WEEK VOOR PAASFEES

Gister (Sondag voor Paasfees) staan bekend as Palm Sondag.  Dit is die Sondag voor die kruisiging toe Jesus Jerusalem op die rug van ? jong donkie binne gegaan het. Johannes beskryf die gebeure so:

“Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:

‘Prys Hom!

Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!’

en

‘Die Koning van Israel.” (Johannes 12:12-13)

Paasfees staan vir my uit as die kruisiging, sterwe, begrafnis en opstanding  van die MESSIAS. Ja, dit is Jesus van Nasaret, die oudste seun van Maria en Josef, maar Hy was die Messis. Hierdie man wat op Palmsondag op die rug van ? donkie vir die laaste keer van sy lewe Jerusalem sou binne ry was die Een wat God in Genesis 3 belowe het wat die kop van die slang sou vermorsel; die een uit die nageslag van Abraham wat God belowe het tot seën vir al die nasies sou wees; die een uit die nageslag van Dawid wat vir ewig as koning op die troon van Israel sou heers.

Die skrywer van die Johannes evangelie het dit ook so verstaan. Juis daarom beklemtoon hy:

“Jesus het toe op ? jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan:

‘Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op die rug van ? donkie.’” (Johannes 12:15)

Hierdie woorde is ? aanhaling Psalm 118:26.Jesus se optrede is ‘n vervulling van die Skrifte. Jesus se optrede is deel van die groter plan waarmee God besig is.

Volgens Johannes het die dissipels wat die laaste jare saam met Jesus was ook nie dadelik verstaan nie. Eers na sy verheerliking het hulle regtig verstaan dat die Skrifte in Hom in vervulling gegaan het. (Johannes 12:16) Ek dink soms wil ons alles onmiddelik verstaan. Die dissipels het nie. Ons hoef nie. Geloof is om vas te hou aan dit wat ek weet die waarheid selfs al verstaan ek dit nie ten volle nie. Geloof is om vas te hou aan die gedagte dat God meer is as wat ons ooit met ons menslike veratand kon bedink.

In hierdie week dink ons aan die Messias wat gekruisig is.

Ons dink aan skares wat sy lof besing het toe Hy doen soos hulle wil, en “Kruisig Hom!” geskree het toe Hy nie in hulle verstaansraamwerk inpas nie. Hierdie week sal die geskiedenis haarself herhaal. Hierdie week sal daar egter ook miljone der miljone Christene dwarsoor die wêrerld wees wat Paasnawek binnegaan met die gedagte aan die verheerlikte Jesus wat opgestaan het en hulle sal weet: Jesus is die Seun van God. Jesus is die Een wat die gekruisig is, gesterf het, begrawe is, ter helle neergedeaal het en op die derde dag uit die dood uit opgestaan het. Jesus is die Messias, die Een wat God belowe het.

‘n Geseënde Paastyd vir jou!

4 thoughts on “WEEK VOOR PAASFEES

Add yours

  1. Al ooit gewonder hoekom het God nie toegelaat dat die wêreld ook die Pase, (met die uitsondering van ‘n “hot cross bun” en ‘n paas hasie so hier en daar), gekommersialiseer het tot dieselfde mate as met Kersfees nie. Ek ken nie die antwooord nie, maar ek dink dat dit iets te make het met die “opstanding” van die Here. By Kersfees is die Heiland gebore en min mense verskil daarmee – of dit nou in ‘n grot was op pad na Betlehem, soos opgeteken in die Apokriewe Boeke en of dit wel in Betlehem was, maak nie regtig saak nie – die wêreld aanvaar dat die Heiland gebore was.
    By die Pase word die lyding, dood, en opstanding van die Heiland gevier en ek lees dat juis hier is waar die wêreld ‘n probleem het. Ek lees dat baie mense steeds glo dat die Heiland nie opgestaan het nie en deur iets groot van die Pase te maak, sal daar dus ipso facto erkenning gegee word aan die “opstanding” en dit wil die wêreld nie graag doen nie.
    Die opstanding is juis die wesentlike van die Christelike godsdiens en as ons aan die liggaamlike (ipv die metamorfiese) opstanding begin twyfel, wat kort-kort maar iewers opduik, ook in ons eie geledere hier in Suid Afrika, word die wesentlike van ons godsdiens aangetas en beteken die geboorte en sterwe van Christus gedegenereer tot niks nie. Hy het juis gekom om vir ons sonde te sterwe en as Hy nie ook liggaamlik pgetsaan het nie beteken Sy geboorte ook niks nie.
    My wens is dat predikers die Pase van 2012 sal gebruikk om net weer eens die liggaamlike opstanding van die gekruisigde Heiland en die betekenis daarvan vir jou en my, te beklemtoon. Ek dink ons maak te min van die liggaamlike opstanding van die Heiland.
    Dit is in wese die “tweede geboorte” van die Heiland, maar anders as met die “eerste geboorte”, is daar geen kommersieële waarde aan die “tweede geboorte” nie. Hoekom nie, wonder ek nog al die jare?????

  2. Is ons nie so bevoorreg om kinders van God te wees nie, al gebeur wat ook al, God is in beheer, en daarom kan ek weet daar wag ‘n wonderlike hiernamals!!! Dankie Jesus vir U verlossing!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: