Vandag bedink (herkou) ons Filippense 3:12b
“Ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het.”
“Ek…” Hier is iets wat iemand anders nie vir my gaan doen nie. Paulus praat van homself en as ek die vers op my lewe van toepassing maak, dan praat dit van my.
“… span my in…” Ek kan tog nie anders as om hierin iets van harde werk te sien nie. Wat dit ookal is wat ons hier wil regkry, dit gaan inspanning verg. Moeite, vasbyt, opoffering, selfdissipline. Ek is op hierdie oomblik besig om weer bietjie fiks te word. Ek ry fiets. Sover ry ek al 20 minute lank teen 30 kilometer ‘n uur. Om hier te kom moes ek my inspan. Die eerste dag kon ek skaars 5 minute ry. My twee meisiekinders het ook begin fietsry, maar hulle fietsry het my nie fiks gemaak nie. Ek moes self deur die inspanning gaan. In my geestelike lewe is dit dieselfde.
“… dit alles…” Ek moet versigtig wees om nie in hierdie alles in iets in te lees wat nie bedoel word nie. Lees voort “OMDAT HY MY REEDS SYNE GEMAAK HET (DAG 4)”