POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)

Ek het gister geskryf oor ‘n moontlike antwoord vir kerkwees in die post-moderne en post-Christendom era. Op die ou end is die beginsel dat God se koninkryk op aarde kom net soos in die hemel wanneer God se kinders tot sy beskikking is. Missionêre gemeentes is die “buzz”-woord hiervoor. Enige iemand wat in ons gemeente is sal weet dat ek hierdie beginsel oor en oor aan hulle verkondig en ook dat ons kleingroepe deur die kleingroepmateriaal aangemoedig word om missionêer in die gemeenskap betrokke te raak. Maar, hierdie betrokkenheid moet uit mense se harte kom. Die Heilige Gees moet deur die prediking en deur die Woord mense se harte verander om nie net missionêr te begin dink nie, maar ook missionêr te lewe.

Die vraag is: Gebeur dit?

MissionalIn Oktober verlede jaar kom een van ons kleingroepleiers na my toe en vra of ek en Anru (My jong kollega) nie hulle kleingroep se volgende byeenkoms wil bywoon nie. Hy deel met ons ‘n paar gedagtes en ons is dadelik opgewonde. Toe ons by die kleingroep kom is dit nie baie mense nie, maar die Here het oor die laaste twee jaar met die kleingroep ‘n besondere pad gestap. Soveel so dat hulle die missionêre gedagte nie net verstaan het nie, maar dat die Heilige Gees in hulle harte ‘n behoefte wakker gemaak het om in die gemeenskap ‘n verskil te maak.

Hulle probleem is egter tyd. Lees voort “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)”

POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD

Ek het nou reeds vier keer my gedagtes oor Post-Christendom neergepen. Hier en hier en hier en hier. Ek dink steeds dat ons eerder vroeër as later sal moet besef dat ons nie die post-moderne mens in ‘n post-Christendom konteks met modernistiese bedieningstyle gaan bereik nie. Ons gaan dalk daarin slaag om tot ‘n mate ons eie te behou maar, statistiese navorsing oor hierdie saak is duidelik daaroor dat in elke generasie ‘n kleiner persentasie kerk toe gaan. Gaan lees gerus HIER.

Die vraag is: Is daar ‘n alternatief?

Ek twyfel nie daaroor nie. Daar is hoop. Een gemeente wat my hoop gee is St Thomas Gemeente in Sheffield. St Thomas kerk het twee kampusse. Die een (Crookes kampus) is die vinnigste groeiende kerk in Europa en die ander (Philadelphia) is die grootste kerk in Europa.  Mike Breen is die man wat op ‘n wonderlike manier deur die Here hiervoor gebruik is.

Die werkswyse is missionêre geloofsgemeenskappe of Missional Communities. Op hulle webblad word hierdie groepe so beskryf:

Missional Community or missional communities (also called Clusters, Go Communities, Mid-Sized Communities, Mission Shaped Communities, MSCs) are generally groups of 20 or more people who are united, through Christian community, around a common service and witness to a particular neighborhood or network of relationships. These differ in size and scope from typical Small Groups that are often made up of approximately a dozen people with a focus on internal fellowship and Bible Study. Missional Communities do place a strong value on life together, the group has the expressed intention of seeing those they impact choose to start following Jesus, through this more flexible and locally incarnated expression of the church. The result will often be that the group will grow and ultimately multiply into further Missional Communities. Lees voort “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD”

POST-CHRISTENDOM – GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE

Die bedoeling was nie aanvanklik om so baie oor “Post-Christendom” te skryf nie, maar hier gaan ons nog steeds. Net so paar aanhalings om bietjie lig te werp op wat ek met die opskrif bedoel.

Met betrekking tot die VSA:

“Amid the crumbling foundations of organized religion, the spiritual supermarket is on the rise … Numerous surveys show that Americans are as religious as ever – perhaps even more than ever.” (D. Climmo and D. Lattin, “Choosing My Religion”, American Demographics,April 1999.)

Met betrekking tot Kanada:  Lees voort “POST-CHRISTENDOM – GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE”

POST-CHRISTENDOM – LAAT GEMEENTES TOE OM TE STERF

‘n Hele paar maande terug het ek hierdie “post” van Christiaan Piatt gelees waarin hy die opmerking maak dat gemeentes gehelp moet word om dood te gaan. Dinsdag het “Ding” my weer bewus gemaak aan die gedagte in sy kommentaar op my post oor Post-Christendom.  Sedert die lees van die artikel van Piatt dink ek daaraan daat daar eintlik so ‘n bediening behoort te wees. Met ander woorde, manne en vroue wat ‘n gemeente help om eerlik en opreg na hulle omstandighede te kyk en die kritiese vraag te vra:

Doen ons die regte ding deur die deure van hierdie kerk oop te hou?

In die skrywe herinner Piatt ons aan die eksperiment met die apies. Die eksperiment het behels dat ‘n piesang binne in ‘n bottel geplaas word. Die bottel se opening is net groot genoeg om die apie se hand in te pas. Wanneer hy egter die piesang gryp, is die opening te klein. Die apie kan egter nie sover dink om die piesang te los en dan sal hy weer vry wees nie. Hy klou aan die piesang vas en in die proses is hy sy eie gevangene.  Lees voort “POST-CHRISTENDOM – LAAT GEMEENTES TOE OM TE STERF”

POST-CHRISTENDOM EREDIENS

My eerste passie is die erediens. Die gawes wat die Here  aan my en my gesin gegee het, het tot gevolg dat ek graag hard daaraan van om eredienste iets besonders te maaki. Ek glo steeds dat die erediens op ‘n Sondag is die belangrikste gebeure in die lewe van God se kinders. Eugene Peterson beskryf dit so:

“Worship is the time and place that we assign for deliberate attentiveness to God – not because he’s confined to time and place, but because our self-importance is so insidiously relentless that if we don’t deliberately interrupt ourselves regularly, we have no chance of attending to him at all at other times and in other places.” Lees voort “POST-CHRISTENDOM EREDIENS”

POST-CHRISTENSDOM OF JY WIL OF NIE

Die engelse woord klink beter “post-Christianity”. ‘n Post-Christenskap wêreld is ‘n wêreld waar Christensdom nie meer die dominante of oorheersende godsdiens of kultuurverskynsel is nie. Ons begin al hoe meer sien dat waardes, kulture en wêreldbeskouinge wat nie-Christelik is weier verkondig, aanvaar en mee ge-identifiseer word. (Sommige sou dalk wou sê dat ons pre-Christen is met die dat ons met die Afrika-kulture te make het, maar ek dink dit is bietjie paternalisties om so te dink.)

Wanneer ek kyk na dit wat besig is om rondom ons te gebeur dan sien ek die volgende:  Lees voort “POST-CHRISTENSDOM OF JY WIL OF NIE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑