Ding sukkel met my. Hy wil nou opsluit hê ek moet sê hoe ek die kerk van die toekoms sien.
Eers verskoning vir may afwesigheid. Twee moeilike begrafnisse en ek het die naweek gepreek tot dit by my ore uitloop.
Wel ek sal heel eerste moet sê dat ons maar net kan spekuleer oor hoe die kerk van die toekoms gaan lyk. Waaroor ons egter nie kan spekuleer is dat die kerk as die liggaam van Christus en die voertuig van God se genade na hierdie wêreld gaan bly voortbestaan. Ek dink egter nie hy gaan bly voortbestaan in die vorm en gedaante wat ons dit vandag ken nie.
Hoe lyk die kerk van die toekoms? Ek het in my skrywe oor ‘n moontlike antwoord op Post-Christendom reeds ‘n aanduiding gegee hoe ek dink. My gedagte was nooit dat ons die grootste en die vinnigste groeiende kerk moet probeer wees nie. My gedagte was dat ons in die gemeenskappe waar ons lewe missionaal gefokus moet lewe.
Ek lees graag die Bible Study Geek se blog. In hierdie tyd lees ek dan nou juis wat hy hieroor sê. Hy sê dfat denominasionele strukture eerste gaan verdwyn nie. Ek twyfel nie daaraan dat dit reeds besig is om te gebeur nie in die sin dat denominasie al hoe kleiner rol speel. Die Bible Study Geek sien die kerk van die toekoms basies so:
- In die toekoms sal jou kerk/gemeente meer wees soos die kleingroep wat ons vandag ken. Dit beteken nie noodwendig dat Christene minder gaan word nie. Dit beteken net dat kerke/gemeentes baie meer gaan word.
- Leierskapstrukture sal baie buigbaar en dinamies wees. Baie minder rigied as wat tans – feitlik sonder uitsondering – die geval is. Jou kerk of gemeente sal ook deurlopend besig wees om die volgende geslag leiers voor te berei. Jou gemeente se leierskapstruktuur sal waarskynlik nie lyk soos enige ander kerk/gemeente se leierskapstruktuur nie. Julle gaan rondom leierskap iets hê wat julle pas.
- Kerke en gemeentes sal feitlik nooit eiendom besit nie. Hulle sal bymekaarkom in die huise van die mense wat deel van die kerk/gemeente is of in een of ander plek wat naby is.
- Feitlik niemand in jou kerk/gemeente sal deur die kerk/gemeente betaal word nie. Jy sal steeds jou dankoffer gee, maar dit sal hoofsaaklik vir die bediening aan mense in nood gebruik word en vir die uitdra van die evangelie.
- In jou kerk/gemeente van die toekoms wat op hierdie manier bestaan sal mense liefde en omgee vir mekaar wys op ‘n manier wat ons stom sal laat. Die “lidmate” van die kerk/gemeente sal steeds deur die gemeente versorg word, maar almal sal verantwoordelikheid vir almal aanvaar.
- Jou kerk/gemeente sal meer soos ‘n familie wees as ‘n klub.
- Jy sal in jou kerk/gemeente van die toekoms eerstens deurlopend leer om ‘n beter volgeling van Jesus te wees en tweedens sal jy altyd besig wees om iemand anders te help om ‘n beter volgeling van Jesus te wees.
- Verskillende kerke/gemeentes sal van tyd tot tyd bymekaar kom om op ‘n feestelike wyse hulle gemeenskaplike geloof en missie te vier. (Die Bible Study geek het dit nie by nie, maar ek sit dit by.)
Daar het julle dit nou.
Kostelik – Ding KAN karring, né! Baie dankie, Doom. Ding sal nog herkou en dan kom gesels. Maar dis so lekker om uiteindelik die geskenkpakkie oop te maak 😉 Wou net kom dankie sê solank.
Attie, nou is ek ook bietjie deurmekaar. Praat jy nou hier van die kerk in die “hiernamaals”?
Ek is bevrees dat die Kerk se “Ringkoppe” eers almal sal moet uitsterf voordat die kerk soos jy dit hier beskryf, en waarmee ek baie gemaklik is, van die grond af sal kan kom. Eish dominee, dit is darem lekker om te kan droom nê?
Ek gaan die stukkie uittdruk en bietjie herkou voordat ek ietsie daaroor gaan sê.
Ek dink ons gaan nog lekker praat oor die saak en ek hou daarvan.
Ding: Nou wag ek weer vir jou. 🙂
Johan: Ek droom maar dit gebeur reeds. Maar, jy is reg. Dit sal ‘n rukkie neem.
Attie, ek het so in die ry / stop op die N1 bietjie herkou aan jou Kerk vir die Toekoms en toe raak ek sommer opgewonde. Ek besef toe ek moet my eerder uit die ding hou. Dit is bietjie “groot” vir my. Wat ek wel kan se is: 1. Verandering gaan en moet gebeur, maar dit gaan stadig gebeur. 2. Ek is ook oortuig dat die kerk sal bly voortbestaan en sal groei – hoe weet ek nie, maar dat dit so is, is onondelhanderlbaar.3. In my absolute beskeie menig dink ek verandering sal bo af (nie heel bo nie, maar op Sinodale vlak) moet begin. Iemand het eenmaal iets op die Net geskryf en dit bly my altyd by as ons van verandering / vernuwing praat: Die kerk is soos ‘n masjien wat gries maak om verkoop te word vir wins, maar die masjien gebruik self soveel gries om te kan gries maak dat daar niks oorbly om te verkoop nie. I rest my case, dominee.
Ja nee, stem saam met Johan vd Westhuizen. Kyk, hier en daar gebeur dit so. Jy kry hierdie ‘huisgemeentes’ en dies meer. Dit is gewoonlik mense wat nie meer langer wil leef met die algemene omstrede erfenis van die kerk nie, byvoorbeeld die omstredenheid oor skrifgesag en geloofsbelydenisse se veranderende karakter nie. En is sekere lande is daardie tendens GROOT. Maar nee wat, ek dink die tradisionele ‘kerk’ se toekoms lyk baie blink. Die feit van die saak is eerstens dat godsiens floreer in swak geletterde samelewings. En ons huidige situasie is perfek vir die groei van die kerk, aangesien die standaard van die skole nou nie juis die hoogste ooit is nie. Dit is feit nommer een – as jy die kerk sterk wil hou, hou dan die mense dom. Gelukkig het die kerk al vir ‘n eeue lank ‘n sterk tradisie van die onderdrukking van natuurwetenskaplike kennis en vooruitgang en nou werk die staat mooi saam.
Ten tweede is daar die saak van range. Die mens is nou maar net eenmaal lgek daarvoor om rangordes op te stel. Van die vroegste tye af het die kerk homself in terme van rangordes georganiseer. Dit begin by die selgroep, dan die wyk, die gemeente, die ring, die streeksinode, die algemene sinode, dan die nasionale raad van kerke, dan ‘n wereldbond, en uiteindelik ‘n intergodsdienstige groep. En onderlangs kry jy range van beter en swakker tipe Christene. Ja, die mens is verslaaf aan range, en konings, en dies meer.
Nee wat, of ek is verkeerd of jy is verkeerd, maar die tradisionele kerk se toekoms lyk vir my nog baie blink. Amper so blink soos die Duitse motors wat baie godsgeleerdes tog so lief voor is.
Barend: Welkom. Gelukkig hoef ons nie almal hier oor alles saam te stem nie.
Ek sal persoonlik baie beter met die toekomstige kerk oor die weg kan kom as die huidige tradisionel kerk. Kan nie wag nie!
tommieblog: Ja, ek dink baie van ons voel so daaroor. Maar ek dink steeds ons moet versigtig wees om te dink God het moed verloor met iets waarmee ons moed verloor het. Ek dink soms dit is soos die middeljare krisis waardeur mans gaan. Hulle wil skielik alles doen wat hulle gedoen het toe hulle jonk en jukkerig was en dan moet hulle dikwels weer wys dat hulle ‘n jonger vrou die hof kan maak. Ai, die seer. Elkeen van ons is maar verantwoordelik vir die huidige toestand van die kerk.
Dagsê
Ding wil eerstens versigtig besin oor Barend se kommentaar hier.
Ding glo nogal nie dat die kerk die mense probeer dom hou nie. Miskien was dit voorheen so. Waarskynlik was dit so. In Ding se ervaring is daar heelwat herders wie deesdae werklik baie moeite doen om juis kuddes in te lig. Indien die staat (en skole) mense probeer dom hou, het hulle nou meer as ooit voorheen ‘n opdraende stryd: google, youtube, wikipedia en wikileaks maak almal slimmer as ooit tevore 😉
Oor rangorde: hmmm… miskien het Ding hopeloos te oud geraak om te rebelleer vir die onthalwe van rebelswees, wetie. Maar, die natuur lewer die grondslag vir die noodsaaklikheid van rangorde. Die Skrif leer die grondslag vir rangorde. Die Christengeloof is gefundeer in rangorde: God is ALmagtig en niks en niemand anders as God is ALmagtig nie. Die duiwel is magtig, maar God is ALmagtig …. rangorde, ja?
Die blink Duitse motors … waar Ding vandaan kom, maak juis daardie rangorde nogal dat die herders skaars ‘n ToiletFriend kan laat installeer sonder dat die belanghebbende verteenwoordigers van die gemeente dit goedkeur. Overgesetzynde: blink Duitse motors bevestig 2 punte:
1. Die gemeente hou daarvan om hulle herder in ‘n bepaalde vervoermiddel te sien;
2. Die herder is darem self ook nog mens; dit is nie net al die ander mense wie mens is nie. Die Duitse motormark word darem sekerlik plaaslik nie uitsluitlik deur die regeringsamptenare en godsgeleerdes ondersteun nie? (Moet bieg toe Ding die advertensie van een van die Duitse motors gesien het, waar die motor vir Oom Groot Donker geflous het, kon Ding self nie anders nie…. Ding het summier knus teen ‘n Duitse-motor-stuurwiel ingenestel 😉 ) *vonkel in Ding se oog vir sy stoutgeit hier*
Ding skat Ding stem nie helemal saam met die standpunt van Barend nie. Behalwe dat die kerk nie gou gaan verdwyn nie. Omdat die kerk se lede daarvan hou soos dit is, egter.
Dankie Ding. Ek weet soms nie wat om te sê nie. Ek sou darem graag my maandelikse betaalstaat langs ander ouens sin wil sit dat ons bietjie daaroor kan gesels. Ek moes woeker met my geldjies om bietjie eiendom te koop en gelukkig het skoonpa in sy boedel vir vroutjie ‘n Volkswagen Polo nagelaat – anders moes ons een kar gedeel het. Ek self ry darem met ‘n Jappenese Toyota Avanza wat wonderlik betroubaar is. Ons het ook maar kinders wat op ons as ouers staatmaak as dinge skeefloop en as hulle moet studeer en al sulke dinge. Maar, ek is nie skaam vir die salaris wat ek kry nie.
Doom, daar is alreeds kenmerke van hierdie nuwe kerkvorm sigbaar. Verandering word genoodsaak deur veranderende behoeftes en omstandighede. Dit klink amper asof daar beweeg word na die fase van “full circle”. Soos toe God se Kerk begin het.
Wat ek wel deeglik besef, is dat ek hopeloos te oningelig is om hieroor enige mening te vorm, wat wou met ‘n sinvolle inset lewer.
Ding reken nogals mense sal doen soos mense doen. Met ander woorde, wie nie identifiseer met ‘n bestaande “kerk” nie, sal eenvoudig weggaan, geen “kerk” aanhang nie; of by ‘n ander “kerk” waarmee hulle kan identifiseer, aanhaak; of ‘n nuwe “kerk” gaan vorm.
So, in Ding se mening is hierdie winde van verandering veral belangrik vir die kerkleiers en herders. Die eerste stap is seker om te besef wat noodwendig, evolusionêr besig is om te gebeur. Wat is besig om te gebeur? Die nuwe “kerk” is reeds besig om te vorm, presies aan die hand van die eienskappe van die nuwe “kerk” wat Doom hierbo gelys het. Dan is die vraag: wat moet kerkleiers en herders DOEN? Moet hulle probeer om hierdie proses te orkestreer? Is dit soos water wat net LOOP en nou in kanale of riviere gelei moet word? Moet hierdie kerkverandering deur die kerkleiers “ryp gedruk” word, of moet kerkleiers net bedag wees daarop?
Hmmm, my vermoede is dat daar nog groot verskil in mening onder kerkleiers in die algemeen is oor OF hierdie werklik besig is om te gebeur of NIE. En dat DIT eintlik die probleem is. Nie om die “gewone” mense wakker te skud nie, maar om die leiers, die ringkoppe, se oogklappe af te kry?
Klaar gekoffie, dankie Doom.
Ding: Ek dink die kerkleiers sal lidmate moet toerus om in die kerk van die toekoms die rol te speel wat God van hulle verwag.
Woordgroete
Goeiedag vanuit ‘n sopnat Bosveld!
Ons blankemense in ons land is op die oomblik in ‘n geweldige depressie vasgevang, sonder ‘n leier, sonder mag, soekend na iets om aan vas te gryp. Ons land is besig om teen ‘n geweldige tempo in die afgrond te val en ons blankes is magteloos daarteen. Politiek het ons Kerke opgebreek, onberekenbare skade gemaak.
My groot vraag is net dit: Hoe lank gaan ons volk nog kan uithou onder hierdie druk met die invloed van die derde-mag (Black Pope)?
Christelle, As ons baie eerlik met ons self moet wees lewe ons oor die aglemeen nog baie lekker in die land. Ja, daar is probleme, maar watter land het nie probleme nie. Ek glo nie politiek speel ‘n groot rol in ons kerke nie. Mense soek na iets ander of iets meer. baie weet nie eers waarna hulle soek nie. Van osn as kinders van ‘n lewende God word daar verwag om ‘n verskil te maak op elke gebied waar ons kan en nooit, maar nooit moedeloos word nie. Gaan lees bietjie Jesaja 42 en 43. Wat ons in SA beleef is maar wat deur al die eue deur die wereld gebeur. Hou moed Christelle, dinge gaan beter word.
Attie, ek het die naweek weer so bietjie besin oor die “kerk van die toekoms” en weer so bietjie gelees wat “Ding” en sie ander slim manne en vroute te sê het en toe kom ek agter dat ek dalk met my storei oor diem “griesmasjien” ‘n verwarrende indruk kon geskep het. Wat ek probeer sê met die “griesmasjien” storie is dat die kerk van bo af sal moet begin verander. Ek is maar ‘n gewinde lidmaat met beperkte kennis van die strukture van die kerk, maar as ek so op die weblaqd van die NG Kerk en ook seker ander kerke lees sien en net strukture en strukture en nogmaals strukture. In die Sinodes, Streek Siniodes, Ringe, ens is daar soveel amptenare wat betaal moet word dat daar maar min oorbly vir die predikante in die gemeentes. Ek dink daar moet begin word om die kerk se strukture te “stream line” sodat die predikante in die gemeentes vergoeding kry wat by hulle jare studie pas en daar meer geld beskikbaar is om daadwerklik ‘n verskil te kan maak in gemeentes en omgewings. In kort: Ek dink die kerk het net eenvoudig te veel betaalde amptenare, van Sinode vlak tot op gemeente vlak. Die wagwoord moet wees: “Lean and mean”, maar tans is dit te lomp en is soos die “griesmasjien” waarvan ek gepraat het. Ek dink persoonlik dat predikante te min betaal word vir die “werk: wat hulle doen.
Ek dog ek sê maar net.