GELOOF EN WERKE – VINKEL EN KOLJANDER (DAG 25)

Die boek Jakobus daag die leser altyd uit. Die skrywer huiwer nie om ‘n ding skerp te sê nie. Soos byvoorbeeld dat iemand wie se geloof nie tot dade oorgaan nie, se geloof sonder meer dood is. Ons studiegedeelte vanoggend is Jakobus 2:17-18.

17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

18 Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

GELOOF TEENOOR WERKE – WERKE TEENOOR GELOOF

Ek sien raak dat geloof wat nie oorgaan in dade nie, dood is. Ek sien raak dat Jakobus sê dat hy juis sy geloof uit sy dade gaan bewys. Kom ons kyk na ‘n paar vertalings.

1933’53 VERTALING

7 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.

DIE BOODSKAP

17 So is dit ook met jou verhouding met God. Om te sê jy is vriende met God, maar jy doen niks vir Hom nie, sê eintlik dat die vriendskap tussen jou en God morsdood is.

18 Iemand sou kon sê: “Jy het ’n geloofsverhouding met God, maar ek doen weer wat God vra.” Maar sê dit presies dieselfde? Dink daaroor na. Kan jy vir my bewys dat jy in die regte verhouding met God staan sonder dat jy enigiets vir Hom doen? Ek twyfel. Maar, ek is in alle geval seker dat ek vir jou sal kan bewys dat met alles wat ek vir God doen, ek in ’n goeie verhouding met Hom staan.

DIE BOODSKAP beskryf geloof as “verhouding met God”, dit help nogal. Jakobus is ‘n boek geskryf aan gelowiges. Ek dink mens moet baie versigtig wees om te sê dat iemand wie se geloof nie met werk gepaard gaan nie, nie gered is nie of verlore gaan. Hierdie vertaling laat my besef dat dit gaan oor die aard van die verhouding tussen my en God. Die werke dui op die mate van nabyheid en intimiteit tussen my en die Here. As my geloof nie gepaard gaan met dade nie, dan is dit soos om te sê: Ons is goeie vriende, maar ons het net lnaklaas kontak gehad.

THE MESSAGE 

Dear friends, do you think you’ll get anywhere in this if you learn all the right words but never do anything? Does merely talking about faith indicate that a person really has it? For instance, you come upon an old friend dressed in rags and half-starved and say, “Good morning, friend! Be clothed in Christ! Be filled with the Holy Spirit!” and walk off without providing so much as a coat or a cup of soup—where does that get you? Isn’t it obvious that God-talk without God-acts is outrageous nonsense?

18 I can already hear one of you agreeing by saying, “Sounds good. You take care of the faith department, I’ll handle the works department.” Not so fast. You can no more show me your works apart from your faith than I can show you my faith apart from my works. Faith and works, works and faith, fit together hand in glove.
“Isn’t it obvious that God-talk without God-acts is outrageous nonsense?” Skerp woorde. Belaglik om te dink dat jy oor ‘n verhouding met God kan praat sonder dat jou lewe wys dat jy vir Hom lewe. Soos ‘n hand in ‘n handskoen, so is geloof en werke. Die een kan eintlik nie sonder die ander nie. THE MESSAGE laat dit darem ook deurskemer dat die persoon met werke sonder geloof is eintlik beter af as die persoon met geloof sonder werke. Die twee kan net nie losgemaak word van mekaar nie.

THE NEW INTERNATIONAL VERSION

17In the same way, faith by itself, if it is not accompanied by action, is dead.

18But someone will say, “You have faith; I have deeds.”
Show me your faith without deeds, and I will show you my faith by my deeds.
THE AMPLIFIED BIBLE
So also faith, if it does not have works (deeds and actions of obedience to back it up), by itself is destitute of power (inoperative, dead). 18 But someone will say [to you then], You [say you] have faith, and I have [good] works. Now you show me your [alleged] faith apart from any [good] works [if you can], and I by [good] works [of obedience] will show you my faith.

Ek hou net soveel hiervan. Hierdie “dade” word beskryf as dade van gehoorsaamheid. Met ander woorde ek doen wat die Here van my vra en van my verwag. Geloof sonder dade is “inoperative”. Sou ek verkeerd wees om te dink dat geloof sonder werke nie kan doen wat dit veronderstel is om te doen nie? Deur my dade van gehoorsaamheid (met ander woorde my geloof) kom God se koninkryk. Geloof wat nie gepaard gaan met dade van gehoorsaamheid nie, dra nie by tot die koms van God se koninkryk nie – dan is my geloof “inoperative”. Sonder dade word my geloof lamgelê.

HOEKOM SÊ DIE HERE DIT VIR MY? 

Ek word vanoggend weer herinner aan die kerk en elke Christen se missie: Die koninkryk van God. Ons praat so baie oor die “missie” van die kerk en oor “missionale” kerkwees. Daar is nou weer ‘n e-pos in my “inbox” oor missionale gemeentes wat moet netwerk sodat ons meer missionaal kan wees. Dit lyk vir my as ons as Christene net op die punt kan kom om te gehoorsaam soos die Gees ons lei en wat die Woord ons leer, dan sal ons nie oor missionale kerkwees hoef te praat nie. So praat ons ook oor verhouding met die Here en oor ‘n geloofslewe. Daar is die mode-woord weer dissipelskap. Alles kom neer tot hierdie een ding: My verhouding met God wat nie kan bestaan as ek Hom nie gehoorsaam nie. Ek dink selfs mens kan hierdie 40 Dae in die Woord veldtog die wonderlikste maniere aanleer om met die Woord om te gaan. Ek dink mens se stiltetyd kan iets besonders raak. Maar, as ek nie doen wat ek in die Bybel lees nie en as ek nie gehoorsaam wat die Here in sy Woord vir my sê nie, dan is daar eintlik nie ‘n verhouding nie. Dan is my geloof lamgelê. God se koninkryk sal steeds kom, maar helaas meer ten spyte van my as gevolg van my.

SÊ DIT IN JOU EIE WOORDE

Jou verhouding met God is baie dieselfde: As jou verhouding met God net bestaan uit mooi woorde sonder enige gehoorsaamheid, is daar eintlik nie ‘n verhouding nie. Iemand kan dalk sê dat verhouding vir die een persoon belangrik is terwyl die praktyk vir die ander een weer belangrik is. Hierdie klink vir my na ‘n belaglike redenasie. Verhouding en gehoorsaamheid, geloof en dade is soos vinkel en koljander, die een is soos die ander.

GEBED

Hemelse Vader ek weet dat U my met ‘n doel hier op ander geplaas het en dit is dat ek moet deel wees van die koms van U Koninkryk in my tyd. Vanoggend besef ek ook dat U koninkryk dalk sonder my kan kom, maar dat ek nie myself moet bluf om te dink ek is deel van die koms van U koninkryk as my lewe nie getuig van gehoorsaamheid aan U nie. Here Jesus, U gehoorsaamheid was tot in die dood, ja die dood aan die kruis. Heilige Gees neem my op weg. Open my oë en my ore en my hart sodat ek duidelik sal weet wat U van my vra. Maak my dan ook gewillig en bekwaam om U wil uit te voer.

Amen

4 thoughts on “GELOOF EN WERKE – VINKEL EN KOLJANDER (DAG 25)

Add yours

  1. Goeie dag. Die intrek van “gehoorsaamheid” maak hierdie gedeelte van onskatbare waarde. Dit vee sommer terselfdertyd die gedagte van net dade sonder geloof onder die mat. My bede is ook om nie net God se stem duidelik te kan hoor nie, maar om gereed te wees, nee opgewonde te wees, om te reageer.

  2. Doom, vanoggend drink ek my koffie swart en bitter want jy het iets aangeraak wat bekommer en dit gehoorsaamheid aan die Woord. Ek het vroeg reeds in my lewe gekies om die Woord te glo soos ‘n kind. As die Woord sê daar is ‘n duiwel, dan is daar ‘n duiwel. As die Woord sê daar was”n maagtelike geboort, dan was daar. As die Woord sê Christus het liggaamlik opgestaan, dan is dit so.As die Woord sê homoseksualisme is verkeerd, dan is dit so, ens, ens.
    Ongelukkig is daar sommige “slim mense” in hoë plekke wat my probeer verwar deur ander betekenisse aan baie van die dinge te gee en niks anders doen as om my te probeer leer om ongehoorsaam te wees aan die Woord en sodoende my verhouding met my Vader vertroebel. My gebed is: Here leer my om U Woord sonder “maars” en voorbehoude as die enigste en volkome waarheid soos ‘n kind te aanvaar en daarvolgens te leef om sodoende my verhouding met U eerlik en sonder voorbehoude uit te kan leef.

  3. Ds. Attie ek sukkel rerig om myself uit te druk rondom jou koffietafel. Mense verstaan my verkeerd.

    Ek is eintlik nie ‘n “prater” nie ek is ‘n “doener”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: