Ek lees Eugene Peterson se boek The Pastor: A Memoir. Eugene Peterson skryf:
“The messianic virus, which can so easily decimate the pastoral vocation once it finds a host (me!), is hard to get rid of.”
Hierdie “messias virus” het my sommer regop laat sit. Eugene Peterson sê die gevolg van die virus was dat hy op ‘n ander manier na sy gemeente gekyk het.
“… I realized in myself a latent messianic complex, which given free reign, would have obscured the very nature of congregation by redefining it as a gathering of men and women whom I was in charge of helping with their problems.
Volgens hom het hierdie “messias kompleks” tot gevolg gehad dat sy fokus geskuif het.
“I had been shifting from being a pastor dealing with God in people’s lives to treating them as persons dealing with problems in their lives.”
Eugene Peterson se punt is dat nie een van die mense wat Sondag kerk toe kom om God te aanbid, sonder probleme kom nie. As gevolg van ‘n messias kompleks begin die pastor/dominee dit as sy roeping sien om hierdie mense met probleme te “fix”. In die proses het hy nie meer sy gemeente gesien as mense wat na die beeld van God geskep is en wat in staat is om tot eer van God te lewe net soos hulle is nie.
Nou wonder ek vanoggend, het hierdie messias kompleks dalk ‘n rol gespeel in sommige mense se teleurstelling in die kerk? Het mense die verwagting gehad dat die dominee of die pastor my lewe moet “fix”. Wat in werklikheid gebeur het, is dat ongeveer 9.5 uit die 10 keer het die dominee dit nie reg gekry om die stukkende gesin te herstel of die gebroke huwelik uit die skeihof te hou of die sterwende gesond te bid nie of al die kinders in die belydenisklas die volgende jaar in die kerk te kry nie. Kan dit wees dat mense hierdie “messias verwagting” gehad het en in daardie opsig teleurgesteld weggedraai het van die kerk af.
Nou wonder ek verder of hierdie messias kompleks nog steeds ‘n rol speel wanneer ons begin dink dat God ons geroep het om al die probleme van hierdie wêreld te “fix”. Speel die messias kompleks dalk ‘n rol wanneer Christene en gemeentes en kerke daarop gewys word dat die wêreld besig is om agteruit te gaan terwyl die kerk die potensiaal het om dit te verhinder en die agteruitgang in die wêreld en ons land dui op die mislukking van die kerk.
My “tweet” gisteraand voor ek gaan slaap het, kom juis uit hierdie gedeelte. Hy skryf:
“… my work is not to fix people. It is toe lead people in the worship of God and to lead them in living a holy life.”
Is hier ‘n probleem?
Attie, Ek glo elke mens gaan met ‘n sekere verwagting kerk toe en die verwagting verskil van mens tog mens en ook van geleentheid tot geleentheid.
Johan, ek dink jy is reg. Maar is dit moontlik dat daar regte en verkeerde verwagtuings kan wees? is dit moontlik dat daar regte en verkeerde verrwagtings met betrekking tot die rol van ‘n dominee kan wees? Watter rol speel hierdie verwagtings in mense se belewenis van die kerk en einde laaste van God?
Ek dink mense verstaan soms die rol van die gemeente en Dominee verkeerd. Dit is nie ‘n quick fix vir wat in jou lewe aangaan of verkeerd gegaan het nie. En dis hoekom hulle telkens dan weer verder wegwei en uiteindelik weer afvallig word.
En dink daar word vergeet dat jy self nog moet besluite maak, en self nog iets aan jou situasie moet doen…dalk met hulp en leiding ja, maar tog self. Christenskap, Kerk en die Dominee is nie ‘n wonderkuur as jy nie bereid is om self skouer aan die wiel te sit nie.
NEE,NEE,NEE die Kerk het nie ‘n “Messias Virus” nie. Die Kerk het ‘n virus wat deur Satan die Anti-Christ aangeval word. Daarom soek ons geestelike genesing by die predikant of die Kerk. Ek stem saam met demoerin als hang van die individu af. Op die ou-einde van die dag bly dit ‘n saak tussen jouself en GOD. Ek dink dit is waarom mense so verlang dat die dag nou moet aankom dat JESUS ons kom haal, alles lyk so verlore vir ons hier op aarde.
UITNODIGING:
BIDDAG VIR VREDE
VRYDAG, 26 JAN. 2012.
DRAG: IS WIT KLERE – VIR VREDE
OPROEP AAN AL ONS BEKOMMERDE MENSE IN ONS LAND –
KOM ONS STAAN SAAM EN BID VIR HIERDIE LAND
ASSEBLIEF SUID-AFRIKA DRAAI TERUG NA GOD!!!
Middag Doom
Ding kuier so lekker vandag hier by die koffietafel, Ding skuld in een dag ‘n hele maand se koffie!
Tussen Johan, DMI en Christelle het hulle reeds ‘n belangrike antwoord gegee: dit gaan oor die individu en die individu se verwagtinge – maar nie net individuele kerkgangers nie, ook individuele predikante.
Ding reken om aan van die gemeentelede/kerkgangers se verwagtinge te voldoen, MOET die predikant die rol van Mr Fix-it vertolk. MAAR om aan van die ander se verwagtinge te voldoen, moet die predikant juis nie Mr Fix-it wees nie. So, wat nou?
En hier begin Ding toe nou tik …. en nee, dit is net te lank. Ding sal daaroor dink en dan op die Stoep eendag daaroor besin.
Daarom, vir nou net: Doom vra ‘n vraag wat nie die klaar antwoord het waarvoor Doom soek nie. Daar is ‘n klaar antwoord, maar dis ‘n ander een en dis ‘n onbevredigende klaar antwoord. Maar sê my gou: is die “tweet” van gisteraand regtig Doom se totale oortuiging?
Tot ‘n mate is dit my oortuiging. Binne die konteks van die boek nog meer. Ek kan as dominee nie die werk van sielkundiges en psigiaters en medici doen nie. Ek is net eenvoudig nie toegerus daarvoor nie. Ek kan langs elkeen van die persone kom stap wat deur hierdie moeilike storm worstel, maar nie met die doel om te “fix” nie, maar met die doel dat hulle nie hulle fokus op God sal verloor nie en ook in die storm ‘n heilige en aan God toegewyde lewe sal lei.
Ek wil nie na mense kyk en mense met probleme sien nie.
Ek wil na mense kyk en mense sien wat na die beeld van God geskep is. Ek wil “verlore seuns (en dogters)” sien wat met verslete klere en ‘n vuil lyf tot binne in die wagtende Vader se arms mag hardloop in die wete: Hier is ek welkom! Ek wil mense sien oor wie God opgewonde raak ongeag wie hulle is en waar hulle is.
Dankie vir die eerlike antwoord, Doom. Tot ‘n mate verstaan ek dit. Doom raak weer die aspek aan van “die sien van wat kan/behoort te, wees teenoor wat is”.
Maar goed, om mense te oortuig “dat hulle nie hulle fokus op God sal verloor nie en ook in die storm ‘n heilige en aan God toegewyde lewe sal lei”, het ook verskillende benaderings. Watter een volg Doom?
Ek luister. Ek help hulle maar om ook hulleself te hoor. Ek probeer om die lig van die Woord op mense se situasie te laat val. Ek roep hulle op om in wat die omstandighede ookal is – daarna te streef om aan God gehoorsaam te wees. En dan bid ek graag saam met hulle.
Hmmmmm, Ding KARRING darem weer vandag behoorlik!
Nou Doom, hier is die bedryf wat Ding al vanmiddag 14:41 by wou uitkom en toe gelos het:
Daardie streef om aan God gehoorsaam te wees.
*Nota aan self om te loop kyk of Doom my geantwoord het oor die luister in ‘n geselskap, ja – ek onthou nog my vraag, maar nie dat ek die antwoord gesien het nie*
Enewel, die gehoorsaam ene. DIS waarby Ding wil uitkom.
Doom, as ‘n mens geld wyslik wil belê, KAN ‘n mens seker ‘n bergie vra om advies, maar dis nie verkieslik nie, is dit? As ‘n mens longprobleme opdoen, kan jy seker ‘n werktuigkundige vra, maar eintlik moet ‘n mens seker maar by ‘n gespesialiseerde medikus navraag doen? So, as ek probleme met my geloof het omdat daar probleme in my lewe is, gaan ek wie vra om advies?
Die verskil tussen die geld belê en longprobleme aan die eenkant en die geloof en lewensprobleme aan die anderkant, is dat ek ‘n redelike idee met laasgenoemde het van presies watse advies ek verwag.
Dit raak alweer lank.
Hier is twee verskillende aspekte:
persoonlike berading – waar Doom kan luister ens
bediening – waar Doom moet praat met ‘n groep mense.
Dieselfde aanslag vir beide?
Ding: Hier lê die belangrike: “as ek probleme met my geloof het omdat daar probleme in my lewe is, gaan ek wie vra om advies?” Sien daar kan ek help. Want ek verstaan ten minste bietjie van die geloof. Ek kan langs jou stap en help keer dat jou geloof nie deur jou “probleme” verdrink word nie. Maar vir die ander “probleme” moet jy iemand gaan vra om daar te help. Ek sal help sover ek kan, maar in die praktyk van my bediening verwys ek dikwels mense na ander soos sielkundiges, pastorale sielkundiges, psigiaters en dokters.
Berading – luister en reflekteer.
Bediening – luister (deur in kontak met my mense te bly) en dan probeer ek die lig van God se Woord werp op dit wat ek “hoor”.
Is makliker gesê as gedoen.