Ons is in die laaste paar dae van ons 40 Dae in die Woord Veldtog. Vir my persoonlik was dit wonderlik om op hierdie verskillende maniere met die Woord om te gaan. Ek is opgewonde oor die gedagte dat my stiltetyd nie weer in ‘n groef hoef te beland nie. Ek voel ek het ses verskillende metodes baasgeraak waarmee ek die Bybel in my stiltetyd kan hanteer.
Hierdie laaste week kyk ons na Psalm 1 en ons gaan elke keer ‘n ander metode gebruik om die Psalm te lees.
KIES ‘N VERS UIT PSALM 1. LEES DIE VERS ‘N PAAR KEER, STOP NA ELKE WOORD EN SKRYF JOU GEDAGTES NEER.
Die vers wat kies is verse 1 en 2:
“Dit gaan goed met die mens wat… in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.” (Psalm 1:1-2)
Ek gaan nie na elke woord stop nie, maar na elke frase.
DIT GAAN GOED…
My eerste reaksie is om die ooglopende betekenis te ignoreer. Dat dit regtig sommer net goed sal gaan. Ek sien die Amplifed Bible het hier BLESSED (HAPPY, fortunate, prosperous and enviable). Lees voort “DIT GAAN GOED MET DIE MENS WAT… (DAG 36)”