Met die oog op Sondag se preek lees ek hierdie week 2 Samuel 23:1-7, Dawid se laaste woorde. Uit die aard van die saak moet ons verstaan dat die laaste woorde van Dawid lank na sy dood geskryf is. Waarskynlik in ‘n tyd toe hy reeds meer as ‘n ikoon geword het. In die oë van God en mens was daar nooit weer ‘n koning soos Dawid nie, en sou daar ook nooit weer een soos Dawid wees nie. Maar, kan mens die man wat ons in 1 en 2 Samuel leer ken, die grootste koning in die oë van God en mens noem?
Die prentjie wat Dawid se laaste woorde oor hom skets, is nie akkuraat nie of ten minste nie die volledige prentjie nie. Uit hierdie laaste woorde sal ‘n mens nooit raai dat dit die man is wat ‘n buite egtelike verhouding met Batseba gehad het en toe sy swanger raak haar man laat doodmaak het nie. Mens sou ook nie dink hierdie is die man wat die verkragting van sy eie dogter Tamar geïgnoreer het wat ‘n geweldige rebellie tot gevolg gehad het nie. ‘n Rebellie waarin Dawid se seun Absalon dood is nie. Maar net twee karakterflaters in die lewe van Dawid.
Wat maak ons dan met hierdie prentjie van Dawid? Dalk sien ons in hierdie laaste woorde wat dit is wat ons van al ons aardse leiers verwag. Ons leiers in die verlede, hede en die toekoms. Ons wil graag hê dat ons leiers en veral dan die in die regering, ‘n bietjie beter sal wees as wat ons is. Sulke leiers moet besondere kontak met God hê en ons dan met reg en geregtigheid lei en oor ons heers. Ons wil weet dat hulle aan die kant van die goeie en nie aan die kant van kwaad is; aan die kant van die reg en nie die onreg nie; aan die kant van die waarheid en nie die leuen nie.
In aanloop na Mangaung waar die ANC hulle leiers gaan verkies, is daar oral leliewit leiers wat nou na vore kom of probeer om na vore te kom. Maar elke leliewit leier word weer deur die opposisie swart gesmeer. (Dit sal nog erger wees in die algemene verkiesing van 2014) Ons wat nog die goeie van die vorige bedeling beleef het, is vinnig om uit te wys hoe verkeerd baie van hierdie dinge is. En ons mag.
Ek is moeg skuldig gevoel oor die verlede tot so ‘n mate dat ek nie die reg het om vir die leiers van die dag te sê: “Ons verwag meer van julle! Ons verwag dat julle die reg sal liefhê en nie verdraai nie; die waarheid sal dien en nie die leuen sal aanhang nie; die arme sal help en nie van hulle sal steel nie.” Die kerk het nog nie sy stem gevind oor hierdie skreiende onreg nie.
Aan die ander kant is Dawid se laaste woorde vir my ‘n herinnering aan Christene se verlange na ‘n wêreld waar dit beter is. God se nuwe wêreld wat in Jesus Christus, die Messias uit die nageslag van Dawid, tot by ons gekom het. God se nuwe wêreld wat besig is om deur te breek. God se koninkryk wat op aarde kom net soos in die hemel.
Dawid se woorde daag my egter meeste van alles uit om die verandering te wees wat ek hoop om te sien.
Attie, daar is een verskil tussen Dawid en die leiers van vandag, ongeag kleur of ras. As die leiers van vandag fouteer is daar geen berou of gevolge nie. In Dawid se geval was dit anders, hy het sy foute erken en tot God gebid ( 2 Sam 12:13 – 16) Ongeag Dawid se foute en sonde, was God altyd die middel punt van sy lewe en daarom kon God sè “‘n man so na my hart” . As die leiers van vandag net weer God die middelpunt van hul lewes maak, ongeag die foute wat gemaak word, sal God ook kan se: Leiers so na my hart. SA se toekoms le nie in verkiesings nie, maar in gebed sodat die gekose leiers God eerste sal stel.
Soos ons uit die Woord van GOD leer moet ons nooit ons vertroue op mense stel nie maar net op GOD – Ons Alpha & die Omega.
Goeie post.
Onderskei tog tussen die volgende voorbeelde
Politieke leiers – Dawid, Salomo en andere wat in Israel se tyd afvallig geword het, maar tog deur berou terug gekeer het.
Geestelike leiers – rigters (Simson), Priester (Eli), Petrus (dissipel), Saulus (NT leier – later Paulus), Johannes d Doper (prediker – Evangelies)
Bogenoemde voorbeelde van leiers het noodsaaklike saak van vergifnis na bekering geken. Die saak het hul in intieme verhousing met GOd gebring. lewe word geeindig met reuse stuk getuienis.
Ons bly maar versigtig om selfs die Bybelse leiers in hulle menslike gedaante te aanvaar. Ek dink dat ons onrealistiese verwagtinge aan mense as leiers koppel. hetsy Bybels of eie-tyds. Ons wil soms in Bybelse leiers eienskappe sien wat net in en by God te vinde is.
Een voorbeeld: Wat maak die wonderlike koning Dawid met sy aandeel in die verkragting van Tamar?
Ek kyk nie vas teen wat Dawid als verkeerd gedoen het nie want soos ons weet, is hy ‘n Vors en hy het die sleutel tot die Koningkryk van GOD. Onthou Jesus is gebore uit die geslag van Dawid.
Christelle: Wat maak die feit dat Jesus uit die geslag van Dawid gebore is van Hom?
Christelle: ek stem saam met jou #. Wat ek net oor wonder is of Jesus ook uit sy geslag gebore sou word as Dawid homself nie bekeer het nadat Natan by hom was nie. Dawid het die volste reg gehad om die profeet weg te stuur, want as koning het Dawid ook opgetree as die regter (lees”: beoefen die regspraak in Israel namens God).
Daarom is Attie reg wanneer hy skryf dat ons die menslike aspek van die Bybelse leiers moet raaksien met die klem dat hul vergifnis kon vra nadat hul tot bekering gekom het. Juis die saak maak die Bybelse leiers so besondere voorbeelde wat ons moet navolg. Tog kan ons hul net navolg omdat hul iets verstaan van vergifnis te vra na bekering.
Ek hoor wat julle së:
GOD se plan is te hoog vir ons mense om te verstaan.
Dit is lekker om met julle oor hierdie sake te praat want dit vorm my geestelike lewe. Dankie!