OMDAT HY MY REEDS SYNE GEMAAK HET (DAG 4)

Vandag bedink (herkou) ons Filippense 3:12b

“Ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het.”

“Ek…” Hier is iets wat iemand anders nie vir my gaan doen nie. Paulus praat van homself en as ek die vers op my lewe van toepassing maak, dan praat dit van my.

“… span my in…” Ek kan tog nie anders as om hierin iets van harde werk te sien nie. Wat dit ookal is wat ons hier wil regkry, dit gaan inspanning verg. Moeite, vasbyt, opoffering, selfdissipline. Ek is op hierdie oomblik besig om weer bietjie fiks te word. Ek ry fiets. Sover ry ek al 20 minute lank teen 30 kilometer ‘n uur. Om hier te kom moes ek my inspan. Die eerste dag kon ek skaars 5 minute ry. My twee meisiekinders het ook begin fietsry, maar hulle fietsry het my nie fiks gemaak nie. Ek moes self deur die inspanning gaan. In my geestelike lewe is dit dieselfde.

“… dit alles…” Ek moet versigtig wees om nie in hierdie alles in iets in te lees wat nie bedoel word nie. Die vorige verse beskryf die “alles” mooi. Om Christus as enigste bate te verkry, een met Hom te wees en vrygespreek te word. Wanneer ek vanoggend dink aan “Christus as enigste bate” dan dink ek aan die troupaartjie wat ek verlede week gesien het. In die gesprek het dit uitgekom dat deel van hulle besluit om te trou was die besef dat nie een van hulle eerstens meer iets met iemand anders van die teenoorgestelde geslag te doen wil hê nie. Met ander woorde: Jy word my enigste “bate”. Tweedens beteken dit natuurlik dat hulle terselfdertyd die vanselfsprekende aan mekaar belowe. Ek sal nie weer toelaat dat  ‘n ander man of vrou die terrein betree wat ek nou aan jou gegee het nie. Jy word nou as my man of my vrou tipe van my enigste “bate”. Ek besef vanoggend dat as ek ‘n intieme verhouding met die Here wil hê waar Hy my enigste bate is en ek al hoe nader aan Hom kom, sal ek daaraan moet werk. Ek sal my moet inspan. Dit gaan nie vanself gebeur nie.

“…omdat…” – redegewend. Hierna volg die rede waarom ek my gaan inspan om alles myne te maak.

“…Christus Jesus…” Ek doen wat ek doen omdat Christus iets gedoen het.

“… my reeds syne gemaak het …” Ek staan eintlik vanoggend weer verstom oor die afgehandelde werk van Christus. Hy het mens geword en deur dit wat Hy gedoen het, het Hy my reeds syne gemaak. Volgens Christus is ek reeds sy enigste bate. Volgens Christus is ek reeds een met Hom. Volgens Christus is ek reeds vrygespreek. Alles wat ek in my lewe doen is ‘n reaksie op dit wat Christus Jesus reeds klaar vir my gedoen het. Ek moet eintlik net opstaan en dit wat reeds waar en van toepassing is op my lewe vir myself toeeien. My inspanning om Hom as enigste bate te verkry en met Hom een te wees en om vrygespreek te word, gaan geen effek of impak hê op die feit dat Hy my reeds syne gemaak het nie. Deur my inspanning word dit wat reeds waar is van my net vir my en die mense rondom my ‘n groter werklikheid.

Ek wonder nou waarom dit inspanning is om dit alles myne te maak. Ek dink egter dit is omdat daar so baie dinge is wat kompeteer om die belangrikste bate in my lewe te wees. Christus Jesus moet die enigste bate wees. Daar mag nie eers naastenby iets nog so belangrik in my lewe wees nie. Ek moet bereid wees om alles prys te gee. Om daar te kom neem tyd en opoffering en iemand anders gaan dit nie vir my doen nie.

Nou ja, nou is dit eers tyd om my te gaan inspan om bietjie fiks te word.

1 Kommentaar

Filed under 40 Dae in die Woord

One response to “OMDAT HY MY REEDS SYNE GEMAAK HET (DAG 4)

  1. Christelle van der Walt

    Mooi so Attie! ‘n Gesonde liggaam vestig ‘n gesonde gees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s