Sondagaand sal ek met ‘n groep tieners ‘n gesprek voer oor dissipelskap. Nie ‘n maklike gesprek nie. Die teks waaroor ek Sondag gaan preek handel ook in ‘n sekere sin oor dissipelskap.
Wanneer 1 Kor 9:24-27 besef ek: Dissipelskap is nie vir sissies nie.
Dietrich Bonnhoeffer is waarskynlik die persoon wat erkenning moet kry vir die term “goedkoop genade.” Een van die bekendste aanhalings uit sy boek “The Cost of Discipleship.” handel hieroor:
“cheap grace is the preaching of forgiveness without requiring repentance, baptism without church discipline. Communion without confession. Cheap grace is grace without discipleship, grace without the cross, grace without Jesus Christ.”
Op ‘n ander plek verwoord hy goedkoop genade so:
“Of course you have sinned, but now everything is forgiven, so you can stay as you are and enjoy the consolations of forgiveness.”
Of op ‘n ander plek:
“costly grace confronts us as a gracious call to follow Jesus, it comes as a word of forgiveness to the broken spirit and the contrite heart. It is costly because it compels a man to submit to the yoke of Christ and follow him; it is grace because Jesus says: “My yoke is easy and my burden is light.”
Ek wonder watter rol speel “goedkoop genade” in ‘n uitgangspunt soos: “Al wat belangrik is, is ‘n verhouding met die Here.”
Ek wonder hoeveel van die ons wat onsself die volgelinge van Jesus (Dissipels) noem is regtig daar waar ons kruisdra. Of dan, in terme van Paulus se metafoor in 1 Korintiërs 9 ons self te dissiplineer tot op die punt waar ons onsself sekere dinge soos slaap, inkomste, ontspanning, sosiale afsprake, vriende, ens. ontsê om die oorwinnaarskroon te verkry.
Paulus stel dit so:
“… ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.” (1 Korintiëers 9:27)
Dit lyk net vir my asof Jesus se uitdrukking “kruis opneem en my volg” en Paulus se metafoor van die atleet, heeltemal buite ons verstaan van ons verhouding met God lê. Ons is so bang mense dink hulle moet of kan iets verdien, dat ons hulle glad nie oproep om enige iets te doen nie.
Ons roep dalk ander op tot die stryd dan kwalifiseer onsself nie.
Ons het tog geen bydrae gemaak of deur ons werke selfs wat maak dat ons gered is nie. Slegs deur Sy genade en liefde. Daar is niks wat ons gedoen het of kan doen om om dit te eis nie. Ek is juis besig met boek deur Steve McVey genaamd “Grace Walk”, wat handel oor ons verhouding met God. Sy begeerte is om persoonlike verhouding met jou te hê en niks anders nie.