NEEM JOU KRUIS OP (DAG 15)

Om die derde metode van Bybelstudie of meditasie hanteerbaar te maak, vra Rick Warren vir die teks ‘n paar vra. Hy het ‘n akroniem wat hy daarvoor gebruik. Die akroniem is S.P.A.C.E.P.E.T.S.

S – Is there a Sin to confess?

P – Is the a Promise toe claim?

A – Is there an Attitude to change?

C – Is there a Command to obey?

E – Is there an Example to follow?

P – Is the a Prayer to pray?

E – Is there an Error to avoid?

T – Is there a Truth to believe?

(Die Afrikaanse manier in die boek is bietjie lomp, so ek het maar gekies om by die Engels te hou.)

Die “SÊ DIT!” metode het gehelp met enkele teksverse wat baie betekenis bevat. Die SIEN DIT! metode help weer met verhalende gedeeltes. Hierdie metode is waarskynlik meet behulpsaam met lerende gedeeltes. Die teksgedeelte waarna ons vandag kyk is Markus 8:34-38: 

34Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, 35want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. 36Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? 37Wat sal ‘n mens kan gee in ruil vir sy lewe? 38Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”

Die gedagte is nou dat ‘n mens die gedeelte lees en kyk hoeveel van die vrae jy uit die gedeelte kan antwoord. Uit die aard van die saak sal al die vrae nie elke keer uit elke gedeelte beantwoord kan word nie.

Is hier ‘n sonde om te bely?

Vir my lyk dit asof ‘n mens dalk sou moes bely indien jy jou soms vir Jesus en sy woorde skaam. Ons bely graag dat ons ‘n verhouding met Jesus het en dat sy weë en leefstyl die regte en die korrekte is, maar tye wanneer ons moes opstaan vir wat reg is en ons stem moes laat hoor teen onreg en die verkeerde, dan bly on stil.

Is hier ‘n belofte om vir myself toe te eien?

Ek sien die belofte dat as ek my lewe ter wille van Jesus en die evangelie verloor, dan sal ek dit eintlik behou. In ons tyd gaan ons dalk nie ons lewe verloor nie, maar ons verloor dikwels iets soos gewildheid en aansien en in hierdie dosiale media tyd dink ek aan hoe veral tieners soms vriende verloor as hulle te sterk Christelike standpunt inneem. Die belofte is dat ek dit wat ek dalk sal verloor, weer gaan terugkry.

Is hier ‘n gesindheid wat moet verander? 

Die eerste vraag is natuurlik: Van watter gesindhede is hier sprake? Hier is ‘n gesindheid van seflverloëning; kruisdra; onselfsugtigheid; wêreldliefde; trots.

Gesindhede in my lewe wat ek kan versterk is:

 selfverloëning (Om nie altyd heel eerste aan my eie belange te dink nie);

kruisdra (Bereid wees om swaar te kry en opofferings te maak ter wille van Jesus en die evangelie.);

onselfsugtigheid (Dink eers aan ander voor ek aan myself dink);

trots (As ek glo dat Jesus werklik die Seun van God is en dat die evangelie werklik die waarheid is, dan behoort ek trots te wees daarop net soos ek trots is daarop om met my vrou getroud te wees en die pa van my kinders te wees en lidmaat van NG Waverley te wees. Met ander woorde ek gee nie om as mense van daardie verbintenisse van my weet nie. Inteendeel, ek is trots daarop.)

Ek kan elkeen van hierdie gesindhede positief in my lewe versterk.

Maar, ek sal dalk versigtig moet wees vir ‘n gesindheid van wêreldliefde waar ek daarna soek om die wêreld as wins te kry (Vers36) terwyl die res van my lewe skade ly.

Is daar ‘n opdrag wat ek moet gehoorsaam? 

Die enigste opdrag wat ek regtig sien is om my kruis op te neem en Jesus te volg. Hierdie kruisopneem sal dan behels dat ek soms met harde werk die kruisdra-gesindheid aanleer en die wêreld-gelykvormige gesinhede afleer. Mens wonder dikwels oor kruisdra. As ek dink watse harde werk is die aanleer van die positiewe gesindhede en die wegbly en afleer van die negatiewe gesindhede, dan kry kruisdra vir my nuwe perspektief.

Is hier ‘n voorbeeld wat ek moet volg? 

Hier is nie ‘n direkte voorbeeld nie, maar ons sou waarskynlik Jesus se eie kruisdra as voorbeeld kon neem.

Is hier ‘n gebed om te bid? 

Ek sal die gebed aan die einde skryf.

Is hier ‘n fout om te vermy? 

Ek moet dit vermy om my vir Jesus te skaam aan die een kant en ek moet dit vermy om die dinge van die wêreld so na te jaag dat ek my lewe verloor. Beide van hierdie opmerkings vra verdere nadenke. Met die hulp van die vorige twee weke se metodes sou ek graag hieroor wou mediteer en nadink. Hoe lyk dit as ek my vir Jesus en vir die evangelie skaam? Wanneer is besig om die wins van hierdie wêreld na te jaag?

Is hier ‘n waarheid om te glo? 

Die groot waarheid vir my is dat volgeling van Jesus wees vereis kruisdra en dat kruisdra gesien word word in my gewilligheid om my gesindheid teenoor Jesus en die evangelie en die wêreld reg te kry.

Is hier iets om die Here voor te loof? 

Ek kan die Here loof vir die wete dat my kruisdra ter wille van Jesus en die evangelie nie ongesiens by Hom verbygaan nie.

GEBED

Heilige, Here Jesus, ek is vanoggend opnuut bewus van die kruis wat U gedra het. Veral nou dat ek ook besef dat ek my eie kruis het om te dra. U het vanoggend my oë oopgemaak vir die feit dat kruisdra soms beteken dat ek hard daaraan moet werk om die regte gesindheid aan te leer en die verkeerde gesindheid af te leer. Vergewe my vir die kere wat ek moes gepraat het of moes gedoen het het, maar toe eerder stilgebly het of niks gedoen het nie. Help my om in die toekoms raak te sien wat dit is wat U van my vra. Maar gee dat ek op so ‘n manier sal praat en op so ‘n manier sal doen dat U U ook dan nie vir my sal skaam nie.

Ek neem vanoggend opnuut weer my kruis op en stap agter U aan die wêreld in.

Amen

1 Kommentaar

Filed under 40 Dae in die Woord

One response to “NEEM JOU KRUIS OP (DAG 15)

  1. Christelle van der Walt

    Ds. Attie jy het nou vanmiddag my dag gemaak.

    So goed vir ons hier oorgedra. Ek wens so almal kan ook lees wat jy vir ons hier skrywe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s