OGGENDGEBED 26 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, op hierdie dag na Kersdag is ek nog stil verslae oor die grootheid van U liefde vir ons – die mensdom en vir U skepping.

Here Jesus ek aanbid U as die Koning van die teendeel. U het as Almagtige God U hemelse troon prys gegee en koning geword as mens, ‘n babatjie-mens. En die engele het met vreugde die boodskap aan herders gebring en herders het met opgewondenheid gegaan om U as die Koning van die tendeel te aanbid. Die skepping, wat deur U tot stand gekom het, het deelgeneem en die wyse manne na die stal in Bethlehem gelei. Nie na ‘n troonsaal in ‘n groot stad nie, maar ‘n krip in ‘n klein dorpie. Nie na ‘n magtige koning van baie nasies nie, maar ‘n magtelose babatjie afhanklik van sy ma. U is die Koning van die teendeel.

Leer ons om u as die Koning van die teendeel te aanvaar. Leer ons om te aanvaar: Alles is reg. Al lyk alles verkeerd. Ek kan nie anders as om te dink aan die wat nie gister Kersfees wou of kon vier nie omdat alles net so verkeerd gelyk het.

Ek dink aan ‘n gesin wat die dood van die pa nog vars in hulle geheue het en hom hierdie week moet begrawe.

Ek dink aan die ma wat  nie meer trane het oor haar seun se siekte nie.

Ek dink aan die ouers wat die pyn van hulle kinders se stukkende huwelik wegsteek om dit nie vir die kinders nog moeiliker te maak nie.

Ek dink aan die stukkende gesin wat weet dat die verhoudings in die gesin moet genees, maar ook dat daar nog ‘n lang pad voor is.

Ek dink aan die jongmens wat ‘n nuwe lewe moet begin bou nadat die vorige een deur verkeerde keuse en ondeurdagte besluite skeef geloop het.

Ek dink aan ‘n pa wat besef dat hy nie in sy lewe genoeg gedoen het om sy gesin bymekaar te hou nie, maar dit tog graag sal wil regmaak.

Hierdie is almal feesgangers wat nie gister fees wou vier nie. Mense wie se lewens vandag aangaan. Ek bid dat die Koning van die teendeel in elkeen van hulle se lewens gebore sal word. Ek bid dat die sagte fluisterstem van die Heilige Gees vir elkeen van hulle sal laat weet: Alles is reg. Al lyk alles verkeerd. Want Jesus is op die troon. Hy is die Koning.

Waar nodig en waar moontlik, gebruik my in hierdie dag en elke dag om die boodskap aan sulke feesgangers oor te dra.

Amen

One thought on “OGGENDGEBED 26 DESEMBER 2012

Add yours

  1. Draai jou rug op al die hartseer en ellende in jou lewe. (Breek weg daarvan) Jy sal die krag kry as jy vir GOD aanroep.

    Ek weet dit is nie altyd maklik nie. Proses wat net jy en GOD sal deurgaan.

    MAAK VREDE DAARMEE!

    Fokus op GOD en jy sal sien hoe wonderlik GOD se genade is.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: