reën en jy sal nie nat reën nie. Regtig ‘n mooi boom. In die winter gooi hy elke liewe blaartjie af en staan hy daar kurkdroog. Elke keer as ek na hom kyk dan wonder ek of hy nie dalk hierdie jaar heeltemal verdroog het nie.

Die boom in ons tuin laat my na aanleiding van hierdie week se Psalm dink aan die seisoen in my geestelike lewe. Soms is dit somer en die boom is welig, mooi om na te kyk en ‘n te ken van groei. Ander kere is dit winter. Dood. Mens wonder of daar ooit weer iets daaruit kan groei.

In Psalm 1 word die persoon wat sy vreugde in die woord van die Here vind en dit dag en nag oordink, vergelyk met ‘n boom.

“Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.” (Psalm 1:3)

Vandag se oefening is om van die SIEN DIT! metode gebruik te maak en hierdie prentjie te sien. Ek sien in my geestoog ‘n boom wat tussen waterstrome staan. Ek sien die boom soos mens dit soms in flieks ook sien. Ek sien hoe seisoene binne ‘n paar minute kom en gaan. Lees voort “SOOS ‘N BOOM BY WATERSTROME (DAG 37)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑