DALK IS JY NIE DIE HOOFKARAKTER IN GOD SE VERHAAL NIE

Scott Boren skryf in die week op sy blog die volgende:

“I have come to see how I am not the protagonist of God’s story. In fact, I am not even a main character. This does not diminish my importance or value in God’s eyes. It is simply a confession of the fact that God acts and initiates, and our part is simply a response to his initiation. But so often, we focus way too much upon our initiation and too little on what God does.”

In ons tienerbediening vertel ons hierdie jaar  Die Verhaal besig. Die Verhaal van God wat op weg is met sy eie. In Die Verhaal was daar oor duisende jare baie karakters en baie gebeure wat by wyse van Verhale van die een geslag na die ander oorgedra is.

Die fokusteks vir ons gemeente vir die week wat voorlê is 2 Konings 5:1-14 oor Naäman wat van melaatsheid genees word.Hierdie teks sluit aan by die Die Verhaal, maar toe ek Scot Boren se woorde lees, het ek onmiddelik aan Naäman gedink.

Anru Liebenberg (Wat intussen ook sy eie blog begin het) sal vanoggend by die een bedieningspunt preek oor die gedeelte.Hy sal onder andere verwys na die evangelie van die onwaarskynlikes. In die verhaal was daar verskeie mense wat net hulle anonieme rol gespeel het. Die slawedogtertjie sonder ‘n naam vertel maar net waar genesing gevind kan word. Die twee konings en selfs Naäman ag hulleself so onebeskryflik belangrik dat hulle amper die hele Verhaal ontspoor.

Naäman se koning (Wie se naam ons nie ken nie.) skryf ‘n brief vir ‘n ander koning (Wie se naam ons nie ken nie.) en nie vir die profeet nie (Wie se naam ons wel ken – Elisa). Die ander koning is dadelik agterdogtig en wonder hoe die ander koning nou weer besig is om hom as koning in die rug te steek. Want alles gaan mos altyd oor hom. Hy speel “after all” hierdie belangrike rol van die koning van israel. Alles gaan mos altyd oor hierdie belangrike mense. Die koning is so belangrik in sy eie oë dat hy nie eens daaraan dink dat die Here dalk hier aan die werk is nie.

(Is missionêer nie juis om te weet en te sien waar God aan die werk is nie? Is ons nie soms so belangrik in ons eie oë dat ons nie eens daaraan dink dat die Here dalk aan die werk is in hierdie ding wat my so irriteer nie?)

Naäman kom toe natuurlik by Elisa uit nadat hy eers by die belangrike koning van wie ons die naam nie ken nie, ‘n nuttelose draai gemaak het. Weereens kom ‘n naamlose boodskapper en sê vir die belangrike Naäman hoe hy gesond kan word. Die baie belangrike Naäman verdra dit egter nie. Hoe kan hierdie profeet net ‘n boodskapper stuur en nie persoonlik aan hom aandag gee nie. (Hy is so kwaad oor dominee Elisa nie by hom huisbesoek kom doen nie, dat hy as lidmaat bedank en teruggaan na sy vorige gemeente waar hy so gelukkig was en alles groter en beter is.)

Hy spring in sy perderkaar en jaag weg – terug na die belangrike en groot riviere van Damaskus. (DIt behoort vir dominee Elisa ‘n les te leer as hy ontdek dat hy wat Naaman is hom toe nie in die rivier gaan bad het nie en toe nie gesond geword het nie. Volgende keer sal Elisa maar liewers sy huisbesoek gaan doen.) Maar weereens is dit die naamlose amptenare wat hom ompraat en oortuig om tog maar die eenvoudige ding te doen om hom sewe maal in die Jordaan te gaan was.

Naäman maak toe soos Elisa gesê het. Hy was homself sewe maal in die Jordaan en hy word gesond en rein. Hy gaan terug na Elisa toe en bedank hom. En hy glo in die God van Israel. Elisa se God – en die God van die naamlose slawedogtertjie. Ja, goed die koning van Israel se God ook.

Maar, as hier nie mense was wat bereid is om hulle klein deeltjie te doen nie en nie daaroor bekommerd te wees of hulle name onthou word nie, sou Naäman nooit die God van Israel leer ken het nie.

Ek wonder om enige een van hierdie naamlose rolspelers ooit daaraan gedink het dat hulle deel is van dit waarmee God besig is en of hulle net gedoen het wat hulle hand gevind het om te doen.

Ons kan dit nie genoeg sê nie: Ek is nie die een rondom wie God se Verhaal draai nie. Wat meer is, ek is nie eers een van die hoofkarakters nie. Dit wil egter nie sê dat my rol nie belangrik is nie. Hierdie Verhaal is God se Verhaal. God is aan die werk. My aandeel is maar net om te reageer op die insiatief wat God klaar geneem het.

Scot Boren skryf aan die einde van sy skrywe so:

“My one part is NOT to focus on my actions and develop some pragmatic self-help steps for becoming a better Christian. My one part is to focus my heart, soul, mind and strength on the mysterious story of God’s salvation of the world.”

 

Lewer kommentaar

Filed under Die Verhaal, Tieners

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s