Monthly Archives: Januarie 2012

VANDAG NOG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES

Wat gebeur as ‘n mens doodgaan?

Mens esal aanhou om die vraag te vra. Ek is nie ‘n akademikus nie en het beslis nie genoeg kennis om finale uitsprake oor hierdie sake te maak nie en sou heeltemal bereid wees om hieroor te sê: “Ek verstaan nog nie alles nie.” of selfs: “Ek dink ek moet anders dink oor hierdie saak.” Tog is die hele gedagte oor die lewe na die dood iets wat vir gelowiges ‘n ontsaglike groot bron van hoop is.

Ek moes hierdie ding vir myself verstaanbaar maak sodat ek kan probeer om vir mense troos en veral hoop te bring.

Vir my is Jesus se antwoord op die versoek van die moordenaar aan die kruis een van die meer hoopvolle uitsprake in die verband. Meeste ken die gebeure. Die misdadiger is saam met Jesus gekruisig. Op een of ander manier het die misdadiger tot die oortuiging gekom dat Jesus die Messias is en dat God deur Hom besig is om beheer te neem en dat God dus weer koning gaan wees. In sy misdadiger-gemoed is daar geen onsekerheid dat hy gaan sterf nie. Lees voort

Advertisements

12 Kommentaar

Filed under Lewe na die Dood, NT Teologie, NT Wright, Paastyd

NOU WAT DAN VAN DIE HEL?

Ek skryf hierdie post met versigtigheid. Om oor die hel te praat is omstrede.

Rob Bell het in 2011 Love Wins: A Book About Heaven, Hell, and the Fate of Every Person Who Ever Lived geskryf. Die boekie was topverkoper en een van die mees omstrede van die jaar.

Rob Bell is daarvan beskuldig dat hy Universalisme verkondig. Universalisme verkondig basies die boodskap dat alle mense gered sal word selfs mense soos Adolph Hitler en Osama Bib Laden. Na ‘n mens se dood het God dan al die tyd wat Hy nodig kan hê om deur sy liefde mense te oortuig sodat hulle die evangelie as die waarheid aanvaar.

Vir my is daar duidelike aanduidings in die Skrif dat daar wel ‘n hel is en dat sommige mense wel verlore gaan onmdat hulle nie in God geglo het nie. Lees voort

13 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Geloofsekerheid., Hel, Koninkryk van God, NT Teologie, NT Wright

NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Ek het so pas “Simply Jesus” van NT Wright gelees.

Wright het my aan die dink gesit oor ‘n hele paar dinge. Een daarvan is die hele kwessie oor die hemel. Hierdie gedagte van Wright kom in verskeie van sy boeke na vore:

“In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock, as the ancient Jews believed they did above all in the temple.” (p. 191)

Hemel is die plek waar God volkome in beheer is. “Heaven is the place from which the world is run.” (p 195) Ek kon nie anders as om te dink aan die manier waarop die evangelie volgens Markus Jesus se “intreepreek”  beskryf nie:

“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

In sy boekie King Jesus Gospel skryf Scot McKnight dat die koninkryk in Jesus so naby gekom het dat as jy jou arm uitsteek kan jy dit dalk binne in die koninkryk insteek. In Jesus het hemel en aarde ge-“overlap” en ge-“interlock”. Lees voort

5 Kommentaar

Filed under Boeke, Koninkryk van God, Nagedink, NT Wright, Scot McKnight

ONS SKRYF MOS ONS LIEFDESBRIEWE VIR VANDAG

Ons is terug in Pretoria n ‘n vinnige wegbreek na die hartjie van die Boveld. Ons was vir twee dae op die wildsplaas DOORNDRAAI LODGE.

Ek en “The Good Wife” het sommer net mekaar se geselskap geniet . Hier is ek by Hobbul en Osul. Hobbul beman die hek op die plaas en ons kon nie regtig uitwerk of Osul seun of kleinseun is nie.Doorndraai Lodge is in die Rooiberg omgewing. Die Bosveld is net op geen ander plek so Bosveld soos in hierdie omgewing nie. Mooi…..

Ek het gelees – Simply Jesus van NT Wright – en vroutjie het haar plakboek saam gehad en sy het die laaste paar jare se “memories” in die plakboeke georden. Ons het ook saam deur die ou plakboeke gegaan en onder andere weer gekyk na die briewe wat ons vir mekaar geskryf het in die jare voor ons getroud was.Ons was altwee baie verlief.

Ons wonder nogal hoe ons die briewe in die plakboeke moet hanteer. Op die staidum wil ons nie eers vir die kinders wat deur die plakboeke blaai wys wat ons vir mekaar geskryf en gesê het nie.

Terwyl ons nou die briewe wat ons vir mekaar geskryf het so lees en daaroor praat en die gebeure herroep, dink ek aan twee dinge.

Die eerste is… ons kinders gaan waarskynlik nie sulke briewe hê nie. Lees voort

7 Kommentaar

Filed under Algemeen, Die Bybel, Nagedink

MOENIE DIE “PAARTIE” MIS NIE

Ek lees Matteus 22, die gelykenis oor die bruilofsmaal waarheen die koning die mense nooi, maar elkeen op die gastelys het ‘n verskoning en vir een of ander rede kan hulle nie kom nie.

Op ‘n stadium raak die koning ongeduldig en stuur sy boodskappers om die mense na die bruilof te nooi wat aanvanklik nie op die gastelys was nie.

Ek lees toe in die week in Johannes 12:19 hoe kwaad die Fariseers raak omdat Jesus al hoe meer volgelinge trek. In die volgende vers vra Grieke, wat na dieselfde fees toe gekom het om te aanbid, vir een van die dissipels of hulle nie dalk met Jesus kan praat nie. 

Ek dink toe aan die gelykenis. Die Jode is die mense wat eintlik al eeue lank wag vir hierdie bruilof waarvan Jesus hier praat. Die bruilof wat Jesus na verwys het as die Koninkryk van God. Nou is die uitnodigings uit. Lees voort

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Koninkryk van God, Nagedink

DIE BYBEL AS VERHAAL

Mense hou van verhale of stories.

Wanneer ek preek maak ek dikwels van alledaagse gebeure gebruik om ‘n bepaalde punt te beklemtoon. Ek is dikwels verbaas hoe die “stories” wat ek vertel mense se aandag kry. Wanneer mense dan by die kerk uitstap, onthou hulle dikwels die “storie” wat ek vertel het en nie noodwendig punt 1, 2 en 3 wat ek in die preek wou maak nie.(Ja, my preke het dikwels ‘n paar punte.) Daarmee saam plaas ek dikwels die gedeelte wat ons lees binne die historiese en sosiale konteks van die teks se ontstaan. Mense geniet dit. Geskiedenis is ook mos maar verhalend.

Sulke illustrasies gaan gepaard met risiko. Mense kan dalk die “storie” onthou en vergeet wat die punt is wat jy met die storie wou beklemtoon. Hoe dit ookal sy, mense geniet stories.Omdat mense van “stories” hou, vertel ek dikwels van die Bybel gebeure in ‘n “storie”-vorm.  Verlede jaar (2011) was ek verstom om te sien hoe min van die Bybel-verhale is daar wat die tieners ken.

Toe ek aan die einde van die jaar bietjie evalueer, is dit ook die twee preke wat die tieners in die belydenisklas onthou. Lees voort

1 Kommentaar

Filed under Die Bybel, Die Verhaal, Tieners

WAT WAS EERSTE? DIE HOENDER OF DIE EIER?

Ek het voorheen HIER en HIER iets geskryf oor Christian Smith se boek The Bible Made Impossible. In die boek wys Smith hoe Biblisisme of dan ‘n fundamentalistiese siening oor die Bybel ‘n onhoudbare situasie skep waar mens in sirkels rondhardloop en die een verduideliking na die ander moet gee waarom jy dink en glo soos jy dink en glo.

Smith verwys dan ook op verskeie plekke na hoe die kanon tot stand gekom het. Ek dink dit is die moeite werd om net weer te gaan sit en te gaan lees hoe dit gebeur het. (Sien gerus hierdie artikel op WIKIPEDIA)

Ek dink ons vergeet soms die volgorde waarin hierdie dinge gebeur het. Wat was eerste die hoender of die eier? Lees voort

Lewer kommentaar

Filed under Die Bybel, Scot McKnight