Ek het gisteraand ‘n wonderlike gesprek gehad met ‘n groep Graad 11 kinders gehad oor hulle liggame as tempels van die Heilige Gees n aanleiding van 1 Korintiërs 6:19-20. Hulle kon daarin slaag om die teksvers persoonlik te maak en veral toe hulle dit moes bid kon jy hoor dat hulle hierdie week se metode kan gebruik. MAAK DIT PERSOONLIK! en BID DIT! is die metode waarmee ons hierdie week werk. Vandag se teksvers is Filippense 1:27:
“Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.”
SKRYF JOU NAAM IN DIE PLEK VAN ELKE NAAMWOORD VAN DIE GEDEELTE IN EN HERSKRYF DIT ASOF GOD DIT DIREK VIR JOU SÊ
Wanneer ek dit doen, sal die vers so lyk: “Hoofsaak is dat Attie se lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.”
HOE IS HIERDIE VERS OP JOU LEWE VAN TOEPASSING EN WAT GAAN JY DAAROMTRENT DOEN? Lees voort “HOOFSAAK VAN MY LEWE (DAG 30)”