Wie van ons het dan nie behoeftes nie?
Die teksvers waarmee ons vanoggend besig is, is Filippense 4:19:
“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”
Hierdie is weer een van daardie verse wat nogal baie bekend is en my effens senuweeagtig maak.
“En… “ Waarom sou Paulus die vers met “en” begin? Dit is ongewoon om ‘n sin met “en” te begin. Vir my beteken dit dat juis hierdie vers saam met ander verse gelees word. Vanaf vers 10 praat Paulus hoe hoe die gemeente in Filippi gehelp het om in sy behoeftes te voorsien en hoe hy daarin kon slaag om in die tye wat daar te min was, kop bo water te hou. God het voorsien. Soms met materiĆ«le dinge soos die wat die gemeente in Filippi aangestuur het en soms met krag om deur moeilike tye te kom.
“… my God…” met ander woorde, God soos ek Hom in my lewe leer ken en ervaar het. Lees voort “UIT DIE RYKDOM VAN SY HEERLIKHEID (DAG 7)”