Ek hoor Rick Warren sê dikwels in hierdie 40 Dae in die Woord veldtog dat ons net die dele van die Woord glo wat ons doen. Die paar verse wat ons vandag lees, laat mens dalk besef dat Rick nie verkeerd is nie. Ons lees Jakobus 1:22-25:
22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
LEES DIE GEDEELTE WEER EN WEER
Terwyl ek die gedeelte weer en weer lees, sien ek dat ek gewaarsku word dat ek myself dalk kan bedrieg. Ek sien ook die gedagte van “altyd net woord aanhoor”. Ek sien ook die gedagte van”verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak”. So iemand sal gelukkig wees.
DINK OOR WAT GOD VIR JOU SÊ
Positief: Doen wat die woord sê, moet dit nie net aanhoor nie.
Negatief: Pasop dat jy nie jouself bedrieg nie.
Ek dink nogal die Here wil vir my sê dat die Woord soos ‘n spieël is. Die bedoeling is dat ek myself daarin moet sien. Om my te verdiep in die Woord is om deurlopend met die vraag besig te wees: Hoe kan ek die Woord prakties uitleef?
Ek wonder of ‘n paar ander vertalings my gaan help om te hoor wat die Here vir my wil sê.
DIE 1933/53 VERTALING.
En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
23Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien;24want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.25Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
DIE BOODSKAP
22Doen wat God vir jou sê. Daar wag ’n groot verrassing op jou as jy maar net daarna sit en luister en niks daaraan doen nie. Jy dink dalk jy is mooi godsdienstig, maar eintlik is jy besig om jouself lelik te kul. 23Iemand wat net na God se woord luister sonder om te doen wat dit vra, is soos ’n man wat na homself in ’n spieël kyk. Hy sien daar hoe deurmekaar sy hare is. Hy draai dan om en stap weg sonder om sy hare te kam, omdat hy dadelik vergeet hoe deurmekaar sy hare is. 24Hoe anders is dit nie met iemand wat moeite doen om alles van God se wil te leer nie. Deur na die wil van God te luister word jy mos vry van al die slegte dinge wat jou lewe so deurmekaar kan krap. 25Iemand wat so ernstig in God se wil belangstel en dit wat hy daar hoor ook gaan doen, het die ware geluk en sin van die lewe ontdek.
THE MESSAGE
22-24 Don’t fool yourself into thinking that you are a listener when you are anything but, letting the Word go in one ear and out the other. Act on what you hear! Those who hear and don’t act are like those who glance in the mirror, walk away, and two minutes later have no idea who they are, what they look like.
25 But whoever catches a glimpse of the revealed counsel of God—the free life!—even out of the corner of his eye, and sticks with it, is no distracted scatterbrain but a man or woman of action. That person will find delight and affirmation in the action.
THE AMPLIFIED BIBLE
22 But be doers of the Word [obey the message], and not merely listeners to it, betraying yourselves [into deception by reasoning contrary to the Truth]. 23 For if anyone only listens to the Word without obeying it and being a doer of it, he is like a man who looks carefully at his [own] natural face in a mirror; 24 For he thoughtfully observes himself, and then goes off and promptly forgets what he was like. 25 But he who looks carefully into the faultless law, the [law] of liberty, and is faithful to it and perseveres in looking into it, being not a heedless listener who forgets but an active doer [who obeys], he shall be blessed in his doing (his life of obedience).
THE NEW INTERNATIONAL VERSION
22 Do not merely listen to the word, and so deceive yourselves. Do what it says. 23 Anyone who listens to the word but does not do what it says is like someone who looks at his face in a mirror 24 and, after looking at himself, goes away and immediately forgets what he looks like. 25 But whoever looks intently into the perfect law that gives freedom, and continues in it—not forgetting what they have heard, but doing it—they will be blessed in what they do.
Weereens help hierdie verskillende vertalings my om beter insig te kry in wat die Here vir my probeer sê. Ek kry amper in elke vertaling iets wat my help. Ek dink dit gaan in Jakobus oor die ware godsdiens. (Sien vers 26 en 27) Die groot waarskuwing in hierdie gedeelte is dat ek myself kan bedrieg. Die Amplified sê ek kan myself oortuig dat ‘n ding waar is terwyl dit direk in stryd met die waarheid is. ( betraying yourselves [into deception by reasoning contrary to the Truth]) Met ander woorde ek begin vir myself redes aanvoer waarom ek nie nodig het om ‘n sekere gedeelte of beginsel of waarheid prakties uit te leef nie. Volgens die Boodskap oortuig ek myself dat ek mooi godsdienstig is, intussen slaan ek die bal ver mis. Die NIV op sy beurt maak dit duidelik dat as ek net hoor en niks doen nie, het ek myself klaar mislei.
Ek wonder darem as ek vir ‘n oomblik die metafoor van die spieël eenkant sit en probeer sien wat hier staan. Die Boodskap het die gedagte dat as ek iemand word wat die woord doen en nie net hoor nie, dan gaan ek die ware sin van die lewe ontdek. As ek die ware sin van die lewe ontdek het, dan gaan ek regtig gelukkig wees. Want as ek weet wat die sin van my lewe is, weet ek waarvoor God my op hierdie aarde geplaas het en dan leef ek God se bedoeling met my lewe. Met ander woorde ek het nie in hierdie woorde ‘n suksesresep of ‘n kortpad na ‘n gelukkige lewe nie.
The Message het weer hierdie waarheid: “whoever catches a glimpse of the revealed counsel of God”. Vir my ‘n mooi verduideliking van wat dit beteken om jou te verdiep in die volmaakte wat ‘n mens vry maak. Jy kry insig in die geopenbaarde plan van God. Die Bybel is die geopenbaarde plan van God, maar totdat die Heilige Gees die Bybel vir my lewend maak, bly dit maar net dooie letters op papier. Deur die werk van die Heilige Gees maak God sy raadsplan aan my bekend.
SKRYF DIT NOU IN JOU EIE WOORDE
Hou op om vir jouself redes uit te dink waarom jy nie nodig het om te doen wat die woord sê nie. Jy mislei jouself ernstig. Jy kan net sowel in die spieël kyk voor jy uitgaan om seker te maak alles is reg, dan sien jy wat nie reg is nie, maar jy doen niks daaraan nie. As jy jouself sover kan kry om te doen wat die woord sê sal jy agterkom dat God se woord vir jou nuwe betekenis kry omdat jy dan besig is om God se ware bedoeling met die woord en met jou te ontdek. Wanneer dit gebeur sal die lewe skielik vir jou nuwe sin maak en sal jy regtig gelukkig wees.
ONDERSOEK JOU HART EN KYK HOE DIE VERS OP JOU VAN TOEPASSING IS
Van tyd tot tyd plaas die Here my lewe onder die vergrootglas. Sulke tye wys Hy dan vir my wat verkeerd is in my lewe in die sin dat ek dinge doen wat ek weet nie sy goedkeuring wegdra nie. Hy wys egter ook vir my dinge wat ek nie doen nie, wat Hy graag wil hê dat ek moet doen. Ek weet dat ek myself soms regverdig deur redes aan te voer hoekom ek maar kan aanhou met die verkeerde of uitstel met die regte. Weereens terwyl ek hier skryf, weet ek en die Here wat Hy bedoel.
Ek dink vanoggend aan die droogte tye in my geestelike lewe en besef dat dit elke keer in ‘n tyd van ongehoorsaamheid was. ‘n Sonde wat ek doen of die regte ding wat ek nie doen nie. Ek dink aan al die goeie redenasies wat ek aangevoer het om nie te verander nie.
Ek wonder darem of ek nie soms dink dat ek al reeds my geestelike eindbestemming bereik het nie. Ek wonder hoeveel keer dink ek nog eerlik dat ek wel kan en behoort te verander. Lippediens is een ding. Met ander woorde, om te sê (en selfs te skryf) dat niemand (ook nie ek nie – en veral nie ek nie) ooit in hierdie lewe volmaaktheid sal bereik nie, is maklik. En ek sê en skryf dit ook maklik. Maar nou dink ek aan Sondag se teks oor beproewinge. Dink ek ek kan verbeter in die manier waarop ek beproweinge hanteer, of doen ek alles klaar reg? Ek dink aan Maandag se teks oor kwaad word. Is my “kwaad-word” altyd ‘n “heilige-kwaad-word”, of doen ek ook maar met my kwaad word skade aan die koninkryk? Ek besef net dat ‘n gedagte van geestelike ge-arriveerdheid dalk ‘n baie ernstige posisie van selfmisleiding is. Is dit nie dalk waaroor die gedeelte gaan nie?
PRAAT MET GOD DAAROOR
Hemelse Vader, ek wil nie myself om die bos lei nie. Ek wil nie met U Heilige Gees redeneer oor wat die regte ding is om te doen en wat nie. Ek wil in ‘n lewende verhouding met U leef waar ek U in alles gehoorsaam sonder om te verval in wettisisme of liberalisme. Ek wil nie U genade goedkoop maak nie, maar ek wil ook nie leef asof ek my eie saligheid moet verdien nie. Heilige Gees ek kan net op U staatmaak. Ek bid dat hierdie tye in U Woord my sensitief sal maak vir U leiding sodat ek sal weet wanneer U van my aksie of optrede verwag. Dankie vir die lang pad van geestelike groei wat U reeds met my gestap het. Laat my uitsien na die lang pad van geestelike groei wat U nog met my gaan stap.
Amen
Vanoggend kan ek net my koffie rustig drink omdat ek niks kan byvoeg wat Doom vanoggend geskryf het nie, behalwe om te dink hoe ek ‘n vetskil kan maak deur te doen.
Baie treffend Ds. Attie. Jy raak my hart elkekeer met jou gebed.
GOED, BETER, BESTE!
GOED, BETER, GAWES!
Niemand wil hê dat dit met hom SLEG, SLEGTER EN SLEGSTE moet gaan nie.
Boodskap wat ek vandag kry is om te fokus – “spieël” op die gawe wat GOD vir my gegee het, ek moet my deel doen om SY liggaam goed te laat funksioneer deur HOM ten beste te dien.
Ek wil vandag en altyd agter my naam kan skryf BESTE omdat ek vandag die gawe wat U vir my gegee het ten BESTE gaan gebruik.
Dit het al middagkoffie by my geword. Dit bly steeds lekker en voedsaam. Ek dink die Jakobus-boek praat met reeds bekeerde, maar steeds onvolmaakte mense. Daar is mos ‘n gesegde wat sê dat as iets jou hinder (iets waaroor jy stry, ens), dan is daar nog hoop vir jou. As dit jou nog nie eens pla nie, is daar, menslik gesproke, geen hoop nie.