‘N LITANIE VIR SONDAG 30 DESEMBER

God versamel ons voor Hom. (Na aanleiding van Pslam 148)

Voorganger:

Ewige God en Vader, ons is hier bymekaar om U te loof. Ons loof U vir alles wat ons kan sien, en met tye kan verstaan: die son, maan sterre, die wolke en die veranderende weerpatrone.

Gemeente:

Prys die Here vanuit die hemele.

Voorganger: 

Ons is hier bymekaar om U ook te loof vir die dinge wat ons nie kan sien nie en dikwels ook nie kan verstaan nie. Engele en hemelwesens, son en maan, al die sterre.

Gemeente:

Prys Hom in die hoë hemel.

Voorganger:

Ons loof U Here vir al die dinge in die lewe wat ons kan ervaar. Die geskape wêreld, mense van alle ouderdomme en in verskillende omstandighede, alles wat U geskep het.

Gemeente:

Prys die Here van die aarde af.

Want sy Naam alleen is hoog en verhewe.

Amen

One thought on “‘N LITANIE VIR SONDAG 30 DESEMBER

Add yours

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: