OGGENDGEBED 17 DESEMBER 2012

Heilige Gees, U is die kosbaarste geskenk wat ons as gelowiges en as kerk ontvang het toe Jesus Christus sy plek as Koning aan die regterhand van die Vader ingeneem het. Here Jesus, U het ons geleer dat die werking van die Geessoos die wind is. Die wind waai waar hy wil en ons hoor sy geluid, maar niemand weet waar dit vandaan kom of waar dit heengaan nie.

Ek dink vanoggend aan die sterk Suid-Oos wind wat ‘n paar weke terug die Kaap geteister het. Almal van ons kon sien dat dit baie harde werk is om teen die wind te beweeg. Maar wanneer jy ophou om die die wind te veg, dan neem die wind jy saam – selfs waar jy nie wil wees nie. So weet ek ook dat die kere wat ek U werking teenstaan is dit vir my geestelik en emosioneel uitputtend. Wanneer ek U nie veg nie, neem U my ook dikwels waar ek nie wil wees nie. Maar tig kom ek waar U my wil hê.

Dit is U Heilige Gees wat my dring om meer moeite te doen met my tye alleen met U.

Dit is U Heilige Gees wat my dring om daardie persoon in nood te gaan besoek en hom te ondersteun.

Dit is U Heilige Gees wat my nie toelaat om te vergeet dat ek moet vergewe soos ek vergewe is nie.

Dit is U Heilige Gees wat my daaraan herinner dat ek nie mag toelaat dat daar ‘n konflik is tussen my gebede, my getuienis en my my alledaagse lewe bestaan nie.

DIt is U Heilige Gees wat my die nood van hierdie wêreld laat raaksien en my wys dat ek tog ‘n klein bietjie van ‘n verskil kan maak.

In al hierdie dinge is ek so dikwels in die versoeking om my eie ding te doen. Maar ek weet nou al, dat ek U nie moet veg nie. Vrede kom wanneer ek die seile van my lewe span volgens die wind van die Heilige Gees en Hom toelaat om my te neem waar Hy my wil hê. Want meer as enige iets anders weet ek dat die wind van die Gees my nader aan Jesus en dan ook nader aan my medemens sal waai. Ek weet die wind van die Heilige Gees sal my waai tot op die plek waar God aan die werk is sodat ek ook daar aan die werk kan wees.

Aan die begin van hierdie dag span ek my seile opnuut na die wind van God se Gees en ek ek vra dat U my sal bring waar U my wil hê.

Amen

1 Kommentaar

Filed under Gebed, Oggendgebed

One response to “OGGENDGEBED 17 DESEMBER 2012

  1. Christelle van der Walt

    Dierbare Attie, in hierdie gebed beeld jy die essensie van mens-wees so mooi uit. Ons moet daar wees vir mekaar. As dit nie direk is nie dan in gebed. Mag die Heilige Gees sterkter groei en ons lewens en so vul dat ons van binne en buite sal straal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s