OP JOU KNIEË VOOR GOD – OP JOU VOETE VOOR MENSE (DAG 27)

Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. (Jakobus 4:10)

Ek dink nogal dit sou baie waarde hê om lank en innig oor hierdie vers te gaan mediteer. Die metode waarvolgens ons hierdie week werk is die SOM DIT OP! metode. Dit is ‘n metode waar ek probeer om die vers na ‘n denk-proses (wat mens ook meditasie sou kon noem) in my eie woorde probeer sê.

LEES DIE TEKS WEER EN WEER

Oudergewoonte gaan ek van ‘n paar vertalings gebruik maak om die teks weer en weer te lees. 

1933/53 VERTALING

Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

DIE BOODSKAP

Buig baie laag voor die Here. Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef. God sal jou optel, daar waar jy in oorgawe voor Hom buig, en jou op ’n ereplek regop, kop omhoog, langs Hom laat staan.

“Sê dat jy jou hele lewe net vir Hom wil leef.” Hierdie is Die Boodskap se verklaring van “self verneder”. Lees voort “OP JOU KNIEË VOOR GOD – OP JOU VOETE VOOR MENSE (DAG 27)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑