Die DA Jeug het in die week hierdie baie omstrede plakkaat die lig laat sien. Die onderskrif is: “In our future, you wouldn’t look twice”.
Die boodskap is dat indien die DA aan bewind kom, sal iets soos hierdie nie vreemd wees nie. Uit die aard van die saak het hierdie plakkaat uiteenlopende reaksies tot gevolg gehad.
Lukhona Mnguni het HIER gesê dat die DA maar net weer voortgaan om wit dominansie te “pleeg”.
Chris Roper het HIER sy mening oor die saak gelig. Volgens hom is die boodskap van DASO:
“Join the DASO, because we dream of a world where nobody notices racial difference any more.”
Makashule Gana is die leier van die DA Jeug wat die plakkaat bekend gestel het hy sê:
“To say that the poster is sexual is taking it to the extreme. The poster is saying a lot. They are embracing each other, and it shows in this country that we can find an opportunity to embrace each other.”
“I don’t know why there are negative comments about it. It is a work of art that depicts a future that we [the DA] would want to build.”
Die Christen Demokrate het HIER kommentaar gelewer en sê onder andere:
“In a country with high levels of Aids and an overdose of crime, especially the high incidence of farm murders this year, this poster sends the opposite message to the country than needed.”
My vraag is:
Hoe nodig is die gesprek oor nie-rassigheid in die land waar God ons geplaas het om sy getuies te wees?
Hoe gereed en gewillig is ons as blanke Afrikaners om net die gesprek oor nie-rassigheid te voer?
Ek wil nie eers probeer om die raamwerk vir so ‘n gesprek daar te stel nie. Vrae waaraan daar dalk in so ‘n gesprek aandag gegee sou kon word is:
Hoe sou dit wees indien ons in ‘n nie-rassige Suid-Afrika gelewe het?
Wat kan ek doen om van Suid-Afrika ‘n nie-rassige Suid-Afrika te maak?
Wat moet verander voordat ons ‘n nie-rassige Suid-Afrika gaan wees?
Wat moet ek ophou doen?
Wat moet ek begin doen?
Dalk is daar nog ander vrae. Maar alles gaan niks help nie as ons nie by die basiese vraag verby kan kom nie:
Het ons nodig om die gesprek te voer? Het ons die moed om die gesprek te voer?
Nou wonder ek tong in die kies
1) Wie het rasse geskep?
2) Wie wil nie-rassigheid skep?
Jan Twak: Ek sou graag jou gedagtes daaroor wou hoor. Ook:
Hoe sou ‘n nie-rassige Suid-Afrika funksioneer?
Wat is die alternatief vir ‘n nie-rassige Suid-Afrika?
@Jan Twak: Hoe verlig is ek nou! Ek dag jou opmerkings by Philip van Staden se blog was oor preutsheid, en toe wil dit nie vir my lekker sit met die stout stories op jou blog nie.
Maar nou verstaan ek dit gaan vir jou oor ras. Ek sien jy impliseer dat rasse so geskep is, en daarom so moet bly. Sou dit beteken ‘n boer wat beesrasse meng, sondig?
Ds Attie, ek dink die DA plakaat is aan die simpel kant, want dit dwing na die idee dat rassevermenging die groot ideaal moet wees – presies dit wat rassiste altyd verkeerdelik dink die linkses se groot ideaal is. En dit moet nie wees nie.
Mense wat oor die kleurgrens heen liefkry, moet natuurlik kan doen wat die liefde bepaal, maar die kwessie vir ons, vir politici en die land se mense moet nie dit wees nie. Ons moet niks aandag aan rassevermenging gee nie, maar aan geregtigheid.
En die feit bly staan dat armoede en al die leiding wat daarmee saam gaan, steeds grootliks deur swart mense gedra word. So ek beskou die DA se plakaat as ‘n soort aandagafleier van die werklike kwessies. Die DA, as ‘n party van die rykes, wil met sulke truuks die aandag aflei van wat alles vir die armes gedoen moet word (maar nie gebeur nie).
Alleman: Ek is nie seker wat die die boodskap is wat die DA wil oordra nie. Ek wou die waters toets oor ons gereedheid om oor nie-rassigheid te gesels, maar ek weet nie of ons Afrikaner-gemeenskap al op die punt is om nie-rassigheid as ‘n gemeenskapswaarde te bespreek en uit te leef nie.
Ek wonder steeds hoe ‘n plakkaat sou lyk wat nie-rassigheid uitbeeld?
Sou ‘n foto van ‘n swart meisie en ‘n blanke man, wat gekleed hande hou nie ‘n beter opsie gewees het nie. Die naaktheid van die twee impliseer seksuele betrokkenheid en sal baie mense skok. Swart en wit is nie bloot ‘n kwessie van velkleur soos liberales dit verkondig nie, maar slegs een element van reuseverskille tussen verskillende rasse waarvan kultuur en veral psige sekerlik volgens rasse kenners as die grootste struikelblokke is.
Ewald – ek dink daar kon ‘n beter plakkaat gewees het. My vraag bly seeds en word eerder dringender: Gebruik ons nie dalk die “onaanvaarbare” plakkaat om die werklike “issue”, nl. nie-rassigheid en ons bydra daartoe, te systap nie?