Ek het baie respek en waardering vir sommige Rooms Katolieke en Anglikaanse spiritualiteite. Op hierdie stadium is ek bietjie besig met die spiritualiteit van Ignatius van Loyola.
Een van die dinge wat ek by beide groep geleer het was die feit dat daar tog waarde kan wees in die herhaling van sekere gebede. Die Rooms Katolike het byvoorbeeld die Rosaries. Ek het lank terug reeds by Brother Lawrence en Frank Laubach die waarde geleer van Practicing the Presence of God. (HIER kan jy Brother Larence se boekie gratis aflaai.) As deel van daardie oefening was die herhaling van sekere gebede deur die loop van die dag vir my waardevol. Een daarvan was uit die aard van die saak die Ons Vader gebed.
Tans gebruik ek die Ons Vader gebed steeds as herhaling. Ek begin my stiltetyd in die oggend daarmee en ek sluit ook my stiltetyd daarmee af. Deur die loop van die dag wanneer ek sommer net die behoefte het om met God kontak te hê dan sal ek dikwels die Ons Vader gebed herhaal.
Twee weke terug het ek egter vir die tieners verduidelik dat ons die Ons Vader gebed ook ‘n model gebed is in die sin dat ek enige gebed volgens die struktuur kan inkleur. Hier volg die struktuur:
AANBIDDING: Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word.
VOORBIDDING (Vir die wêreld en alles daar buite): Laat U koninkryk kom, laat U wil geskied soos in die hemel so ook op die aarde.
VERSOEKE (Vir my persoonlike lewe): Gee ons vandag ons dag se brood.
VERGIFNIS: En vergewe ons ons oortredinge…
VERANDERING (Want die pleit om vergifnis sonder die gewilligheid om te verander kom neer op goedkoop genade): … soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree. En laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.
AANBIDDING: Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Dalk help dit nog ‘n paar mense.
Dankie Attie, dit het my ook weer gehelp om die gebed wat Jesus ons geleer het, te verstaan.
Die Onse Vader Gebed is volmaak net soos wat God volmaak is.
Ek IS OPSOEK NA VISUELE ILLUSTRASIE VAN DIE ONSE VADER GEBED VIR KLEUTERS