Ek hoor Rick Warren sê dikwels in hierdie 40 Dae in die Woord veldtog dat ons net die dele van die Woord glo wat ons doen. Die paar verse wat ons vandag lees, laat mens dalk besef dat Rick nie verkeerd is nie. Ons lees Jakobus 1:22-25:
22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
LEES DIE GEDEELTE WEER EN WEER
Terwyl ek die gedeelte weer en weer lees, sien ek dat ek gewaarsku word dat ek myself dalk kan bedrieg. Ek sien ook die gedagte van “altyd net woord aanhoor”. Ek sien ook die gedagte van”verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vrymaak”. So iemand sal gelukkig wees.
DINK OOR WAT GOD VIR JOU SÊ Lees voort “REEDS BY MY GEESTELIKE EINDBESTEMMING? (DAG 24)”