Verbly julle in die hoop;
staan vas in verdrukking;
volhard in gebed. (Romeine 12:2)
Hemelse Vader, U het diep in my binneste die oortuiging bewerk dat U Seun Jesus Christus eendag weer gaan kom en dat ek en elke ander gelowige dan op die nuwe hemel en die nuwe aarde saam met Hom in U teenwoordigheid sal leef. In hierdie hoop verbly ek my. Maar, Here, ek besef ook dat as dit die enigste hoop is waarmee ek lewe – dat dinge eendag beter sal wees – is my geloof maar arm. Ek glo dat dinge vandag reeds anders kan wees. Ek verbly my in die wete dat ons deur klein dade van liefde en omgee die wêreld ‘n beter plek maak. Ek verbly my in die wete dat klein dade van omgee dikwels vir ander is asof die hemel en die aarde nuut geword het.
Mag ons egter nooit ophou om U vir die groot dinge te vertrou nie. Soms is groot dinge dat die regering van ons land sal begin om met onstag en respek vir U te regeer. Ons bid daarvoor. Ons bid dat hulle met verantwoordelikheid sal omgaan met die groot taak wat hulle het om die mense van hierdie land te versorg.
Soms is groot dinge klein dingetjies. ‘n Ooriwnning in my eie lewe of in die lewe van my gesin. Ek bid dat U sal gee dat ons gesin die teksn van U genade en U liefde sal vertoon.
Maar, Here, leer my om ook die onsienlike te sien. Die dinge wat U doen wat ongemerk verbygaan sodat ek my in die hoop kan verbly. Leer my om met ‘n geloofosoog meer te sien maar ook verder te sien. Leer my om die onsienlike te sien sien, want dan sal ek my werklik kan verbly in die klein, sienbare, tekens van U nuwe toekoms.
Amen
Ons as christene gaan nog groot verdrukking vorentoe ervaar. Ek kan dit sien maar GOD sê hou goeie moed my kind. Die oorwinning is reeds behaal. GOD beskerm sy kinders en ons hoef die toekoms glad nie te vrees nie.