HOE GELYK IS GELYKE GELEENTHEDE?

Ek sien gister hierdie prentjie op die internet raak:

Gelyk

Ek moes mooi ky om te sien wat ek sien. Gelyke geleenthede is nie altyd om vir almal ewe veel te gee nie. gelyke geleenthede is vir almal te gee wat hulle nodig het om dieselfde voordele en voorregte te geniet. Altans, dit is soos ek gedink nadat ek hierdie prentjie gesien het.

Laat die prentjie jou ook dink?

5 thoughts on “HOE GELYK IS GELYKE GELEENTHEDE?

Add yours

  1. Absoluut dit laat my dink. Dit is nie die grootste en sterkste wat noodwendig in die lewe wen nie maar die klein-outjie wat die meeste ingesit het om die grootte te oorwin. Moet nooit iemand wat jy dink gering is onderskat nie.

    Dit laat my dink aan Dawid en Goliat.

  2. Dagsê Doom!

    Nadat Ding nou lekker lank kommentaar gelewer het oor hierdie en dit net so lekker uitgewis het; nadat Ding nou lekker lank en intens met Ding se huis debateer het hieroor, bly daar eers net die volgende vrae:-

    1. Liberaal word uitgebeeld asof dit die gelyke-oplossing is, terwyl konserwatief uitgebeeld word asof dit steeds ongelykheid tot gevolg het. Liberaal is die teenkant van konserwatief, oftewel die teenpool. Uiterstes is selde indien ooit ‘n oplossing. Wat kort, is ‘n derde prentjie wat gematig (moderate) uitbeeld. So, hoe lyk daardie derde prentjie?

    2. Die fokus is hier op die kratte en verdeling daarvan – moet die fokus nie eerder op die heining wees, wat eintlik die versperring en ongelykheid veroorsaak nie?

    3. Indien enige van hierdie twee die antwoord is vir gelykheid, wil Ding graag hoor hoe die beginsel toegepas sou word in ‘n praktiese situasie, bv met betrekking tot opleiding – moet die kort outjie ‘n ander vraestel kry as die lang ou, want dit is die uitslag van die vraestel (kratte) wat bepaal of almal ‘n gelyke kwalifikasie (om die game te kyk) kry of nie? So, hoe word enige van die twee prakties toegepas, indien dit wel die antwoord is?

    Grondgroete
    Ding

  3. Hallo Ding
    Glo dit of nie, ek het vanoggend weer aan jou gedink.

    Die prentjie is natuurlik deur ‘n liberale persoon geteken.

    Kom ek sê my vraag: Soos ek die prentjie verstaan is die doel van die oefening dat almal ewe veel van die spel kan sien. Sou ‘n volgende moontlikheid dan nie dalk wees om te vra: Hoe maak ons almal deel van die spel nie? Is toeskouers nodig in hierdie spel wat ons speel?

    Oor opleiding – ek is ook nie seker nie. Ek dink die vraag waarmee ons moet speel is: Wat sou jy gedoen het as jy die minister van onderwys en opleiding was?

  4. Ah, Doom Attie – dankie vir die gedagte. Aan Ding.

    Ja, Doom – uiteraard is die kunstenaar nie objektief nie.

    Daar is natuurlik Ding se manier om te sorg dat almal ewe veel van die spel kan sien: verander die verdomde heining in plaas daarvan om met die kratte te sukkel; of nog beter – laat sit almal aan die oorkant van die veld waar die res van die mense sit – dis eintlik waar die toeskouers hoort!

    hehe… maak almal deel van die spel – Doom, nou DIT is ‘n ander perspektief! Vir wie sal daar dan gespeel word, as almal speel en niemand toeskouer is nie? hehe Nee man, Doom, om te vra of ons nie maar almal moet speel en of toeskouers nodig is nie, is nou die aspris seun in die klas – dit verander die onderwerp helemal! hehe

    Oor die onderwys: wat Ding probeer illustreer het, is dat die prentjie idealisties en idiologies is, maar dat die praktiese toepassing nie so maklik is soos gee ‘n krat wat vir jou gegee is, maar sommer net weg nie. Die uitgebeelde verskil tussen konserwatief en liberaal is ‘n uiters gerasionaliseerde weergawe van ‘n wesenlik problematiese tendens: ongelykheid word nie meer aanvaar nie, maar kortpaaie word gesoek om ongelykhede te elimineer.

    Ai, bly maar ‘n aangename ervaring om met Doom om die koffietafel te sit.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: