‘N BIETJIE “EMBARRASSED” SOU EK SÊ (DAG9)

Die SIEN DIT! metode van meditasie vra dat ek as leser my in die skoene van elkeen van die karakters in die verhalende gedeelte plaas. Vanoggend lees ons Markus 3:1-6. Jesus genees die man met die gebreklike hand.

Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was ‘n man met ‘n gebreklike hand. Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla. Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Staan op hier tussen hulle!”

Daarna vra Hy vir hulle: “Mag ‘n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?”
Hulle het egter niks gesê nie. Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”

 

Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.
Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane ‘n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.

Ek probeer my in die posisie plaas van die man met die gebreklike hand. Ek voel erg ongemaklik. My gebreklike hand trek dikwels mense se aandag en ek het al gehoor hoe wonder mense wie in my familie het watter  sonde gedoen dat ek met ‘n gebreklike hand gestraf is. Tog het ek deur al die jare op die Sabbatdag getrou na die sinagoge toe gegaan. Ek glo in God. Ek is nie presies seker wat om  van my gebreklike hand te dink nie, maar ek glo in God.

Op hierdie dag was my ongemak meer as gewoonlik. Daar was hierdie man, sy naam was Jesus. Lees voort “‘N BIETJIE “EMBARRASSED” SOU EK SÊ (DAG9)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑