KAIN EN ABEL 1

Ek lees in hierdie week Genesis 4 saam met my Belydenisgroep. Ek moedig hulle aan om elke dag die verhaal van Kain en Abel te lees. Ek skryf dan drie of vier sinne op ‘n Facebook Bladsy wat hulle kan lees en selfs saam oor gesels.

Ek leer ‘n paar lesse by Kain en Abel.

Ek wonder dikwels oor waarom Kain se offer nie aanvaar is nie. Sommige reken dat Kain se offer nie ‘n bloed-offer was nie, en daarom is sy offer nie aanvaar nie. Die verklaring help nie, want later in die Ou Testament kon die Jode wel ander offers as diere bring.

Ek kry tog in die teks ‘n aanduiding.

Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.

Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.” (Genesis 4:5-6)

God het geweet wat in Kain se hart leef. Kain en Abel was hulle volwasse. “Abel was ‘n veeboer en Kain was saaiboer.” (Genesis 4:2) Kain het nie “sleg” geword nadat God sy offer nie aanvaar het nie. Die rede waarom God nie Kain se offer aanvaar het nie, was omdat hy nie reg gelewe het nie.

Ek besef net dat  ons dikwels ook maar met vroom gesigte ons offer van lof en aanbidding bring. God aanvaar nie die offer van ons lof of ons lewe net omdat ons deur die regte “moves” gaan nie. God ken ons lewens.

Abel was nie ‘n man sonder sonde nie. Sonde was deel van die lewe. Ook van Abel se lewe. Abel het egter duidelik ‘n ander gesindheid as Kain gehad. Ek kan ook maar net by die altaar van die kruis kom staan in die wete dat ek my hart voor God kan oopmaak.

Hy ken my.

1 Kommentaar

Filed under Bybel as verhaal, Tieners

One response to “KAIN EN ABEL 1

  1. Soos Dawid kan ook ek maar net roep: “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees!” Help my om elke dag die opdrag raak te sien om oor die sonde te heers. En dankie vir Jesus se heers en verdienste – hoe ouer ek word, hoe dankbaarder word ek oor Sy verdienste, hoe meer besef ek hoe nodig ek dit het om voor Hom te kan staan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s