OGGENDGEBED 18 NOVEMBER 2012

Hemelse Vader, mense rondom my kry mense op verskillende maniere baie swaar . Ek dink vanoggend aan die vrou wie se ma op ‘n baie hartseer manier dood is; haar seun wat die kar bestuur het waarin sy ouma dood is; die man wat met vrae in sy oë na sy vrou kyk wanneer  sy as gevolg van Alzheimers en Parkinsons na hom kyk asof sy hom nog nooit gesien het nie; die ma wat haar kinders eerder vir kersfees na familie toe laat gaan omdat sy nie geld het om vir hulle geskenkies of selfs ‘n lekker ete op kersdag te gee nie; die jong egpaar wat hulle babatjie verloor het toe die mamma vier maande swanger was; die diep seer van die pa en ma van die twee jongmense en die oupa en ouma van die babatjie; die onverstaanbaarheid waarmee ‘n ma worstel omdat haar kinders so ver wegtrek dat sy nie weet wanneer sy hulle weer gaan sien nie.

Here, U ken ook die vals troos waarmee hulle soms hulleself troos: “Daar is mense met wie dit baie slegter as met my.” Of: “Ek het darem nog baie om voor dankbaar te wees.” U weet dat die dinge nie troos nie. U weet dat die seer wat hierdie mense beleef op hierdie stadium die ergste seer en nood denkbaar is. Bewaar hierdie mense van vals troos.

U ken hulle pyn en lyding en swaarkry nog beter as ek. Ek het U wysheid nodig wanneer ek met hierdie en ander mense wat swaarkry kontak maak. Ek sou so graag vir elkeen wil gee wat hy/sy wil hê. Ek sou graag wou sien dat die vrou se ma nie dood is nie en die ongeluk nie gebeur het nie. Ek sou so graag getuie wou wees waar U U wonderwerkende mag gebruik om die vrou van Alzheimer en Parkinsons genees. Ek sou so graag wou sien dat die ma saam met haar kinders kersfees vier en hulle net vir een keer meer as genoeg het om te eet en vir mekaar geskenkies kan gee. Ek sou so graag wou sien dat die ma  haar babatjie vashou en saam met haar man en oupa en ouma die vreugde van ‘n nuwe lewe vier. Ek sou so graag wou sien dat die ma se kinders nader trek en nie verder nie.

Maar U herinner my aan daardie man wat buite die tempel gesit het en vir geld gevra het omdat hy nie kon loop nie en dus nie kon werk nie. Maar Petrus en Johannes gee vir hom hoop. Hulle gee nie vir hom wat hy  wil hê nie, maar hulle gee vir hom wat hy nodig het.

Here ek bid vir hoop vir elkeen van hierdie mense vanoggend. Ek dink aan U eie gebed, Here Jesus, toe U vir U dissipels gebid het en nie gevra het dat die Vader hulle uit hierdie wêreld sal wegneem nie, maar dat U hulle van die bose sal bewaar. Ek is soms verbaas om toe te sien hoeveel van U kinders eerder uit die wêreld weggeneem wou wou word as wat hulle hierdie seer moet derugaan. Ek bid dat u elkeen van ons wat vasgevang is in een of ander vorm van swaarkry en elkeen van ons wat mense ondersteun in een of ander vorm van swaarkry, sal wys hoe ons hoop kan bring te midde van al hierdie seer en pyn. Wys vir hulle en vir ons wat hulle en ons nodig het en nie wat ons wil hê nie.

Heilige Here Jesus, ons liggame en selfs ons verhouding is gebreek deur siekte en sonde. Genees ons elkeen van die gebrokenheid van die sonde. Ge viir ons die krag om ons kruis te dra, waar U nie genesing gaan bewerk nie. Gee ook dat ek in hierdie dag ‘n bron van troos en herstel en genesing vir ander sal wees.

Wanneer ek praat, laat dit U woorde wees wat by my mond uitkom.

Wanneer ek  aanraak, mag dit U self wees wat  aanraak.

Wanneer ek  bemoedig mag dit U self wees wat  bemoedig.

Wanneer ek troos, mag dit U self wees wat troos.

Want, Here, ek besef vanoggend dat dit U was wat daardie man buite die tempel in Jerusalem gesond gemaak het. Maar as Petrus en Johannes nie daar was nie, kon U dit nie gedoen het nie. As ek (of ‘n ander een van U kinders) nie by hierdie mense kom nie, kan U ook nie daar kom nie. Dankie dat U in ons, U liggaam lewe. Dankie dat U deur ons U liggaam hoop bring.

Maak my in hierdie dag ‘n kanaal van U liefde en genesing.

Amen

1 Kommentaar

Filed under Gebed, Oggendgebed

One response to “OGGENDGEBED 18 NOVEMBER 2012

  1. Christelle van der Walt

    Amen.

    Attie jou gebed het ek, soos ek hier sit intens saam met jou gebid. Om almal te help op hierdie aarde is onmoontlik maar GOD wat almagtig is verhoor ons gebede en daar kom ‘n troos en gerustelling dat GOD die salf het vir al die seer in ons mense se lewens.

    Gebed is GOD aan die werk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s