KAIN EN ABEL 3

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek het Maandag HIER oor die twee broers geskryf en gister HIER.

Gister het ek geskryf oor hoe God Kain probeer keer om te doen wat hy hom reeds in sy hart voorgeneem het om te doen.

Die tragiese is…. God kon Kain nie keer nie.

Ek wonder watter emosies het Kain beleef toe hy agterkom dat God nie sy offer aanvaar het nie. In die teks staan nou reeds dat hy kwaad en bedruk was. Ek wil tog iets van verwerping in Kain se belewenis inlees. Kain het beleef dat hy deur God verwerp word. Kain was nie net kwaad vir Abel nie. Kain moes ook kwaad gewees het vir God. Dit is tog nie as gevolg van enige iets wat Abel gedoen het dat Kain voel soos hy voel nie. God het Kain se offer verwerp.

Maar, mag ek net weer sê: God verwerp Kain se offer oor sy lewe wat nie reg was nie.

Ek dink Kain was kwaad en verbitterd en die enigste een op wie hy sy kwaad en bitterheid kon uithaal was Abel. God waarsku nie net vir Kain nie, God gee ook vir Kain die oplossing. As jy die regte ding doen, gaan jy agterkom dat Ek jou nie verwerp nie.

Hoe ver kan verwerping ‘n mens nie dryf nie? Verwerping het tot gevolg gehad dat Kain sy broer Abel doodgeslaan het. Ek dink mense pleeg vandag nog moord of een of ander vorm van geweldsmisdaad omdat hulle besig is om die verwerping van hulle kinderjare te wreek.

Meer gesofistikeerde mense pleeg egter nie moord of geweldsmisdaad nie, maar wel karaktermoord. Die samelewing is vol karaktermoordenaars – die kerk ook.

Kain se verhaal maak my soms ‘n bietjie bang. Het ek al die verwerping wat ek in my lewe beleef het hanteer? Hoe voel ek oor iemand anders se sukses? Hoe reageer ek op die stem van God se Gees in my gewete wanneer God my waarsku? Hoe voel ek wanneer iemand anders se offer vir God aanvaarbaar is, en myne nie?

Skep in my ‘n rein hart, o Heer!

2 thoughts on “KAIN EN ABEL 3

Add yours

  1. Attie,n mens is nogal geneig om karaktermoord mis te kyk of om daarvan te vergeet.Ek kan maar net amen se op jou skrywe.
    Groetnis.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: