HOOFSAAK VAN MY LEWE (DAG 30)

Ek het gisteraand ‘n wonderlike gesprek gehad met ‘n groep Graad 11 kinders gehad oor hulle liggame as tempels van die Heilige Gees n aanleiding van 1 Korintiërs 6:19-20. Hulle kon daarin slaag om die teksvers persoonlik te maak en veral toe hulle dit moes bid kon jy hoor dat hulle hierdie week se metode kan gebruik. MAAK DIT PERSOONLIK! en BID DIT! is die metode waarmee ons hierdie week werk. Vandag se teksvers is Filippense 1:27:

“Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.”

SKRYF JOU NAAM IN DIE PLEK VAN ELKE NAAMWOORD VAN DIE GEDEELTE IN EN HERSKRYF DIT ASOF GOD DIT DIREK VIR JOU SÊ

Wanneer ek dit doen, sal die vers so lyk: “Hoofsaak is dat Attie se lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.”

HOE IS HIERDIE VERS OP JOU LEWE VAN TOEPASSING EN WAT GAAN JY DAAROMTRENT DOEN? 

Wanneer ek oor die praktiese toepassing dink wil ek eers bietjie meer oor die teks dink. Ek sou dit vanoggend doen deur van die SPREEK DIT UIT! metode gebruik te maak om die teksvers regtig tuis te laat kom. Ek gaan net na ‘n paar woorde kyk.

Hoofsaak – Met ander woorde belangriker as enige iets anders in my lewe. Hierdie is die ding wat vir jou die hoogste prioriteit moet wees. Jy kan nie bekostig om dit af te skeep nie. Eintlik mag niks belangiker wees as hierdie saak wees nie.

Lewenswandel – Leefstyl, die manier waarop ek my alledaagse lewe aanpak en leef. Geen aspek van my lewe is hierby uitgesluit nie. My verhouding met my vrou, my kinders, my familie, my vriende, my medegelowiges, onbekende mense met wie ek vandag in aanraking sal kom, my ontspanning, ens. ens. Die punt is duidelik, geen deel van my lewe is uitgesluit nie, alles moet aan hierdie basiese vereiste voldoen.

In ooreenstemming – Vir my wil dit beteken “balans” maar nie in die sin van ‘n gebalanseerde lewe nie. (Gebalanseerd klink vir my soms al te veel na ‘n verskoning om te doen wat ek wil.:-) ) Die twee dinge moet gelyk aan mekaar wees. Daar mag op geen punt ‘n teenstrydigheid of ‘n weerspreking wees nie. Daar mag nie ‘n oorbeklemtoning van die een ding wees en ‘n onderbeklemtoning van die ander nie. Wanneer dit oor lewenswandel gaan dan besef ek maar net weer dat gister se gedagte dat ek ‘n werk in proses of n onvoltooide simfonie is, so belangrik is. Ek moet die Bybel vanuit die perpekstief lees dat God altyd is besig om aan my lewe te verander en my meer en meer te vorm. Die implikasie is dat ek altyd gereed moet wees om iets te glo wat ek nog nie glo nie, of iets te doen wat ek nog nie doen nie. Of op te hou om iets te glo wat ek nog altyd gedink het waar en reg en goed is of dan ook op te hou om iets te doen wat ek nog altyd gedoen het of die manier waarop ek dit nog alotyd gedoen het. Indien ek nie kans sien vir hierdie gesindheid nie, dan dink ek eintlik dat ek alreeds my geestelike eindbestemming bereik het

Die evangelie van Christus – Die goeie nuus aangaande Jesus Christus. My lewe kan nie in ooreenstemming met die evangelie van Jesus Christus wees as ek nie weet wat die evangelie van Jesus Christus is nie. In hierdie week se sessie plaas Rick Warren baie klem op die belangrikheid van die memorisering van tekste. Ek dink dit speel ‘n groot rol. As ek tekste kan memoriseer, weet ek meer wat die evangelie van Jesus Christus is. Maar deur getroue en meer diepgaande Bybelstudie of meditasie, word die evangelie ook vir my al hoe duideliker.

As ek dus hierdie vers ter wille van die praktyk in my eie woorde moet opsom of parafraseer, dan sal dit so lyk:

Die belangrikste ding wat jy met jou lewe kan doen is om dit op so ‘n manier te lewe dat mense sal sien dat die evangelie van Jesus Christus die basis van jou hele lewe vorm. 

Die tydlose waarheid in hierdie vers is waarskynlik die gedagte dat ek as nuwe mens nou ook ‘n nuwe leefstyl behoort te hê wat sonder ophou besig is nuut te word.

GEBED

Heilige Here Jesus, ek kies vandag om my lewe vir U te leef. Ek bid dat U aan my die krag sal gee om my lewe in ooreenstemming met U evangelie te lewe. Ek kan dit nie op my eie doen nie en daar is soveel dinge wat my aandag aftrek en wat vir my belangriker raak as gehoorsaamheid aan U. Help my ook om my lewe so in te rig dat ek U evangelie sal leer ken.

Amen

1 Kommentaar

Filed under 40 Dae in die Woord

One response to “HOOFSAAK VAN MY LEWE (DAG 30)

  1. Christelle van der Walt

    Net so mooi geskryf Attie, Jesus dit is U dag. Hoewel ek nie ‘n groot bidder is nie, geniet ek dit om by U te sit en U vrede te beleef. Ek wil net by U wees. U ken reeds my hart, VADER – ek is voor U deursigtig. Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s