Geestelike vryheid is ‘n innerlike vryheid, ‘n vryheid van die verstand en van die hart. Mense wat geestelik vry is, weet wie hulle is – met al hulle gawes en beperkinge – en is gemaklik met wie en wat hulle is.
Ons het egter verskeie dinge wat hierdie geestelike vryheid van ons inperk. Hierdie dinge het tot gevolg dat  ons nie God  se roepstem hoor nie. Voorbeelde hiervan is: vrese; vooroordele; gierigheid; die behoefte om te beheer; perfeksionisme; jaloesie; afkeure en onnodige twyfel aan myself. Hierdie dinge perk ons in en beperk is. Dit hou ons vas en verhinder dat ons God en ander liefhet soos ons hulle behoort lief te hê. Einde laaste neem ons besluite en maak ons keuses gebaseer op hierdie inperkinge.
As gevolg van ‘n tekort aan geestelike vryheid, raak ons verder uitermate gebind aan mense, plekke, materiële besittings, titels, beroepe, toekennings en ander se goedkeuring. Mense se reaksie op die verlies van een van hierdie dinge is ‘n goeie barometer van die mate van hulle geestelike vryheid. Nie een van hierdie dinge is noodwendig sleg nie. Maar, hulle moet deur die liefde van God gerig en georden word. Hulle word egter afbrekende  faktore wanneer hulle God uit die kern van ons lewe forseer en gebruik word om ons identiteit te vorm en te beskryf.
Jesus het gekom sodat ons werklik vry kan wees. Jesus het gekom sodat God weer die regmatige plek in mense se lewens kan inneem en al hierdie geestelike inperkinge en beperkinge of uit die weg geruim kan word, of hulle in plek gestel word.
Attie, Ek het 62 jaar oud geword en dit het ‘n baie pynlike gebeurtenis gekos voordat ek werklik geestelik vry kon word. Vandag kan ek getuig dat die oomblik toe ek beleef dat God alles is en in alle omstandighede in beheer is, het die dinge van die wêreld, soos geld, aansien, werk, motors, huise, ens, glad nie meer vir my saak gemaak nie – inteendeel geen sin meer gehad nie. Vir die eerste keer was die blomme, plante en voëls in my tuin in die oggende die beste dinge van die dag. Om langs my vrou wakker te word en te weet my kinders en klienkinders in gesond en gespaar deur die nag was vir my kosbaar. Om in my motor kantoor toe te ry en alles om jou te sien en te beleef en “nice” te wees teenoor ander mense (ook taxis) het vir my belangrik geword. Dinge soos die debat oor Belhar, homosektualiteit, ens, het gald nie meer belangrik geword nie. Dinge wat nou belangrik is, is verhoudings, verhoudings, verhoudings ……… Dit is lekker om sommer so in die kar te ry en hardop met God te kan “praat”. Dit is kosbaar om tussen ander mense in ‘n kerk te sit en God te loof en prys. Om werklik vry te wees is om vas gehou te word in Jesus se arms en dag vir dag te leef met die wete dat God lief is vir my en my beskerm en saam met my die pad stap. Die 26st November 2012 voor die teater in die Eugene Marais Hospitaal, toe ek geen ander keuse gehad het as om volkome op God te vertrou en Hy onvoorwaardelik “alles” in my lewe geword het, het ek volkome vry geword. Ek het geleer om ten volle en onder alle omstandighede op Hom vertou en Hy het sy liefde en genade en Sy grootheid aan my bewys om voor my oë ‘n wonderwerk te laat plaasvind en dit het my volkome vry gemaak en daarvoor dank ek God sonder ophou.
Dit is maar net ‘n baie persoonlike belydenis van my wat altyd gedink het ek is vry totdat ek geleer is wat vryheid werklik beteken en vandag kan ek leef soos ‘n mens wat werklik vry is en dit is wonderlik, glo my maar.
Beste Attie, net soos ek op facebook geskryf het – Attie jy deel so ‘n mooi boodskap met ons en ek wens, dat al die mense van ons land, dit sal kan lees en verstaan – in hierdie deurmekaar land van ons is dit al wat nodig is om al ons probleme op te los – terug te draai na God en ons sal sy vrede ervaar en weer rus hê vir ons siele. Johan vd Westhuizen wat sy pragtige getuienis vir ons lewer, dit is waaroor menswees gaan. Lieflik, dankie julle!
Lekker om te sien jy skryf weer hier! 🙂
Dit is my eerste keer, ek vind dit baie aangenaam.