VANDAG WIL EK ‘N KLAAGLIED SING

Vandag wil ek ‘n Klaaglied sing.

Gister (Sondag 6 Januarie 2013) sal altyd in my herinnering opgeteken staan as een van die moeiliker dae in my bediening. Een van ons lidmate, wat ‘n passie vir die Here gehad het en sy passie vir die Here uitgeleef het in ‘n bediening aan laerskoolkinders is in ‘n fratsongeluk dood. Hy was ook meer as nte nog ‘n limdaat. Hy was ook my my mede-dienaar van Christus in die gemeente. Hy is dood terwyl hy sy dogtertjie se lewe gered het wat in ‘n visdammetjie beland het waardeur daar, op hierdie stadium ‘n onverklaarbare wyse, ‘n elektriese stroom van 180 volt gevloei het.

Hieroor is my hart stukkend. Terwyl ek vir my kollegas vertel is elkeen van hulle op hulle eie manier verslae. Ek dink vanoggend aan die boek Klaagliedere. Dit is wat ek wil doen. Ek wil kla. Die probleem is egter dat in hierdie tyd waar die evangelie boodskap altyd positief en opbouend en motiverend moet wees, het ons die geestelike dissipline van die klaaglied vergeet.

Ek onthou egter dat ek toe ek nog ‘n student was iets hieroor gelees het. Walter Bruegemann het dit geskryf. Hy skryf onder andere so:

One loss that results from the absence of lament (Klaaglied) is the loss of genuine covenant interaction because the second party to the covenant (the petitioner) has become voiceless or has a voice that is permitted to speak only praise and doxology.

Is ons vasgevang in ‘n positivistiese Christenskap waar die enigste bydraes wat ons mag lewer, positief, opbouend en vol lof is? Die gedagte: As jy nie iets kan sê wat die dinge beter kan maak nie, bly liewer stil. ‘n Bietjie verder skryf hy:

Since such a celebrative, consenting silence does not square with reality, covenant minus lament is finally a practice of denial, cover up, and pretense, which sanctions social control.

Ek voel so dikwels dat die evangelie wat ek soms hoor nie in pas is met die werklikheid nie. Die werklikheid is nie ‘n lewe waarin ek deurlopend oor alles dankbaar kan wees nie. As deel van my eie geestelike roetine, soek ek elke oggend die dinge waarvoor ek dankbaar kan wees en dan praat ek met die Here daaroor. In ‘n tyd toe dinge in my lewe regtig moeilik was, was ek so oorweldig deur die dinge dat ek vir lang tye niks kon kry om God voor te loof nie. Die gevolg was ‘n onbeskryflike skuldgevoel omdat ek nie dankbaar genoeg is nie. Daardie skuldgevoel het op sy beurt daartoe gelei dat my verhouding met die Here skade gelei het. Selfs opgedroog het.

Dalk moes ek net ‘n klaaglied gesing het.

… where the capacity to initiate lament is absent, one is left only with praise and doxology. God then is omnipotent, always to be praised. The believer is nothing, and can uncritically praise or accept guilt where life with God does not function properly. The outcome is a ‘False Self’, bad faith which is based in fear and guilt and lived out as resentful or self-deceptive works of righteousness. The absence of lament makes a religion of coercive obedience the only possibility.

Ek sal hierdie mense aanmoedig om ‘n klaaglied te sing.

Intussen sing ek vanoggend hierdie klaaglied:

Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waaronm kyk U toe as daar soveel ellende is? (Habakuk 1:2-3)

12 Kommentaar

Filed under Klaaglied

12 responses to “VANDAG WIL EK ‘N KLAAGLIED SING

  1. Silwerwit

    Doom Attie – ek glo nie ons is gemaak om altyd net die goed te moet en kan raaksien waarvoor ons net dankbaar moet/kan wees nie. Ons is dan net mens. Ons het mos n kant aan ons wat kwesbaar is en as ons nie hieraan gehoor gee nie, hoe kan ons die goeie dinge herken en erken?
    Wanneer ons Godverlate en n afstand voel van God se beskermende liefde, is dit juis die tyd waar mens meer objektief gaan staan en vrae vra. Dan hang dit af van die antwoorde wat ons kry – het ons al wonderwerke gesien of ervaar? Het ons al God se eerstehandse beskermende liefde in ons eie harte gevoel? Het ons al met tye nader aan Hom gewees?
    Wanneer ek, soos ander, hierdie antwoorde kry, dan weet ek dat Hy nogsteeds daar is, maar dat ek maar mag mens wees en mag weemoedig.en mismoedig raak want Hy het my heel geskape – om te kan huil en te kan lag en te kan weet wanneer iets nie reg is nie. Ons kan mos nie lag wanneer mens die rou en die seer van ander sien en ervaar nie.

    Ek skat wat ek hiermee probeer se: ek glo dis ok om so nou en dan op ons kniee gedwing te word…

  2. Doom
    Ek verstaan van dood. Dit lê by my self nog vars. Dit sal vir lank nog vars lê.
    So, oor julle ervaring: my en my huis se medelye.

    Nou: oor smart en roubeklaag; oor verdriet en hartseer:-

    Dit is nou tyd om presies dit te doen: te ween, te treur; ‘n klaaglied te sing.

    Dink Doom God sou jou die vermoë geskenk het as jy nie veronderstel was om so te mag voel nie? Ons almal beleef oomblikke wanneer ons in desperaatheid teenoor God wil uitroep: “Laat hierdie beker my verbygaan”. Jesus het volkome mens geword (weliswaar met die verskil dat Hy sonder sonde was) en Jesus self het deur oomblikke van ongekende smart gegaan.

    Ding wil nie op hierdie stadium verder praat oor positiewe denke en diesmeer nie. Hierdie is ‘n stil oomblik, Doom.

    Net dit: ‘n mens kan alleenlik die goeie uit ‘n situasie haal wanneer jy deur die situasie gelewe het. Lewe eers deur hierdie voordat Doom probeer sinmaak daaruit.
    Presies dit is Ding se gebed vir Doom vanoggend:
    dat Doom die innerlike krag sal vind om Doom oop te stel vir emosie; dat Doom mens genoeg sal wees om die gatslag in die oë te kyk en sterk genoeg sal wees om in die knieë te knak hieroor sodat God dan Self sy Benjamin-kind in Sy eie tyd weer regop kan help.

    Doom Attie, dankie vir die vertroue in die Koffietafel dat Doom hierdie kom deel het. Dankie dat die wie vir Doom omgee, hiervan mag weet. Sodat ons nie met die onbegrip van onbewus wees net aangaan nie, maar self mag stil word.

    Grondgroete
    D

  3. Nic Alberts

    Attie, my hart gaan so dikwels uit na julle ouens wat in die voorste linie van die bediening staan en waarvan die duiwel sy speelbal maak en dan gebeur dinge soos hierdie ook nog naby aan julle! Dit druk myns insiens net swaarder op ons as lidmate van die kerk, om elke dag met ‘n passie te bid vir die bedienaars van die Woord dwarsoor die wêreld! Mag die Here hierdie ding ook sag maak in julle lewens!

  4. SIlwerwit: Dankie vir jou woorde. Saam met die Klaaglied kom dikwels die swye omdat mens minder antwoorde het as wat daar vrae is.

  5. Ding: Deurleefde lof word meer en meer vir my die enigste lof. Lof wat gebore is uit omstandighede waar lof nie die eerste keuse was nie. Maar dit lyk vir my meer en meer asof deurleefde lof eers met Klaaglied vooraf gegaan word.

  6. Nic: Dankie, ons het ons vriende se gebede baie nodig. veral die tye wanneer mense self nie woorde (gebede) het nie.

  7. Ai Attie, ek ken daardie seer wat jy nou van praat. Was self gisteraand tussen 11 en 1uur vroeg vanoggend uitgeroep om te kom help met wat ek gedog het een van die gelukkigste huwelike in ons gemeente. In ons werk is die seer van mense net nooit ver weg nie. Dink aan jou!

  8. Bileam: Dankie, man – sterkte vir jou ook. Huwelikke wat dreig om dood te gaan is ook mos maar ‘n stuk dood wat oor ons pad kom.

  9. Santi Erasmus

    Ek voel ook soms dat die “positiewe” gesindheid baie maal geforseerd is en helemal uit tred met die werklikheid. Ek glo die Here waardeer selfs klaagliedere wat darem interaksie met Hom beteken eerder as totale afwesigheid. Maar ons is so geneig om veral in die kerk die “pose” te hou, omdat dit is wat die gemeenskap v d heiliges van ons verwag. Ek wil ook n klaaglied sing. Wie wil luister??

  10. Christelle van der Walt

    Ek voel saam met jou die seer Attie. Jy het immers die vrymoedigheid om dit met ons almal te kan deel. Soos Job wat die as op sy kop gooi, ja so voel ‘n mens. Ons weet nie hoe GOD se plan werk nie. Ons moet daarby berus. So ruk GOD mens ook tot stilstand om halt te roep, hy wil hê jy moet nou aandag gee aan iets baie belangrik.

  11. Nou hoe anders kom ‘n mens uit by DEURLEEFDE lof? Die Klaaglied-gedeelte MOET tog iewers figureer ten einde mee te werk tot die deurleefdheid van die lof.
    Santi, dis nie Ding se stoep hierdie nie, maar Ding is seker Doom sal reken jy kan maar sit en ‘n koffietjie gebruik terwyl jy jou klaaglied sing – hier by Doom is altyd iemand wie wel luister…

  12. Santi: Dit is soos Ding sê, jy kan gerus gesels. As jy oor jou seer wil skryf, skryf dit en ons luister saam. As jy dit vir my persoonlik wil skryf, laat weet dan stuur ek vir jou ‘n e-pos.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s