DIE BYBEL DEUR GOD GEÏNSPIREER

Die Bybel is die geïnspireerde woord van God. Christene dwarsoor die wêreld glo dit met hulle hele hart. Oor die presiese aard van hierdie inspirasie, loop die menings ‘n bietjie uiteen. In 2 Timoteus 3:16 lees ons die woorde:

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer…”

Ons moet egter in gedagte hou dat toe Paulus daardie woorde aan Timoteus skryf, toe is die Kanon (Die boeke waaruit die Bybel sou bestaan) nog nie vasgestel nie. Lees voort “DIE BYBEL DEUR GOD GEÏNSPIREER”

40 DAE IN DIE WOORD – DAG 3

Ons gemeente doen die 40 Dae in die Woord veldtog van Rick Warren. Die boek is gelukkig ook in Afrikaans beskikbaar.

In hierdie veldtog gaan ons as gemeente ses verskillende maniere aanleer om die Bybel te lees en dit op ons lewens van toepassing te maak. Hierdie week lees ons die boek Filippense wat net vier hoofstukke het. Ek lees elke dag een hoofstuk en as ek deur is sal ek weer by hoofstuk 1 begin.

Die metode waarmee ons hierdie week werk, is die SPREEK DIT UIT metode. Die gedagte is dat jy die teksvers weer en weer sal lees en elke keer die klem op ‘n ander woord plaas en dan nadink oor die betekenis van daardie woord. Saam met die lees gaan ook die gedagte dat elkeen ‘n geestelike joernaal moet hou. Met ander woorde ‘n geestelike dagboek waarin elkeen elke dag skryf. Die boek wat ons in die 40 dae gebruik, het dan ook plek waar jy sulke aantekeninge kan maak.

Ek het gedag ek skryf so nou en dan deur die loop van hierdie 40 dae my gedagtes hier by die koffietafel.

Die teksvers vir vandag is Filippense 2:13: Lees voort “40 DAE IN DIE WOORD – DAG 3”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑