EBERT VAN DER WESTHUIZEN

Johan is al baie lankal verslaaf aan die koffie by hierdie tafel. Hy het gister begin om met ons te deel oor sy seun Ebert. Die gevoel wat ek rondom die koffietfael opgetel het. was dat ons vir Johan en Ebert en Annelize wil ondersteun, maar ook dat ons graag wil weet wat gebeur. Ek het Johan gevra om ietsie oor die situasie en oor Ebert te skryf. Hier is dit:

Ebert is een van daardie kinders wat vandat hy baie klein was net een “groot hero” (met die groootste mate van respek)  gehad het en dit was Jesus. Van klein tyd het hy al gesê hy gaan predikant word, waarmee hy dan ook nou besig en en bo gemiddeld presteer in sy klas.

EbertGedurende Oktober 2012 word daar toevallig ontdek, tydens ‘n toevallige sonar ondersoek deur die huis dokter om te kyk vir moontlike galstene, dat Ebert ‘n reuse gewas in sy lewer het en in ‘n 5 ure operasie word 80% van sy lewer verwyder. Die gewas was 16cm x10cm en het die totale regter lob van sy lewer beslaan. Op daardie staduim was hy reeds in gevorderde lewerversaaking. Na 10 dae in ‘n semi koma in die ICU word hy wakker en herstel blits vinnig en binne letterlik dae is hy terug op sy pos as jeugwerker by NG Villieria en neem selfs preekbeurte waar. Sy lewer funksie herstel merkwaardig en die lewer genereer feitlik na dubbel die grootte vanaf die klein stukkie wat oorgebly het. Ons jeug en dank God sonder ophou.

Die kanker wat hy gekry het is een van daardie baie rare tipe kankers. Lees voort “EBERT VAN DER WESTHUIZEN”

IN DIE OOG VAN DIE STORM (DAG 10)

Ons mediteer vandag oor Markus 4:35-41.

Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.”

Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. Skielik het daar ‘n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Hou op! Bedaar!”
Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”
Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: “Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”
Wees ‘n dissipel: Het Jesus jou al ooit in ‘n storm ingelei? Voel dit soms asof Hy aan die slaap is?
Toe ek hierdie vraag lees, toe dink ek vir die eerste keer daaraan dat dit Jesus was wat eintlik vir die dissipels in die storm ingelei het. Lees voort “IN DIE OOG VAN DIE STORM (DAG 10)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑