VICTOR IS DOOD – LANK LEWE DIE STORIES VAN HOOP

As jy by Company straat 135 in Sunnyside stilhou, sal Titus waarskynlik die eerste een wees wat jou kom groet. Titus is die huis se hond. Na ‘n inbraak het die inwoners van Company straat 135 besluit dat hulle ‘n GROOT hond nodig het om potensiële misdadigers af te skrik. Derhalwe – Titus.

Maar die besondere van Company straat 135 tref jou eers as jy instap en die mense leer ken wat in die huis bly. Hulle is almal studente. Studente wat vir jou sal verduidelik dat hulle besig is met Intentional Living. Mens kan hulle leefstyl so beskryf:

“Intentional Living is an environment that helps you transform your current lifestyle to one that is focused on missional output, outreach and to a life of service and sacrifice.” Lees meer HIER.

Die inwoners van die huis is INTENSIONEEL daarop gefokus om ‘n meer eenvoudige leefstyl te handhaaf.

Ons gemeente en in besonder ons gesin se paaie het met hierdie groep mense gekruis toe Anru Liebenberg verlede jaar as finale jaar student sy praktiese jaar in ons gemeente kom doen het.

Maar, vandag gaan dit oor die hartseer wat hierdie groep studente beleef. Een van die huismaats Victor ( Mapitsi Pontsho Victor Boshomane) het Saterdag verdrink.

Neels Jackson het HIER mooi breedvoerig oor die gebeure geskryf. Ek haal aan uit die berig: Lees voort “VICTOR IS DOOD – LANK LEWE DIE STORIES VAN HOOP”

KAIN EN ABEL 1

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek leer ‘n paar lesse by Kain en Abel.

Ek wonder dikwels oor waarom Kain se offer nie aanvaar is nie. Lees voort “KAIN EN ABEL 1”

DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE

Scott Boren skryf in die week op sy blog die volgende:

“I have come to see how I am not the protagonist of God’s story. In fact, I am not even a main character. This does not diminish my importance or value in God’s eyes. It is simply a confession of the fact that God acts and initiates, and our part is simply a response to his initiation. But so often, we focus way too much upon our initiation and too little on what God does.”

In ons tienerbediening vertel ons hierdie jaar  Die Verhaal besig. Die Verhaal van God wat op weg is met sy eie. In Die Verhaal was daar oor duisende jare baie karakters en baie gebeure wat by wyse van Verhale van die een geslag na die ander oorgedra is.

Die fokusteks vir ons gemeente vir die week wat voorlê is 2 Konings 5:1-14 oor Naäman wat van melaatsheid genees word.Hierdie teks sluit aan by die Die Verhaal, maar toe ek Scot Boren se woorde lees, het ek onmiddelik aan Naäman gedink.

Anru Liebenberg (Wat intussen ook sy eie blog begin het) sal vanoggend by die een bedieningspunt preek oor die gedeelte. Lees voort “DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE”

LEIERS – KONING SAUL KOMPLEKS

Saul was bedreig deur Dawid. Saul kon nie anders as om te weet dat hy nie meer God se guns geniet het nie. Samuel het dit in soveel woord vir hom gesê. Saul was die bedreigde leier. Dawid was nie bedreig nie.

Bedreigde leiers het ‘n reuse negatiewe en vernietigende impak op enige organisasie of groep. Die volgende dinge sterf waar ‘n bedreigde leier toegelaat word om met sy bedreigdheid te lei: Lees voort “LEIERS – KONING SAUL KOMPLEKS”

DIE VERHAAL

In die tienerbediening in ons gemeente hanteer ons DIE VERHAAL as ons tema vir die jaar.Ons gaan deur die loop van die jaar verskillende belangrike verhale uit die Bybel vir mekaar vertel en so die groter prentjie van DIE VERHAAL kry sodat ons kan verstaan waarmee God besig is, maar ook sodat elkeen van ons ons plek in DIE VERHAAL kan ontdek.

Voordat jy die gesprekke sinvol kan hanteer, behoort jy eers die INLEIDING te lees. Die volgende verhale word op die volgende Sondae vertel. Lees voort “DIE VERHAAL”

OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE

Die inskrywing oor lyfstraf het toe bietjie ge-“stir” net soos ek verwag het. Ek dink toe om ‘n paar opmerkings te maak oor die motivering van veral tieners want ek veronderstel dat lyfstraf motivering ten doel het. As ouers wil ons ons kinders ons kinders of negatiewe of skadelike gedrag afleer of positiewe of opbouende gedrag aanleer. Dus – Motiveer om iets op te hou doen of iets te begin doen en aan te hou om dit te doen.
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE 
Ouers kan net hulle kinders positief motiveer indien hulle onvoorwaardelike liefde beleef. Lees voort “OUERS EN TIENERS – OPBOUENDE DISSIPLINE”

LEEF OP DIE BREUKLYN

God se koninkryk kom op aarde net soos in die hemel.

God se koninkryk kom waar God meer en meer beheer neem.

God se koninkryk kom waar God se teenwoordigheid beleef word.

Ek en die kinders in die belydenisgroep van ons gemeente lees hierdie week Johannes 15. In die gedeelte oor die wingerdstok blyk die intimiteit wat Jesus verlang dat daar tussen Hom en sy volgelinge moet wees. In Die Boodskap staan daar dat ons ons moet “toewikkel in die liefde” van die Here Jesus. ‘n Ander manier om te sê wat ek bedoel met “Op die Breuklyn Lewe.”

Jesus is op soek na ‘n intieme verhouding met my. Lees voort “LEEF OP DIE BREUKLYN”

LYFSTRAF IS SINLOOS

Twee Sondae terug is ons besig met ons laaste lied van aanbidding in ons lof en aanbidding deel van die erediens. Ek hoor eers ‘n kind (Ongeveer 2 jaar) wat rusteloos is en sien daarna hoe die pappa opstaan en met haar uitstap. Hy bly rustig en sy was ook redelik rustig.Ek kon ook nie agterkom dat die gebeure enige iemand in die gemeente gesteur het nie.

Net voor ek begin preek, maak ek toe die opmerking dat dit my as liturg sou omkrap as ek sien hoe ‘n kind by die kerk pakslae kry oor hy/sy nie stilsit en stilbly nie. Want, sê ek, dit is nie goed dat die kind die kerk assosieer met ‘n plek waar hy/sy pakslae kry wanneer sy nie daarin slaag om vir ‘n uur lank stil te sit nie. Ek sal so ‘n kind nie baie kwalik neem as hy/sy so negatief voel oor kerk dat hy/sy ophou kerk toe kom wanneer hulle self kan kies of besluit nie.

Ek verwag ‘n paar gaan dalk sê dat hulle pakslae by die kerk gekry het en tog steeds kerk toe gaan, maar dit bewys niks oor lyfstraf nie, maar wel baie oor die persoon wat die negatiewe belewenis te bowe kon kom en nie permanent sy/haar rug op die kerk gedraai het nie.

Maar ek wonder toe ook hoe voel ‘n kind wat sy/haar ouerhuis met lyfstraf assosieer.

Ek voel al baie lank dat lyfstraf sinloos is. Lees voort “LYFSTRAF IS SINLOOS”

IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?

Die kerk dwarsoor die wêreld beleef dinamiese tye. Verskillende groepe plaas op verskillende maniere klem op verskillende sake en elkeen van hulle maak aanspraak op die antwoord en dat hulle werkswyse God se voorkeur werkswyse sou wees.

Daar is bewegings wat my aandag trek en op ‘n besondere manier waarde toevoeg tot kerk-wees in die tyd waarin ons lewe. Ek dink byvoorbeeld aan iemand soos MIKE BREEN en VERGE NETWORK wat klem plaas op kerkplanting en dissipelskap. Daar is natuurlik ook die missionale beweging dwarsoor die wêreld wat fokus op die kerk se roeping teenoor mense in nood. REGGIE MCNEAL is iemand wat op ‘n besondere manier hieroor skryf. SOMA COMMUNITIES  plaas besondere klem op op die vorming dissipels.

Ongelukkig is dit ook so dat hierdie “voorkeur-metode” soms gepaard gaan met negatiwiteit en soms lelike kritiek  teenoor die wat dit anders doen en dan veral die tradisionele kerk waarvan ek self deel is. Lees voort “IS DIE KERK SE OOG NOG OP DIE BAL?”

TOTALE TOEWYDING

Die legende lei so:

Toe Julius Ceasar met sy Romeinse weermag op die kus van Brittanje geland, het hy ‘n waagstuk aangegaan om die sukses van sy weermag te verseker. Hy het sy manne opdrag gegee om tot by die randjie van die “Cliffs of Dover” te masjeer. Toe hulle daar kom, het hy vir hulle gesê om af te kyk. Onder hulle was dieselfde strande waar hulle kort te vore met hulle skepe geland het. Toe die manne afkyk was hulle verslae.  Lees voort “TOTALE TOEWYDING”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑