SIT SKOUER AAN DIE WIEL (DAG 6)

Ek is skrikkerig vir bekende verse. Bekende verse kom met bagasie en mens loop die risiko dat die werk van die Heilige Gees uitgedoof word deur al die stemme wat alreeds iets oor ‘n bepaalde vers gesĂȘ het. Somtyds gebruik die Heilige Gees ander “stemme”. Ander kere staan “stemme” in die pad van die werk van die Heilige Gees. Filippense 4:13 is so ‘n bekende vers.

“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Ek moes vanoggend begin by: Wat is Filippense 4:13 nie? Hierdie vers is nie deell van ‘n self-help en self-motivering handboek waardeur ek aangespoor word om enige ondenkbare droom aan te pak met die versekering dat ek nie sal misluk nie. Vers 13 mag onder geen omstandighede ten minste sonder vers 11 en 12 gelees word om te verstaan waartoe God vir Paulus in staat gestel het nie.

Kom ons probeer… Lees voort “SIT SKOUER AAN DIE WIEL (DAG 6)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑