Ek het gisteroggend (Woensdag-oggend) ‘n heerlike sessie gehad met ons Bybelstudiegroep na aanleiding van Hebreërs 4:12. Sommige van hulle het gesê dat die tekste wat ons hierdie week lees, mens eintlik herinner aan Hebreërs 4:12 want as ‘n mens Jakobus ernstig neem, dan word jou diepste gevoelens, gedagtes en motiewe blootgelê.
Vanoggend is Jakobus 3:13 ons fokus.
Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
As ek vir die teks ‘n paar vrae moet vra, sal dit iets soos die volgende wees:
Wat word bedoel met wys en verstandig?
Wat is die verskil tussen goeie gedrag en dade wat van nederigheid en wysheid getuig?
Is daar ‘n verskil tussen nederigheid en wysheid?
LEES DIE VERS WEER EN WEER Lees voort “WARE WYSHEID (DAG 26)”