GEWILLIG EN BEKWAAM (DAG 31)

“… want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” (Filippense 2:13)

Ons werkswyse hierdie week is MAAK DIT PERSOONLIK! BID DIT!. Ten einde dit persoonlik te maak moet ek my naam inskryf in die plek van elke naam asof God dit direk vir my sê. Dan lyk die vers so:

“… want dit God wat my, Attie, gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.”

‘n Ander manier is om dit te skryf asof God dit vir my sê. Dan lyk dit so:

“Attie, dit is Ek, God, wat jou, Attie, gewillig en bekwaam maak om my wil uit te voer.”

HOE IS HIERDIE VERS OP MY LEWE VAN TOEPASSING

Dwarsdeur hierdie 40 Dae in die Woord veldtog het ons by die praktiese Christenskap probeer uitkom. Met ander woorde ons bestudeer die Bybel en mediteer oor die Bybel met die doel om te verstaan wat God in my lewe wil doen en hoe en waar Hy my wil verander. Ek dink almal van ons weet dat voor enige iets anders kan gebeur, moet daar eers ‘n wil wees om die ding te laat gebeur. Met ander woorde as ek God se wil wil lewe, moet ek eers ‘n besluit neem om daardie wil te lewe. Nou sê hierdie teks dat God in sy groot genade selfs daardie gewilligheid in my werk.

Reg van dag een af was ek opnuut aangegryp deur die wisselwerking tussen die Heilige Gees en die Woord. Die Heilige Gees maak die Bybel die lewende woord van God. Deur die werk van die Heilige Gees beleef ek dat God in die Bybel aan die woord kom. Die Bybel in die hand van die Heilige Gees is in my lewe soos ‘n skalpel in die hand van ‘n bekwame chirurg. Totale oorgawe behels dat ek myself oopmaak vir hierdie werk van die Heilige Gees. Totale oorgawe maak dat ek nie net die lewe sien wat God wil hê dat ek moet lewe nie, maar dat ek ook sê: “Heilige Gees, doen wat U moet doen om my lewe so te verander.” Nie eers daardie eenvoudige gebed kom van my af nie. Dit is God se werk in my. Hy maak my gewillig. Hy maak my egter ook bekwaam.

Hy stel my in staat om te doen waarvoor Hy my gewillig gemaak het. Maar bekwaam is meer as net in staat stel. Bekwaam het ook die gedagte wat “bo gemiddeld”. Deur die werk van die Heilige Gees is ek in staat om God se wil op ‘n bo gemiddelde manier te gehoorsaam. Hy maak my gewillige en bekwaam. ‘n Intiem persoonlike verhouding met die Here kry ‘n nuwe dimensie. Ek leer om so naby aan God te lewe dat ek beleef hoe die Heilige Gees my wil verander en dan ook vir my die krag gee om die veranderde wil te lewe. Hierdie krag behels nege uit die tien keer dat ek net ophou stry en verskonings aanvoer waarom ek nie nodig het om te verander nie. As ek eers daardie stryd gewen het, kom ek agter die res is makliker.

GEBED

Here God Almagtig, baie dankie dat ek kan weet dat U met die opstandingskrag van Christus in my lewe aan die werk is. Dankie dat ek uit ervaring weet dat U krag my gewillig en bekwaam maak om U wil uit te leef. Leer my om my verskonings te sien vir wat hulle is: Die sondige vlees se weerstand teen die werk van die Heilige Gees van God in my. As ek terugkyk op my lewe dan sien ek soveel geleenthede waar U my lewe kon verander en by my verskonings verbywerk. Here ek wil nie net U wil doen nie, ek wil U wil op ‘n bekwame wyse doen. Ek kan dit nie sonder die werk van U Heilige Gees nie.

Amen

1 Kommentaar

Filed under 40 Dae in die Woord

One response to “GEWILLIG EN BEKWAAM (DAG 31)

  1. Christelle van der Walt

    Lieflike woorde Attie, Heilige Gees, kom woon in my liggaam – U tempel. Kom soos die vars lug wat ek diep inasem en gee vir my U krag. Help my om my liggaam op te pas. Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s