EKSPONENSIËLE GROEI

Ek lees op Ben Sternke se BLOG die baie interessante inskrywing oor eksponensiële groei teen liniêre groei. In die volgende grafiek wat ek in Afrikaans verwerk het, verduidelik hy die rede.

Die belangrike punt wat Sternke maak is die hele kwessie van dissipelskap. Eksponensiële groei is die gevolg van dissipelskap waar dissipels dissipels maak wat dissipels maak. Dissipelskap is die lantermyn opsie. Volgelinge is die opsie waarmee ons vinnig resultate kry.

Hy stel die vraag so:

When you think about it, making disciples of Jesus could be like this. If I make, say, 8 disciples, and they all make 6 disciples each, and all of those people make 4 disciples each, you end up with 248 disciples of Jesus by the third generation. The exponential equation only gets more incredible after that. And all I have to do in the first generation is make 8 disciples. So why do we find it hard to invest our energy in making disciples who can make disciples? 

@DeTheos lewer die volgende kommentaar op Ben Sternke se inskrywing wat op ‘n manier die teenpool van dissipelskap stel:

“If we are committed to “adding” followers (linear growth) that usually means divvying up access to our senior leaders, so everyone can have a piece of the expert disciples. And in that way people will live their spiritual lives vicariously through their leaders. When their slice of that leader gets too small for their liking they just may move on to a new church, not knowing that all the while much of their allegiance meant for their true King was misplaced at the feet of the leader/pastor. We’re fickle people who tend to submit our suggestions to our leaders more than we submit our lives to our Savior King.”

Ek weet nie of die kerk gereed is vir ‘n langtermyn fokus op eksponensiële groei deur dissipelskap nie.

Wat dink jy?

5 Kommentaar

Filed under Dissipelskap

5 responses to “EKSPONENSIËLE GROEI

  1. Johan

    Ds. Attie,
    Dit is nou werklik ‘n baie insiggewende inskrywing die. Hierdie selfde beginsel werk ook in die besigheidswêreld. Kom ons neem McDonnalds,as voorbeeld, maar hulle is nie al nie – daar is baie ander voorbeelde ook. Hoe groei McDonnalds? Jy sal nooit sien dat ‘n Mc Donnalds uitgebrei word nie – nee, hulle bou ‘n nuwe een elders. Om ‘n bestaande McDonnalds groter te maak werk nie. Dit is nie groei nie. Om nog McDonnalds te stig wat weer aanleiding gee tot nog een en nog een, ens – dit is eksponensiële groei.
    Jy vra of die kerk gereed is vir die tipe groei? Ek weet nie, maar die Here het tog gesê: “Gaan uit en maak disippels van alle mense tot aan die uithoeke van die wêreld”. Ek dink tog dat “kerkwees” besig is om te verander en dat die kerk van vandag oor 5-10 jaar (as die Here versuim om te kom) heel anders daaruit gaan sien as vandag.Of dit goed of sleg is, die weet ek ook nie. Ons Omgeebediening werk op die basis van eksponensiële groei en miskien is dit tog die weg wat die kerk reeds besig is om te volg.
    NS; Jou preek oor Ps 23 was baie besonders en het myself ‘n totaal nuwe uitkyk op die lewe gegee. Plaas dit asb op jou blog vir ander om ook te lees.

  2. Dit is ‘n mondvol Attie. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Vanuit ‘n menslike oogpunt kan ons seker so redeneer.

  3. Ai, as elkeen van ons maar net gewillig is om ons klein bietjie te doen, sal groei plaasvind – linieêr of eksponensieel…
    Maar ek verstaan die begrip baie goed, en op die lang duur is eksponensiële groei beslis die beste. Ons moet leer om self ‘n bietjie verantwoordelikheid te neem en nie die hele tyd wag om gevoer te word nie.

  4. KLIPPIE

    Dit maak alles sin, maar die feit bly staan dat ons net saaiers is van die Woord en dat dit God alleen is wat natmaak en laat groei. Ons grootste fokus moet gehoorsaamheid aan die stem van die Heilige Gees wees en dit begin met ‘n ingesteldheid. Die opdrag is egter duidelik en aan almal gegee. Sjoe, dit kry mens weer bietjie aan die dink!!!

  5. Werner Olivier

    Die vraag in die grafiek en die gaping in die grafiek kan na my mening teruggetrek word na Rom 12 en 1 Kor 12 waar die geestesgawes bespreek word.Ons mense verskil van mekaar en party het net ‘n groter gawe ontvang om bv dissipels te gaan maak waar ander net weer n groter gawe gekry om bv te profeteer en onderrig te gee.Watter gawes ons ookal ontvang het,kan ons wel deur dit, ons Meester se heerlikheid uitstraal en so n bydrae lewer.
    Ek dink nie die formele kerk sal heeltemal verdwyn nie.Daar sal altyd leiers en altyd volgelinge wees.Die mens is net te kompleks geskape.
    Groetnis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s