HOEKOM VAT DIT SO LANK?

Ons het gisteraand ‘n kleingroep gehad. Ons het oor Jesaja 62:1-5 gepraat. ‘n Teks wat vir my mooi momente gehad het en tog op ‘n wonderbaarlike manier ook vir my hoop gebring het vir die tyd waarin ons lewe. Ons lees gedeelte in die groep. Soos gewoonlik begin ons met die vraag: Wat steek by jou vas wanneer jy die gedeelte lees? Die eerste reaksie van iemand in die groep is: Hoekom vat dit so lank? 

Die bedoeling met die vraag was: Die volk is hier reeds 50 jaar terug uit ballingskap uit. Na 50 jaar het daar nog niks noemenswaardig gebeur nie. Die muur lê nog in puin, die paleis is ‘n bouval en die tempel is gestroop. Inteendeel, die volk het ‘n slagte naam in die gemeenskap en genoem “verstote vrou” en die land word genoem “verlate land”. Dit is goed en wel, om te weet dat die profeet sê dat hy nie gaan ophou om God aan sy beloftes te herinner nie en dat God nou nuwe name gaan gee en dat God oor hulle voel soos ‘n bruidegom oor sy bruid, maar hoekom vat dit so lank?

Hoekom vat dit 50 jaar? (Wel eintlik het dit meer as 50 jaar gevat – nader aan 100 jaar.)

Gaan ons 50 jaar moet wag voordat dinge beter gaan in ons land?

Mag ons hierdie vrae vra?

Hoekom vat dit so lank?

Wat dink jy?

 

20 thoughts on “HOEKOM VAT DIT SO LANK?

Add yours

  1. Goeie Môre Attie, Ek wil nie politiek praat nie, dit vertroebel my siel.

    GOD se plan sal perfek uitwerk, moenie moed verloor, wees geduldig HY weet die beste. Al gebeur ook wat in hierdie land van ons, onthou GOD is met ons en sy hele leërskare Engele. ONS IS VEILIG IN SY HANDE.

      1. Gee bietjie kans asb. Attie ek gaan dit vanaand oplees. Ek het gou in my handsak Bybeltjie opgelees in Johannes 16: 16 -33 le die antwoord vir my. Onthou ‘n duisend jaar vir ons as mens is soos een dag by GOD.

        1. Ek gaan so ‘n klein stukkie politiek uitlaat. Of ons dit wil glo of nie die hele wêreld word beheer deur die Black Pope. Ek sidder eintlik as ek net sy naam in my gedagtes moet sê. Google en kyk maar ons is in groter moeilikheid as wat ons besef.

  2. Goeiemôre Doom!

    Wie sal weet hoe lank ons sal moet wag? Jan Brand het gesê “alles sal regkom”. Maar Jan Brand het ook gesê “… as elkeen sy deel doen”. Miskien reken te veel van ons dat ons deel is om te wag? Hoe langer ‘n mens WAG, hoe langer sal jy bly wag.

    Natuurlik mag ‘n mens hierdie vrae vra – as jy jouself wil kasty en jouself wil laat “suffer”. Hoekom moet God al die werk doen? As die vraag anders gestel word, mag die wagtydperk dalk korter word en die “suffering” minder of selfs verdwyn! Moedertjie het gesê: “Vra is vry”, maar Moedertjie het ook gesê: “… met weier daarby”.

    Oor hoekom dit so lank vat … jawel, lank is ‘n relatiewe begrip. Miskien moet ‘n mens wonder of ‘n mens daardie vraag vra omdat ‘n mens werklik besin oor die lengte van tyd en tydsduur van ‘n proses, en of ‘n mens dit nie dalk vra in ‘n desperate versugting na verandering nie. In laasgenoemde geval noop die vraag nie regtig ‘n tyd-gebonde, feitelike antwoord nie. Klink vir Ding baie meer soos ‘n kind wie saam met sy ouers ‘n reis na ‘n bestemming onderneem het en iewers langs die pad vra: is ons al daar? Hoe lank nog? Presies hoeveel keer gaan die ouers se antwoord ‘n klinkklare, feitelike verduideliking wees oor hoeveel ure en minute en dorpe en gebeurtenisse dit gaan neem voordat ons al daar is?

    Dis wat Ding dink.
    Ding dink ook dat ons toelaat dat ons briljante selwers en ons uitnemende vermoëns lamgelê word deurdat ons bereid is om te “wag”; eerder as om die tyd te gebruik, terwyl ons dan nou “wag” om onsself te herontwerp ten minste. Want ja, die ou-ou holruggeryde donkie: manman kan ten minste homself verander. En al wat nodig is, is hardkoppige vasberadenheid. Hoekom ophou as jy kan aanhou?

    Doom, dankie vir u bewese volgehoue vermoë om opbouend gesprek te voer.

    Grondgroete

    1. Ding: Die groep was almal onder veertig. Ek dink hulle “Hoekom vat dit so lank?” het dalk te make gehad met die verlange na verandering. Dalk ook die ongeduldige “saam op reis” wees wat vra: “Are we there yet?” Ongeduld omdat daar in my agterkop die wonderlikste beeld van die eindbestemming is.

  3. Attie en die ander bloggers, Die teen vraag wat ek wil vra is: Wat is te lank? Hierop het ek geen antwoord nie. God se tyd is nie ons tyd nie en dit moet ons as mense maar aanvaar. Gewoonlik neem dit die leeftyd van ‘n geslag (±50 – 80 jaar) om werklik iets drasties te verander. Ek dink in Suid Afrika gaan dinge nooit drasties verander solank as wat die ANC in bewind is nie. Ja, daar mag dalk so hier en daar ‘n verandering ten goede wees, maar etopia sal ons as Blankes nooit weer sien nie. Dit is nie ‘n rasse ding nie – dit is ‘n kultuur ding. Die Swartes het deur die eeue nog altyd ‘n bestaansekonomie nagevolg – net genoeg vir vandag – terwyl die Blanke aan die ander kant weer bou vir die toekoms. Wys my een land in Afrika waar die Swarte in bewind is en waar daar rus, vrede en groei is en ek trek my woorde terug.
    As jy in Afrika wil bly moet ons sekere dinge aanvaar en ek glo dat ons nou die beste het wat ons kan verwag en dit is nie werklk so sleg nie. Ons land se drie grootste probleme is:
    1. Daar is geen gevolge vir enige dade nie. Jy kan maar maak wat jy wil, steel, moord pleeg, ens. en kom niks oor nie. Zuma se stort storie, sy huise in Natal, ens. is maar enkele voorbeelde
    2. Arbeidswetgewing. Dit is soms beter om 100 mense werk te gee teen R60 per dag as 10 mense @R600 per dag. Die ding verstaan die ANC glad nie.
    3. Influksbeheer. Solank die hele Afrika se werklose mense toegelaat word om SA in te stroom en ons eie mense se werk en huise “vat”, of steel en moor om te oorleef, kan dit nooit beter gaan nie.
    Nou vra ons wanneer gaan dinge verander en ek sê: As jy in SA wil bly, aanvaar dat dit nie in jou leeftyd gaan verander nie en maak vrede daarmee.

    1. Johan: Ek hou van jou teenvraag: Wat is te lank? Ek neem kennis van jou mening oor die landsituasie ens, maar ek vra ook: Kan ons Israel se ongeduld vergelyk met ons hunkering van verandering op politiese vlak in Suid-Afrika?

  4. Ding se kop draai nou. Weer die inskrywing gelees. Gaan hierdie dan oor die politiek en/of land Suid-Afrika se toestand en toekoms?

    Ding skat die inskrywing is oop vir interpretasie, maar opvallend is dat dit blyk ‘n spontane interpretasie te wees.

    Kan ons in ‘n land waar godsdiensvryheid grondwetlik beskerm word, waar die kerk duidelik toenemend ‘n afgewaterde rol as gesagstruktuur en voog van moraal en etiek speel, werklik nog ‘n afleiding of aanname maak of verwagting koester dat God die “land” of “volk” moet “red”, laat opstaan of alles beter maak? WIE, in die hier en nou van die land Suid-Afrika soos dit nou is, is dan nou die uitverkore volk? Alle gelowiges? Nnnnnaaaaa…..

    *Ding so onder sy stem deur*: Johan, no.1 gelys hierbo…. nope, nee, nee, gee maar ‘n dief of inbreker binne-in manman se plek ‘n loesing of laat ‘n verdwaalde koeel daai perd net tref en jy gaan nie vry wegstap nie 😉

    1. Ding: Die vraag het my bietjie ge-“flore” gisteraand. Ek het wonderlike hoop uit Jesaja 62 gekry. Ek was ge-“flore” deur die groep mense wat op soek is na iets meer, iets dieper, iets groter as dit wat hulle tans ervaar en beleef en sien. Natuurlik is die vraag oop vir interpretasie en kan elkeen die “wag” interpreteer soos hy goeddink. My argument is net dat as ons wag op ‘n politieke verandering wat ons minder sal laat vra: “Hoekom vat dit so lank?” maak ons onsself oop vir teleurstelling.

      Jy vra tereg: Wie… is dan nou die uitverkore volk?

      1. Hmmm, Ding het seker weer half gelees, maar Ding het gelees en interpreteer dat die soeke en die wag is na geestelike verdieping en verlossing. Miskien ten dele as gevolg van die sosio-maatskaplike faktore en invloede, wat ten dele is as gevolg van politiese klimaat … in die land.

        Soos Ding lees in die kuberruim, kry Ding die idee dat mense toenemend alleen-alleen ‘n moordende uithouwedloop deur ‘n sosiale woestyn aanpak, eerder as om aan te sluit by ‘n verkenningsgeselskap in ‘n digbewoonde woonbuurt. Die verkenningsgeselskappe raak al kleiner.

        Maar wag, ek wil dit nou eers weer lees, want iewers mis die bespreking die inskrywing.

  5. God het vertel dat n nasie sy oë op Hom moet rig en Hy sal ons heel maak. … doen ons nasie dit?
    In my opinie is dit ons enigste antwoord.

    Ek kyk al twee jaar lank na heftige politiese gesprekke op Politiese Forums, en wat my opval, is die ontnugtering onder die “supporters” van die Vryheids Beweging. Daar is beslis n groot groep wat terug beweeg na Pan Africanism maar daar is ook gematigdes wat omswaai na die DA.
    Ek reken as daar VANDAG n stemmery moes wees, sal die huidige leierskap sterk teleurgesteld wees. But then, they are known for pulling a last minute hat trick.

    1. Nnnnaaaa, Ding het nou weer gelees en dit voel maar nog steeds vir Ding soos dit gevoel het. Miskien is die beeld wat Doom sien, een waar daar alreeds weer ‘n, in Veerkie se woorde, nasie, is wat God dien soos dit behoort gedoen te word? Maar op die oomblik is die nasie nog nie eers weer gevorm nie – mense van dieselfde taal, kultuur, agtergrond, kan nie eers saamstem oor hoe ons God moet dien en hoe ons herders ons moet lei nie, wat wou om te dink aan bou!
      En ja, dan kan ons seker net die hede en die onlangse verlede sien en vra hoekom vat dit so lank? Maar as ‘n mens jou horison verskuif, dan kan ‘n mens ‘n ander beeld sien en daarheen begin werk, een dag op ‘n slag.

      Steeds vir Ding ‘n baie interessante gesprek hierdie.

      1. Die nigste nasie’volk wat ons kan identifiseer (dink ek) is die kerk. Ons kom mos uit ‘n geskiedenis waar die Afrikanervolk op ‘n manier voorgehou is as die “uitverkore volk”. Teleurstelling en ontnugtering was die gevolg. Maar, wanneer ek die boodskap van Jesaja 62 op die kerk van toepassing maak sien ek iets anders:
        1. Dan kan ek met vrymoedigheid nie stilbly totdat die redding deurbreek soos ‘n nuwe dag nie.
        2. Dan kan ek opgewonde wees oor die gedagte dat God vir die kerk (by wyese van spreke) ‘n nuwe naam gaan gee sodat die kerk nie meer die spot van die wêreld kan wees nie.
        3. Dan kan ek opgewonde wees oor die gedagte dat God na die kerk kyk soos ‘n bruidegom na sy bruid.
        Ek kan eintlik niks hiervan van toepassing maak op ‘n spesifieke volk/nasie/groep sonder om aanstoot te gee nie. Maar die kerk as die nuwe Israel en die nuwe volk van God, dit kan.

  6. Attie, mbt jou vraag “Gaan ons nog 50 jaar moet wag voordat dit beter gan in ons land?”.
    Baie mense sal jou siening ondersteun dat dinge tans nie goed gaan in SA nie en ons dit beter wil he. Baie ander sal weer nie saamstem nie en aanvoer dit gaan baie goed in SA. Dit hang seker af van watter persepsie gedeel word om te bepaal watter standpunt jy inneem.
    Ek is ook moeg vir hoe dinge in die land gaan – dalk is dit SY wil??
    Moet ons nie eerder vra: “Hoe lank nog voordat dit wat God wil in ons land gebeur vir my aanvaarbaar maak as synde komende van Hom?”

  7. Ek was nou nie by die kleingroep nie, maar die vraag bly toepaslik op omtrent net mooi alles wat mens die Here voor vertrou. Ek dink ons generasie mense is maar net die Mc’donalds generasie, en wil vir niks wag nie. Nie kos nie, nie drome nie, nie God se planne nie, ALLES vat te lank, selfs two minute noodles!

  8. Middagsê
    En hier haak Ding nog steeds vas by hierdie artikel oop op die koffietafel…

    Sien, Ding het gereken wat Doom nou gesê het, is waarheen Doom eintlik gemik het, maar toe word dit eerder na die land deurgetrek as na die kerk. Daardie sou vir Ding in lyn wees met Doom se huidige gesprekstrant die afgelope tydjie. En hier is hoekom Ding gesê het ons, komende van een taal, kultuur en opvoeding kan nog nie eers saamstem nie … hoe gaan ons ‘n nuwe kerk help vorm as ons, komende van een taal, kultuur en breë opvoeding, nie eers kan saamstem nie? Want WEER dink Ding hopeloos te prakties:
    ons stap nou in die toekoms in en hier is nou geleentheid om ‘n groter kerkgemeenskap te vorm … terug is ons by Babel van weleer: in watter taal moet Ding dan nou aanbid? Want soos dit is, kies Ding maar eerder die orde, die stigtelikheid, gewyde atmosfeer en my eie taal op ‘n Sondag, alhoewel Ding nie noodwendig Dingself vereenselwig met alles wat die gemeenskap wat daardie bied, voorstaan nie.

    Dan oor wat Philip van Vuuren sê:-
    Ek het nogals gisteraand hier gesit en my gedagtes verwoord tot die effek van: wat as die uitverkore volk alreeds swaargekry en gewag het, maar in afwagting en onderdrukking volgehou het in hulle geloof en ons nou in die tydperk is dat die uitverkore volk nou die tydperk na die 50 jaar belewe??

    Die delete-knoppie het oortyd gewerk toe ek my eie vraag geantwoord het:

    eenvoudig – dan sou ons nie nou in ‘n sekulêre staatsbestel gelewe het nie; dan sou die bevolking van die land nie so swaargekry het nie; dan sou moord en roof en verkragting nie so algemeen aan die orde van die dag gewees het nie; steel en magsug saam met dié reeds gemeld, sou nie net onder die mat ingevee word nie. Nee, die prentjie sou ietwat anders gelyk het, want saam met God se uitverkorenes kom ook die begeerte en wil om God te dien. En in hierdie land is die wil om God te dien en dit TE DOEN, ongelukkig oor die algemeen afwesig.

    Of dit God se Wil is dat die land nou is soos wat dit is, NATUURLIK is dit God se Wil. Maar is dit met God se goedkeur? Is dit God se werk? Nnnaaaa, Ding dink nogal nie so nie. Ek dink God het ‘n HEEEEEL ander prentjie in gedagte…

    Nou ja toe, en daar is my boek nou geskryf oor die onderwerp!

    Ja-ja, toemaar, ek sê ook dankie tog nou! hehehe

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: