AANBIDDING OF HULPVERLENING? (DAG 19)

Ek wens ek kon by elkeen wat deel is van ons 40 Dae in die Woord veldtog gaan sit en hulle persoonlike belewenis hoor. Die mense met wie ek praat vertel van nuwe diepte in hulle Bybelstudie en hulle stiltetyd en hulle  persoonluike verhouding met die Here. Mense vertel hoe gemotiveer hulle is om dit wat hulle leer en lees ook in die praktyk toe te pas.

Vandag se gedeelte is vir my besonder kosbaar. Die gedeelte van die vrou wat Jesus met olie gesalf het. Markus 14:3-9:

3Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar ‘n vrou gekom met ‘n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet. 4Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: “Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie? 5Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het.” En hulle het teen haar uitgevaar.

6“Laat staan haar,” het Jesus gesê. “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het ‘n goeie daad aan My gedoen. 7Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. 8Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. 9Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ‘n herinnering aan haar.”

Die metode waarvolgens ons hierdie week die Bybel lees, is met behulp van die akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E. (Belofte om toe te eien; Opdrag om te gehoorsaam; Sonde om te bely; Voorbeeld om na te volg; Afdwaling om te vermy; Rede om die Here te loof; Knielgebed om te bid; Ingesteldheid (Gesindheid) om te verander; Egtheid (Waarheid) om te glo.

Is hier ‘n Belofte om toe te eien? Lees voort “AANBIDDING OF HULPVERLENING? (DAG 19)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑