POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)

Ek het gister geskryf oor ‘n moontlike antwoord vir kerkwees in die post-moderne en post-Christendom era. Op die ou end is die beginsel dat God se koninkryk op aarde kom net soos in die hemel wanneer God se kinders tot sy beskikking is. Missionêre gemeentes is die “buzz”-woord hiervoor. Enige iemand wat in ons gemeente is sal weet dat ek hierdie beginsel oor en oor aan hulle verkondig en ook dat ons kleingroepe deur die kleingroepmateriaal aangemoedig word om missionêer in die gemeenskap betrokke te raak. Maar, hierdie betrokkenheid moet uit mense se harte kom. Die Heilige Gees moet deur die prediking en deur die Woord mense se harte verander om nie net missionêr te begin dink nie, maar ook missionêr te lewe.

Die vraag is: Gebeur dit?

MissionalIn Oktober verlede jaar kom een van ons kleingroepleiers na my toe en vra of ek en Anru (My jong kollega) nie hulle kleingroep se volgende byeenkoms wil bywoon nie. Hy deel met ons ‘n paar gedagtes en ons is dadelik opgewonde. Toe ons by die kleingroep kom is dit nie baie mense nie, maar die Here het oor die laaste twee jaar met die kleingroep ‘n besondere pad gestap. Soveel so dat hulle die missionêre gedagte nie net verstaan het nie, maar dat die Heilige Gees in hulle harte ‘n behoefte wakker gemaak het om in die gemeenskap ‘n verskil te maak.

Hulle probleem is egter tyd. Almal van hulle werk lang ure en hulle het eintlik net hierdie twee ure per week wat hulle kan gee vir hierdie saak. Hulle wou eintlik gehad het dat ons vir hulle idees moet gee oor wat hulle kan doen. Ek en Anru het egter besef dat as ons die antwoord gee gaan dit altyd ons aksie wees en nie hulle sin nie. Ons raad aan hulle was toe dat hulle self in die gemeenskap in moet gaan en moet gaan kyk of daar iets is wat hulle dink hulle sou kon doen. Op die manier ontdek mens waar God aan die werk is.

Twee weke later kom die kleingroepleier by my en sê hulle het ‘n plek en manier gekry om betrokke te raak. Aan die begin gaan hulle elke tweede week by die dienswerk betrokke wees terwyl hulle die tussenin week as kleingroep bymekaarkom om saam te kuier, te bid en Bybelstudie te doen. Twee van die mense in die kleingroep is heeltemal te oud om uit te gaan om die werk te gaan doen, maar op hierdie aande gaan hulle die een ouerpaar se gestremde kind en dalk ander kinders oppas en hulle gaan bid terwyl die groep uitgaan om te gaan werk.

Hierdie kleingroepleier en sy groepie het die werking van die Heilige Gees beleef en het gaan soek na ‘n plek waar God reeds aan die werk is en nou gaan hulle God se medewerkers word. Ek dink dit is die begin van ‘n mooi pad wat hulle gaan stap. Ek en Anru gaan in ‘n raadgewende hoedanigheid betrokke wees, maar hierdie aksie is die kleingroep sin en ek is opgewonde oor wat daar gaan gebeur. Ons sal die kleingroepleier bemagtig en toerus om hierdie saak so goed as moontlik te hanteer.

Op hierdie manier word missionêre geloofsgemeenskappe uit die harte van God se kinders gebore.

4 Kommentaar

Filed under Die Kerk, Missionaal, Post-Christendom

4 responses to “POST-CHRISTENDOM – ‘N ANTWOORD (2)

  1. Johan

    Attie, wat jy hier skryf is “kerk wees” en as ek my Bybel reg lees, is dit presies wat Jesus ons geleer het wat om te doen. Hier beskryf jy nie “godsdiens” of “spiritualisme” nie, maar plein en simple wat dit beteken om God te dien en Sy wil te doen. Ons eie Kleingroep wat bestaan uit mense van verskillende kerke het ook elke jaar so ‘n “projek” om nie net bymekaar te kom om te aanbid en te leer nie, maar ook om “uit te gaan” en ‘n verskil iewers in ons gemeenskap te maak. Ons hang dit egter nie aan die groot klok nie en help mense waar en hoe ons kan en op verskillende wyses. Ek hou van wat ek hier lees en as ons dit kan bestuur om selfs ons gemeente se infrastruktuur op ‘n daaglikse basis kan gebruik om ‘n verskil in die gemeenskap te maak, sal dit ‘n glimlag in die Hemel bring. Kerkwees is nie om Sondae vir ‘n uur in ‘n kerk te sit en luister nie – dit ook – maar om uit te gaan en elke dag ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Dan kan ons met reg vra: Sal die gemeenskap dit werklik agterkom as ‘n kerk in die gemeenskap sluit? As ons oor die vraag twyfel, is daar beslis nog baie werk om te doen.

  2. Christelle van der Walt

    Pragtig, mens word geken aan die vrugte wat jy dra. Mens moet jou geloof voluit uitleef, uit jou hart en uit jou verstand en uit hou siel elke dag.

    As ‘n mens vir GOD in jou lewe laat inkom is alles maklik in die lewe.

    My hartewens is dat alle mense werklik hierdie ervaring sal beleef.

  3. Dagsê Doom
    Dankie vir die voorbeeld. Verskoon asseblief Ding se onkunde? Dienswerk? Wat behels hierdie dienswerk, Doom? Het die Kleingroep al uitgebrei in getalle?

    Ding verstaan nou glad nie meer wat “missionêre geloofsgemeenskappe” in gewone boeretaal beteken nie. Askies daarvoor Doom.

    Ding wil graag hierdie gesprek volg, maar voel vanoggend asof Ding die hele gesprekslyn iewers verloor het.

    Soos Ding dit nou hier lees, is dit dan nou vir Ding asof “missionêre geloofsgemeenskappe” eintlik in praktyk vrywillige “uitreikingswerk” deur gemeentelede is? Wat mis Ding dan nou vanoggend? Help my tog terug op die regte pad, asseblief?

    Grondgroete (dis bewolk hier – Ding moet NOU buite, tuin toe!)
    D

  4. Pingback: DIE KERK VAN DIE TOEKOMS | Attie se koffietafel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s