GEBORE IN ‘N GRAF

In sy boek The Shaking of the Foundations vertel Paul Tillich die verhaal van gebeure by die Nuremburg verhore. ‘n Getuie het na vore gekom wat saam met ander mense wat van die gaskamers ontvlug het vir ‘n tyd lank in ‘n begrafplaas in Wilna in Pole gebly het. Hierdie getuie het gedigte geskryf terwyl hy daar gebly het. Een van die gedigte was van ‘n jong vrou wie se babatjie in ‘n graf gebore is. Sy is deur ‘n 80 jarige graf-grawer bygestaan tydens die geboorte. Toe hierdie ou man die eerste gehuil van die babatjie hoor het hy gebid: 

“Grote God, het U uiteindelik die Messias na ons toe gestuur?

Want wie anders as die Messias self kan in ‘n graf gebore word?”

Daardie grafgrawer het iets verstaan wat ons vandag sukkel om te verstaan. Net die Messias self kan lewe bring waar daar dood is. Net die Messias kan ook in hierdie tyd waarin ons lewe, lewe bring.

Dit is wat Advent vir ons moet beteken: ‘n tyd van wag. Ons wag dat die Messias ook in ons tyd lewe sal bring waar daar dood is. Dat die Messias se koninkryk ook in ons tyd in ons en deur ons sal kom.

Tillich skryf later so:

But after three days the poet saw the child sucking his mother’s tears because she had no milk for him.

En ‘n bietjie verder:

It has been forgotten that the manger of Christmas was the expression of utter poverty and distress before it became the place where the angels appeared and to which the star pointed. And it has been forgotten that the tomb of Jesus was the end of His life and of His work before it became the place of His final triumph. We have become insensitive to the infinite tension which is implied in the words of the Apostles’ Creed: “suffered . . . was crucified, dead, and buried.., rose again from the dead.” We already know, when we hear the first words, what the ending will be: “rose again;” and for many people it is no more than the inevitable “happy ending” . The old Jewish grave. digger knew better. For him, the immeasurable tension implicit in the expectation of the Messiah was a reality, appearing in the infinite contrast between the things he saw and the hope he maintained.

Ons weet voor die tyd al dat die verhaal van die geboorte van Jesus ‘n gelukkige einde het: Jesus triomfeer oor die dood. Die graf word oorwin. Het ons dalk afgestomp geraak? Het ons dalk ophou hoop omdat ons die einde van die evangelie (nie God se verhaal nie) te goed ken?

One thought on “GEBORE IN ‘N GRAF

Add yours

  1. As mense sal besef hoe nodig hulle die DRIE-ENIGE-GOD in hulle lewens het sal ons almal ‘n beter plek van ons wêreld maak.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: