VICTOR IS DOOD – LANK LEWE DIE STORIES VAN HOOP

As jy by Company straat 135 in Sunnyside stilhou, sal Titus waarskynlik die eerste een wees wat jou kom groet. Titus is die huis se hond. Na ‘n inbraak het die inwoners van Company straat 135 besluit dat hulle ‘n GROOT hond nodig het om potensiële misdadigers af te skrik. Derhalwe – Titus.

Maar die besondere van Company straat 135 tref jou eers as jy instap en die mense leer ken wat in die huis bly. Hulle is almal studente. Studente wat vir jou sal verduidelik dat hulle besig is met Intentional Living. Mens kan hulle leefstyl so beskryf:

“Intentional Living is an environment that helps you transform your current lifestyle to one that is focused on missional output, outreach and to a life of service and sacrifice.” Lees meer HIER.

Die inwoners van die huis is INTENSIONEEL daarop gefokus om ‘n meer eenvoudige leefstyl te handhaaf.

Ons gemeente en in besonder ons gesin se paaie het met hierdie groep mense gekruis toe Anru Liebenberg verlede jaar as finale jaar student sy praktiese jaar in ons gemeente kom doen het.

Maar, vandag gaan dit oor die hartseer wat hierdie groep studente beleef. Een van die huismaats Victor ( Mapitsi Pontsho Victor Boshomane) het Saterdag verdrink.

Neels Jackson het HIER mooi breedvoerig oor die gebeure geskryf. Ek haal aan uit die berig:

Vanjaar se deelnemers aan die projek wou hul jaar begin met ’n kampnaweek op die plaas van een van die studente se ouers.

Saterdagmiddag het hulle na ’n waterval in ’n plantasie daar naby gery.

Die meeste lede van die groep het besluit om te gaan swem en van poel tot poel stroomaf beweeg.

Boshomane, wat nie kon swem nie, het aanvanklik saam met nog iemand langs die water bly sit en gesels.

Later, toe die ander al ’n ent verder in die water was, het Boshomane besluit om ook te gaan swem.

Hy is die vlak water in, maar het gegly en in die diep water in die stroom onder die waterval beland.

Toe mnre. Muzi en Mzamo Nkosi sien Boshomane is in die moeilikheid, het hulle om hulp geroep en mnre. E.J. Leach en Jaco Smit, twee teologiestudente, het ingeduik om hom te help.

Die water was egter troebel en hulle kon nie sien waar hy was nie.

Ná etlike minute het hulle hom gevind en aan wal gebring. Van die ander studente het noodhulp toegepas, maar kon hom nie bybring nie.

Victor is dood. Die inwoners van Company straat 135 het nie ‘n vriend verloor nie. Hulle het ‘n familielid verloor. Maar hierdie groep mense se storie van hoop leef voort. Hulle storie van hoop is dat met passie vir wat reg is en ‘n liefde vir God en vir hierdie land wat Hy vir ons gegee het, kan ons historiese, kulturele, ideologiese, ekonomiese grense oorsteek en ‘n nuwe nasie bou. Die beklangrike woord is INTENSIONEEL.

Ons sal intensioneel daaroor moet wees soos hulle intensioneel daaroor was om meer eenvoudig te leef en hulle huis meer verteenwoordigend van ons land te laat wees. Sommige kan dalk geroepe voel om so intensioneel eenvoudig te gaan lewe en dit sou absoluut wonderlik wees as meer en meer van ons mense kies om so te lewe. Maar dit is dalk belangriker dat ons meer intensioneel moet wees oor die oorsteek van grense. Ons sal ‘n doelbewuste keuse moet maak om die grense oor te steek na mense wat anders as ons is. Sommige mense is ‘n klein bietjie anders as ons, ander is baie anders as ons.

Dalk moet ons kies om mense te wees wat bekend is daarvoor om grense oor te steek en dan begin deur grense oor te steek na mense wat klein bietjie anders as ons is.

Hierdie groep jongmense het gewys waartoe die onvoorwaardelike liefde van God wat in mense se harte leef in staat is.

In die jaar wat verby is, het Victor se familie ook die res van die huis se familie geword. Saterdagmiddag het die huismaats van Victor na hulle familie in Ivory Park gery. Hulle het nie gaan simpatiseer nie. Familie rou beter as hulle bymekaar is. Hulle wou by hulle familie wees.

Soos Anru vanoggend op sy Facebook sê: Dit is baie seer, maar ons kies om sy lewe te vier.

So gaan maak ‘n draai een of ander tyd by Company straat 135 in Sunnyside. Groet vir Titus vriendelik, maar haal ook jou hoed af vir ‘n groep mense wat in die voetspore van Jesus as sy volgelinge hoop bring en ‘n verskil maak deur grense oor te steek.

Victor is dood – lank lewe die storeis van hoop.

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

4 responses to “VICTOR IS DOOD – LANK LEWE DIE STORIES VAN HOOP

  1. Daniel Diedericks

    Besef asb dat Victor se beste vriende ook deel was van Intentional Living. Die verlies was groot vir almal, maar veral vir die twee studente. Die manne het nie dieselfde kommune gedeel nie, maar hulle het alles anders, van kos tot elke moontlike spaar minuut. Hulle harte is geskeur en dit verdien die nodige respek.

    Hierdie is n verlies vir Intentional Living as n geheel. Sy familie is gebroke en ek sal Victor ook mis.

    Van Intentional Living, Charles straat 28.

  2. Henk

    Daniel, my vriend.
    Jule ouens moet deur ‘n moeilike tyd gaan. Ek ken jou nie en ek ken Attie maar net van so nou en dan se aansit hier by die Koffietafel. Ek wil vir julle sê BAIE STERKTE.
    Maar… is hierdie opmerking hierbo nie dalk ‘n bietjie skerp nie.

  3. Dis ‘n hartseer saak. Ek stem so saam met jou oor die nasiebou aspekte. Hy was ‘n held wat dit aanbetref. En tog, in hierdie slegte tyd, moet ‘n mens jouself afvra: “waar was God dan toe hy verdrink het?”.

  4. Daniel Diedericks

    @Attie. By ons. En ek se dit eerlik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s