JESAJA 43:1-7 (2)

Ek lees weer vanoggend Jesaja 43:1-7.

Konteks is die lens waardeur mense en tekste verstaan word. As jy die Bybel lees, moet jy die konteks van die teks ook in gedagte hou. Veral dit wat in die tekste voor die teks gesê word.

Die volk het gekla dat God hulle in die steek gelaat het. In 42:19 noem God hulle blind en doof. Hulle kyk maar hulle sien nie. Hulle hoor maar hulle luister nie. (42:20) Hulle is gevangenisse en daar is niemand wat probeer om hulle vry te maak nie. (42:22) Hulle het ‘n volk geword wat nie aandag gee aan hierdie dinge en wat dalk in die toekoms kan gebeur nie. (42:23)

Met ander woorde. In hierdie twee hoofstukke het ons ‘n egsprek tussen God en die volk Israel. In die vorige hoofstuk (42) wys God Israel se foute en mislukkings uit. Israel het misluk in dit wat God bedoel het dat hulle moet wees.

Nou sê God vir hulle dat Hy die Een is wat hulle geskep het en dat hulle nie bang hoef te wees vir die toekoms nie. (43:1) Hy gaan hulle red. Hulle was nog altyd Syne. Die Here belowe dat Hy selfs in gevare (waters… riviere… vuur) by hulle sal wees. (43:2) Juis omdat hierdie volk so kosbaar is in die oë van die Here, sal hy nasies gee in ruil vir hulle. (42:4) God se mense, die volk Israel, sal vanuit die hele bekende wêreld weer bymekaarkom. (43:5-6).

Met ander woorde, die feit dat Israel misluk het, beteken nie dat God misluk het en dat God nou alternatiewe planne moet maak nie. God se bedoeling was dat die Messias deur Israel gebore sou word, en God gaan Hom nie deur mense laat ontspoor nie.

Ek kan nie anders as om te dink aan ‘n gesprek wat twee weke terug (Gaan lees veral die kommentaar) hier by die koffietafel gevoer is nie. Waar die opmerking gemaak is: “Die koeël is deur die kerk vir die kerk.”

Die kerk van die Nuwe Testament is nou die volk van God.

Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. (Ef 1:13)

Hierdie volk sal bly voortbestaan totdat die volkome verlossing plaasgevind het:

Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. (Ef 1:14)

God se bedoeling is dat hierdie volk van God die “sambreel” sal wees waaronder Hy sy verlossingswerk voortsit en afhandel.

Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. (Ef 1:10)

Die koeël is nie deur die kerk vir die kerk nie. Die kerk is ‘n nuwe skepping wat op Pinksterdag gebore is met die doel om God se voertuig na die wêreld te wees. Ek het al vergeet waar ek dit die eerste keer gelees het, maar ek dink tog dit is hier van toepassing:

God se kerk het nie ‘n missie nie, God se missie het ‘n kerk.

Maar, ons moenie kerk soos ons dit ken en soos ons dit beleef sien en verstaan as gelyk aan die volk van God in die Nuwe Testament nie. Die kerk soos ons dit ken sal waarskynlik tot niet gaan. God is aan geen kerk of geen gemeente in haar huidige vorm of gedaante verskuldig om dit te laat bly voortbestaan nie. Die kerk as die liggaam van Christus met Hom as hoof sal bly voortbestaan tot die wederkoms.

Jesaja bevestig dat ons ‘n God aanbid wat sy beloftes hou.

2 thoughts on “JESAJA 43:1-7 (2)

Add yours

  1. Attie, omdat ek nie die inligting gehad het oor my ou Kerk nie, het dit vir my op daardie stadium gevoel soos die koeêl is deur my ou Kerk. Noudat jy lig gewerp het oor die saak sien ek waarheen sy Kerk geskuif het. Dit is soos ‘n rivierstroom: Een sy-tak het afgesny van die hoof-aar en ‘n nuwe tak gevorm maar loop nog steeds weer in die hoofstroom.

  2. Middagsê Doom
    Ding weet nou nie so lekker nie. Ding begin al meer soos ‘n kjênt voor sy verjaarsdag of Kersfees voel – dis al hierdie praat van die geskenk, maar dis asof die geskenk net nie oopgemaak kan word nie. Doom, wanneer gaan Doom nou vertel hoe Doom reken die “nuwe kerk” gaan lyk?
    Grondgroete

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: