KAIN EN ABEL 2

Genesis 4 is die verhaal van Kain en Abel en die gedeelte wat ek hierdie week saam met my belydeniskals lees. Ek het gister ook ‘n paar gedagtes hieroor geskryf.

Kain en Abel het gaan offer. God het Abels se offer aanvaar, maar nie Kain sin nie.

Kain het depressief geword oor sy offer nie aanvaar is nie. Gister het ek geskryf oor die gedagte dat Kain se lewe van so ‘n aard was dat God nie sy offer aanvaar het nie.

Vandag wil ek graag die gedagte beklemtoon: God is altyd op die spoor van die sondaar.

In Genesis 3 lees ons van die sondeval.

“Maar die Here God net na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” (Genesis 3:9)

God was op die gevalle Adam en Eva se spoor. Hy wou hulle nie laat los nie.

Hier is dit weer dieselfde. Kain het haat en bitterheid in sy hart. Hy is kwaad vir God en hy haat sy broer. En God neem die inisiatief – God maak kontak: 

“Toe sê die Here vir Kain: ‘Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.'” (Genesis 4:6-7)

Eerstens sien ek hier ‘n mooi verduideliking. Kain kan sy emosionele toestand omdraai. Al wat hy moet doen is om die regte ding te doen. Kain se offer is nie aanvaar nie omdat jy nie die regte ding gedoen het nie. Al wat Kain hoef te doen is om goed te doen dan sal hy beleef dat sy offer vir God aanvaarbaar is en hy sal dieselfde blydskap beleef as Abel.

Ons kan dikwels ons emosionele toestand verander deur net eenvodig die regte ding te doen. Ons weet wat die regte ding is om te doen, maar ons doen dit nie. Dan sit ons in dieselfde penarie as Kain.

Tweedens sien ek die potensiaal van ‘n eskalasie van sonde. Die Here waarsku vir Kain: As jy nie hierdie ding onder beheer kry nie, gaan hy jou onder beheer kry.

Stop met daardie gedagtes en daardie dinge wat jy doen voordat dit jou beheer in plaas daarvan dat jy self in beheer van jou lewe is. Baie van ons ken die mag wanneer ‘n sonde of gewoonte beheer van ons lewens kry.

Derdens – dit is nooit te laat nie. God sê vir Kain om oor die sonde te heers. Almal van ons doen met tye nie die regte ding nie. Die verskil is net: Wie is in beheer? Ek of die sonde. Ek heers oor die sonde deur onder die leiding van die Heilige Gees te kies om die regte ding te doen.Onder die leiding van die heilige Gees mag ek nie die sonde ‘n hou-vas-kans op my lewe gee nie.

Ek vra nou die dag vir ‘n groep mense om te dink aan die laaste keer toe hulle iets gedoen wat regtig ernstig “verkeerd” was. Ek vra hulle toe om in hulle gedagtes terug te gaan en te gaan kyk of daar nie tog ‘n gedagte was dat hulle dit dalk eerder nie moet doen nie. Daardie gedagte is die manier waarop God na elkeen van ons toe kom en sê: “Jy moet oor die sonde heers. Die sonde moet nie oor jou heers nie.”

Na die tyd het iemand na my toe gekom en gesê: “Ek weet hierdie ding wat ek doen is nie reg in die oë van die Here nie. Daar is egter nie meer ‘n stem wat waarsku nie. Inteendeel daar is net ‘n stem wat regverdig.”

Ek het nie geweet wat om te antwoord nie. Vandag wonder ek of so iemand nie dan op die punt is waar sonde hom/haar reeds in sy mag gekry het nie.

Maar… die Here bly steeds op my en jou spoor. Hy sal ons nie laat los nie. Hy vra:

“Waar is jy?”

“Waarom is jy kwaad?

“Waarom  is jy bedruk?”

One thought on “KAIN EN ABEL 2

Add yours

  1. Attie, Dit is ‘n baie leersame inskrywing en laat mens nogal diep dink oor jou eie lewe.
    In my werk kry ek soms (meer as wat goed is vir my gestel) te doen met korrupte en onbevoegde Staats- en Munisipale amptenare (en baie keer ook kliënte wat nie betaal nie, of onredelike eies stel). Eendag (nadat ek weer probeer goeddoen het en weereens tweede gekom het) sê my advikaat vir my: “In die wêreld waarin ons vandag leef moet jy probeer om goed te doen nie – doen wat reg is!”
    Ek het ook al in die lewe probeer goed doen en party keer werk dit en party keer “backfire” dit. Deesdae probeer ek maar altyd doen wat reg is en dit sluit nie noodwendig uit om ook goed te doen nie. Ek wonder of dit nie dalk ook ‘n les is wat ons uit die verhaal van Kain en Abel moet leer nie. Doen wat reg is. Ek wonder maar net.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: