POST-CHRISTENDOM – GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE

Die bedoeling was nie aanvanklik om so baie oor “Post-Christendom” te skryf nie, maar hier gaan ons nog steeds. Net so paar aanhalings om bietjie lig te werp op wat ek met die opskrif bedoel.

Met betrekking tot die VSA:

“Amid the crumbling foundations of organized religion, the spiritual supermarket is on the rise … Numerous surveys show that Americans are as religious as ever – perhaps even more than ever.” (D. Climmo and D. Lattin, “Choosing My Religion”, American Demographics,April 1999.)

Met betrekking tot Kanada: 

“Belief in a supernatural dimension of reality is widespread … and shows no sign of abating.” (R. Bibby, “Religion in the Canadian 1990s” in Church and Denominational Growth, D. Roozen and C.K. Hadaway (eds) (Nashville: Abingdon, 1993) 288.)

Met betrekking tot Australië:

“… the myth of Australia the secular society needs to be put aside” when 85% believe in God and two thirds say they pray, half that number once a week or more.” (G. Bouma and B. Dixon, The Religious Factor in Australian Life (Melbourne: MARC Australia, 1986) 167.)

So ver my kennis strek is daar nie sulke duidelike navorsing met betrekking tot die kerk in Suid-Afrika nie, maar mens sou nie te ver verkeerd wees om te aanvaar dat die tendense met betrekking tot die NG Kerk in ‘n groot mate dieselfde is nie. (Ek verwys na die NG Kerk omdat ek self in die NG Kerk is. Alles dui egter daarop dat dit ook waar is vir die ander susterskerke in Suid Afrika)

Waarop dit neerkom, is dat mense al hoe minder by kerke betrokke is en al hoe minder eredienste bywoon, maar dit beteken nie dat mense nie meer in God (Of ten minste ‘n hemelse wese) glo nie. Mense is steeds op soek na een of ander geestelike of spirituele ervaring, iets wat betekenis aan hulle lewens kan gee. Die probleem is egter dat die kerke (godsdiens) dit nie in die formaat gee wat in hulle behoeftes voldoen nie.

Ek vermoed daar kan baie gesprek wees oor of mense dan nou die reg het om ‘n geestelike ervaring of belewenis te soek wat in hulle behoeftes voldoen. Wat besig is om te gebeur is dat mense steeds die hunkering na ‘n verhouding met ‘n hemelse wese het, wat hulle dus spiritueel of geestelik maak, maar dat die kerk 9godsdiens) nie daarin slaag om in die behoefte te voorsien nie. Derhalwe is mense geestelik maar nie godsdienstig nie.

Kom ek probeer dit op nog ‘n manier stel. Mense probeer steeds om die geestelike element in hulle lewens te ontwikkel en te versorg; mense wil steeds antwoorde hê op die vraag oor die dinge wat regtig betekenis gee aan ‘n mens se lewe en jou sinvol of van waarde maak; mense wil steeds voorberei wees vir wat ookal gebeur aan die einde van sy fisiese lewe hier op aarde, maar georganiseerde godsdiens in die vorm van die geïnstitusionaliseerde kerk het oor die laaste 50 jaar net meer en meer irrelevant geword.

Ek sou graag wou waarsku teen veralgemening. Ek dink daar is meer en meer gemeentes wat deel vorm van die geïnstitusionaliseerde kerk of georganiseerde godsdiens wat die rooi ligte sien aangaan en vinnig besig is om die aanpassings te maak. Maar, dat ons bekommerd moet wees is gewis so.

‘n Leier in die ANglikaanse kerk het die situasie vir my die beste beskryf:

 “… not only has the fat lady sung but the cleaners have left, the security guards have turned out the lights and locked the doors, and the wrecking ball waits outside for tomorrow’s demolition work. But even so, a few men and women in purple shirts … still huddle together in the now dark stalls, chatting excitedly of all the great operas they are going to stage.” (Aangehaal in  “Junction or Terminus? Christianity in the West at the Dawn of the Third Millennium”, David Smith, Thermelios 25/3, 2000, p56.)

9 Kommentaar

Filed under Die Kerk, Post-Christendom

9 responses to “POST-CHRISTENDOM – GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE

  1. Johan

    Ja Attie, daar is gewis ‘n paar uitdaagings vir die kerk in die huidige bestel en opset in Suidf Afrika. ‘N eenvoudige antwoord bestaan nie, maar wat wel waar is, is dat God self sy kerk in stand hou. Ek maak ook die stelling dat die verskillende kerke in SA ook nog nie werklik aangepas het by die nuwe demokrasie en die nuwe uitdaagings nie. Ek wonder maar steeds as ek Sondae vir ‘n uur of wat in ‘n half vol, of half lee kerk tussen net Wit mense gesit het en daarna huis toe ry en ons Swart broers en susters onder bome en langs spruite sien sit en kerk probeer wees. Is dit spiritualiteit of godsdiens?

  2. Johan: Ek dink die lyne tussen spiritualiteit en godsdiens is nie so duidelik nie. Ouens wat dink hulle hardloop weg vir godsdiens af, hardloop maar net ‘n paar tree dan is hulle weer vasgevang in ‘n nuwe godsdiens wat hulle te alle koste sal ontken dat dit godsdiens is.

    • Johan vd Westhuizen

      Attie, ek kan nie meer as 100% met jou saamstem nie. Ek dink dit is maar net ‘n “speel met woorde” wat aan die einde van die dag maar dieselfde ding beteken.

  3. Werner Olivier

    Johan,ek stem saam dat vandag se Kerk voor baie uitdagings te staan kom,maar onthou dat die NG Kerk se deure al lankal oopgestel is vir enige kleur en geur,en ons mede broers en susters wat by spruite en onder bome Kerk hou,hulle eie keuse is,en verkies om nie in afrikaans Kerk te hou nie.Ek dink dit kan dalk een van die groot uitdagings van die Kerk word om eredienste ook in ander Afrika tale te hou,wat ek dink alreeds in ‘n mate plaasvind.
    Groetnis.

    • Johan vd Westhuizen

      Ai toggie dominee, ek verstaan soms nie eers wat dominees in Afrikaans sê nie, wat nog as hulle “in tale” praat. Wat ek wel weet en wat ek daagliks in koerante lees is dat mense na iets “anders” soek en baie kere dink en nie hulle weet presies self wat hulle soek nie. Deur al die eeue is en bly die Here nog dieslefde en het Hy in die tyd toe hy op aarde was, gelyk, opgetree, gepraat en gedoen het soos wat die omstandighede toe was. Ek glo dat as die Here nou aarde toe sal kom sal hy weereens sal optree, lyk en doen soos wat die omstandighede tans is. Die kerk is nooit die “infrastruktuur” nie, maar die “mense” en daarom kan ‘n kerk ook buite ‘n geboue bestaan. Nadat ek en my gesin deur ‘n uiters moeilke tyd gegaan het, het ek net weereens besef dat “Kerkwees” en godsdiens in wese maar net oor twee dinge bestaan: 1. my verhouding met my God en 2, My verhouding met my medemens, ongeag kleur, ras, nasie of sosiale status. Terwyl ek nou aan die skryf is oor dinge na aan hart wil ek aansluit by ‘n vorige onderwerp waaroor ek gekies het om maar bietjie ‘n lae profiel te handhaaf en dit is oor kerke wat nie bestaansreg het en wat sluit. Ons moet nooit dat emosie oor geboue ons godsdiensbeoefening laat skade ly net om ‘n kergebou en infrastruktuur te probeer behou nie. Dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor die manier waarop ons God aanbid. Ons mense is bereid om kilometrs ver elke dag te ry na skole van ons keuse, winkelsentrums van ons keuse, ontspanningsplekke van ons keuse, ens. Mense is egter nie bereid om kerke wat nie kan oorleef nie vir ander doeleindes aan te wend nie, bloot omdat hulle nie bereid is om ‘n paar kilometer verder te ry op ‘n Sondag om te gaan aanbid nie en probeer vasklou aan die verlede en die infrastruktuur vir (soms) selfsugtige redes. Wat ek probeer sê Attie, is dat godsdiensbeoefening, kerke wat net bly voortbestaan agv historiese en emosionele redes, die beter (alternatiewe) benutting van infrastruktuur, die benadering van kerkgangers, verandering in die wyse van aanbidding, ens, alles ineengestrengel is en net dalk die redes is waarom daar gedebiteer word oor “spiritualisme” en “godsdiens”. Dit gaan wyse manne en baie gebede kos om antwoorde op al die vra te kry en die dinge gaan oor tyd stappie vir stappie moet verander. Dwarsdeur die eeue kon die mense nog nooit oorleef sonder godsdiens nie en sonder ‘n plek om te aanbid nie en dit sal ook nooit verander nie. Nou het ek darem baie geskryf maar dit is jou skuld omdat jy dinge wat so na aan my hart is op jou blog sit. Ek besef maar net weer dat daar so baie dinge is wat gedoen kan word en so min tyd en mense is wat dit kan doen. Sterkte dominee met julle werk. God hou self Sy kerk instand.

  4. Op ‘n heeeeel ligter toon oor die ander broers en susters.

    Moedertjie had maar vanmelewe altyd ‘n besonderse verhouding met haar werkers. En daardie jaar toe apartheid finaal vir ons verander het van kroon na meulsteen, toe is dit ook so dat een van haar werkers die Saterdag aan diens is. Ou gryskop kêrel, ene Dawid. Moedertjie was baie erg oor oudste Dawid. Maar oud of te not, ou Dawid was lief vir sy Mtombo-batterysuur-mengsel wat al van Sondagmiddag af vir Vrydag se begin-drink in die veld moes brou en gis.
    So kom oudste Dawid toe die Saterdagmiddag van die beeskraal af met die melkemmers, maar hy lyk of hy in die beeskraal rondgerol het al ‘n week gelede en waggel onder daai twee emmers dat hy kompleet Dunlop-se-loop het … dan lop hy sus, dan loop hy so.
    En die volgende oomblik hoor Ding vir oudste Dawid sy stem verhef op die agterstoep. Dis toe hy besig is om vir Moedertjie vingerswaaiend te vertel hy is feestelik, dis hoekom hy lyk soos hy lyk, al is hy vrywilliglik aan diens. En op Moedertjie se navraag waaroor die feestelik dan nou gaan, antwoord oudste Dawid toe: “Want oumiesh, nou gaat ou Dawid shaam die oumiesh by die kerk lop”.
    Ding het in spanning gewag wie eerste sou val: Dawid oor hy dit durf waag om vir “oumiesh” te sê hy wil kerk toe saam met haar of Moedertjie van skone oorblufdheid.
    Beide het egter bly staan, want die gesprek was nog nie klaar nie. Moe wou toe weet wat hom laat dink hy kan saamgaan. Hy antwoord heel manhaftig en braaf: “Ou Dawid is fheeshtelik, want Ou Dawid gaat shaam die oumiesh by sy kerk lop, want apperteit is af!”
    Moedertjie se verligte manier van met soveel waagmoed handel, het Ding stil gehad. Sy het sy klein geraamte-figuurtjie soooo bekyk en bloot vir hom gesê: “Met daai lyf en daai klere?! Gmf, loop was jou eers en trek jou skoon aan, dan praat ons weer!”
    Waarop oudste Dawid summier besluit het die oumies se kerk is dit nie werd nie en hy dit uitdruklik bedank het: “Ish oraait as ek eers moet wash. Toema’ losh dan ma’. Apperteit is beterder.”

  5. Doom, Ding reken self ook nogal dat “geestelik” nie vir lank sonder “godsdiens” kan bestaan nie. En “godsdiens” op sy beurt kan nie lank sonder “byeenkoms” bestaan nie. Dit is maar ‘n sirkelloop – mense rebelleer teen ‘n gestruktureerde vorm van godsdiensuitlewing, omdat hulle geestelik stagneer; beweeg weg daarvan ten einde geestelik dan nou meer te groei; en soos hulle geestelik groei, vind hulle weer behoefte om meer te leer, of te kommunikeer oor wat hulle leer – oor die groei – en dit bring hulle terug na die behoefte om te kommunikeer. Saam met geestelike verryking kom die behoefte om te deel en te orden – ‘n roetine word weer nodig.

    Ding onthou die tyd dat Ding nogal ongelukkig met die kerk was, Doom gevra het hoe lyk die regte kerk dan vir Ding en Ding nie regtig ‘n klaar antwoord kon gee nie, behalwe dat Ding nie wil sien dat die NG-Kerk moet verander nie, want die kerk is die kerk. Ding voel steeds so daaroor. Dis ‘n moeilike ene, Doom – hoeveel verandering is nodig ten einde nog steeds die kol te bly tref.

    Al wat ek weet so seker soos ek hier tik: spesifiek in hierdie land raak dit al makliker om God te dien. Die lewe hier raak al moeiliker, wat maak dat dit makliker is om of koud of warm te wees. Dit raak al nodiger om ‘n definitiewe keuse te maak. Die kerk kan juis nou beter uitbrei as in ten minste die laaste 25-30 jaar.

    Grondgroete
    D

  6. Christelle van der Walt

    Ek voel dat die mens moet aanpas by GOD se Kerk en nie die Kerk moet aanpas by sy lidmate nie. Die 10 gebooie is daar en dit bly so en niks verander nie. GOD het nie verander HY is nog steeds dieselfde GOD wat ons moet aanbid en liefhê. Dit is omdat die mense aan alles peuter dat die wêreld se omstandighede so ‘n gemors word het. Wat ek eintlik wil sê van alles wat GOD geskape het is die mens die gevaarlikste.

  7. Pingback: Heer waar dan heen, is die kerk oppad heen? « die ander kant

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s