OP JOU KNIEË VOOR GOD – OP JOU VOETE VOOR MENSE (DAG 27)

Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. (Jakobus 4:10)

Ek dink nogal dit sou baie waarde hê om lank en innig oor hierdie vers te gaan mediteer. Die metode waarvolgens ons hierdie week werk is die SOM DIT OP! metode. Dit is ‘n metode waar ek probeer om die vers na ‘n denk-proses (wat mens ook meditasie sou kon noem) in my eie woorde probeer sê.

LEES DIE TEKS WEER EN WEER

Oudergewoonte gaan ek van ‘n paar vertalings gebruik maak om die teks weer en weer te lees. 

1933/53 VERTALING

Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

DIE BOODSKAP

Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan.

“Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef.” Hierdie is Die Boodskap se verklaring van “self verneder”. In ‘n vorige vers staan daar dat die Here hoogmoediges weerstaan maar aan nederiges genade gee. Ek kan dus nie vers 10 lees sonder vers 6 in my agterkop te hou nie. Ek besef natuurlik dat ek nie die Here om die bos kan lei nie. Ek kan nie sê dat ek my hele lewe vir Hom wil lewe as dit nie waar is nie. Hy ken my diepste bedoelings en indien ek die Heilige Gees toelaat om in my te werk terwyl ek die Woord lees, sal Hy my ook nie toelaat om weg te kom met so ‘n leuen nie. Daar waar ek in oorgawe voor Hom buig gaan Hy vir my ‘n ereplek gee.

Ek dink daaraan dat dit mos maklik is om in sekere terreine van jou lewe die knie te buig en alles aan God oor te gee en in daardie terrein net vir Hom te leef. Intussen is daar sekere kompartemente waar ek ewe trots of hoogmoedig en in my eie krag die Here wil uithou. Terreine waar ek verkies om self te probeer. Wat sou sulke terreine in my lewe kon wees? Is daar iets wat hierdie oorgawe verhinder? Ek sal hieroor bietjie moet dink.

THE MESSAGE

Get down on your knees before the Master; it’s the only way you’ll get on your feet.

As ek staan, staan ek omdat die Here my laat staan. Maar, ek kan nie staan voor ek nie gekniel het nie. Kniel is natuurlik simbolies, maar om fisies te kniel terwyl jy bid doen ook iets onbeskryflik groots binne in jou.

NEW INTERNATIONAL VERSION

Humble yourselves before the Lord, and he will lift you up.

THE AMPLIFIED BIBLE

Humble yourselves [feeling very insignificant] in the presence of the Lord, and He will exalt you [He will lift you up and make your lives significant].

Ek het Sondag-aand ‘n gesprek met ‘n groep tieners gehad. Hulle het gevoel dit kan dalk nie goed wees vir ‘n tieners as die Woord soos ‘n twee-snydende swaard in sy lewe werk en al die “gemors” ontbloot nie. Tieners het reeds ‘n swak selfbeeld en sulke dinge vererger net die tieners se swak selfbeeld. (Wat hulle sê is in ‘n mate waar, maar ons mag nie vergeet dat ons met ‘n liefdevolle Vader te make het nie.) Hierdie vers is dieselfde. Ek moet myself “very insignificant” voor die Here voel. Hy sal dan aan my lewe “significance” gee. Hy gaan my lewe vol betekenis maak. Hierdie “insiginificant” het absoluut niks te make met minderwaardig en sonder betekenis nie. Waaroor ek dink dit gaan is dat my oë in hierdie oomblik oopgaan vir wie God regtig is – en dan is ek redelik “insignificant”.

Ek is na die beeld van God geskep. Ek (en elke ander mens) het in my iets wat die heerlikheid van God weerspieël. Solank as wat ek aan die wêreld wil wys hoe oulik ek is, gaan God my pogings teenstaan. (Sien vers 6) Maar, indien ek in die teenwoordigheid van God besef dat ek nie op my eie die heerlikheid van die beeld van God kan uitstraal nie en dat my eie pogings maar power is, skep ek vir Hom die ruimte om sy heerlikheid deur my lewe sigbaar te maak. Net daar sal Hy my verhoog en aan my lewe nwue en heerlike betekenis gee.

DINK OOR WAT GOD VIR JOU SÊ

Bo en behawle dit wat ek reeds gesê het, verstaan ek vanoggend se teks so: Die Here seën elkeen van ons met gawes. Dit kan soms wees dat selfs die Here se gawes in die Here se pad kom. Dan gebeur dit dat mense meer op hulle gawes staatmaak as op die Here. Mense kan maklik my gawes raaksien en nie die Here agter die gawes nie. Maar ek moet besef dat ek sonder die Here eintlik niks is nie en dat sy krag juis in swakheid volbring word.

Ek is egter ook opgewonde oor die gedagte dat iets soos getroue stiltetyd en tyd alleen met God, my oë oopmaak vir wie God werklik is. Ek staan telkens verbaas voor sy grootheid. Ek kan nie voor Hom bly staan nie.

SÊ DIT IN JOU EIE WOORDE

Wanneer jy alleen in die teenwoordigheid van die Here is, laat die Heilige Gees toe om jou te wys hoe kragteloos en vrugteloos jou eie pogings is. Wanneer Hy dit gedoen het, vra Hom dan om jou te wys wat kan gebeur as God doen wat net Hy kan doen.

ONDERSOEK JOU HART EN KYK HOE DIT OP JOU LEWE VAN TOEPASSING IS

Ek en die Here sal hierdie gedeelte van die gesprek saam deurwerk.

PRAAT MET GOD DAAROOR

Hemelse Vader, U het deur die Heilige Gees vir my alles gegee wat ek nodig het om U doel en plan vir my lewe uit te leef. Ek besef egter dat ek soms dink dat die werk van die Heilige Gees my eie werk is en dan begin ek om in myself te roem. Leer my om so te lewe dat alles wat ek is en sê en doen U grootheid sal laat wys. Maak my oë oop sodat ek regtig weer en weer verstom sal staan voor U grootheid.

Amen

3 Kommentaar

Filed under 40 Dae in die Woord

3 responses to “OP JOU KNIEË VOOR GOD – OP JOU VOETE VOOR MENSE (DAG 27)

  1. Henry

    Hierdie teksvers herinner my weereens aan: Fokus altyd op God! Dit sou ook my opsomming van die vers wees sowel as my boetedoening en gebed.

  2. DIV

    Hierdie vers hou maar net om vir my te sê dat ek myself nie te ernstig moet neem nie. Ek het ook uit die vers uitgehaal dat dit te make het met wat tussen my en die Here gebeur. Ek verneder my voor die Here en net daar verhoog Hy my. Ek is maar net weer getref deur die gedagte dat hierdie slef-vernedering voor God nie kunsmatig kan wees nie. Ek kan dit nie “fake” nie want God deurgrond die diepste bedoeling van my hart. Ai, die Here het darem nog ‘n lang pad om met my te stap.

  3. Christelle van der Walt

    Vandag se boodskap is net so treffend, dankie Ds. Attie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s